| Kwelvrae | Wat is Woes? | Adverteer | Publiseer jou skryfwerk | Registreer | Teken In





Help - Algemeen

Algemeen

 
Ek wil al die werk van een skrywer lees, hoe doen ek dit?

Elke skrywer het ‘n blad wat meer inligting oor hom of haar het en soms ook ‘n foto. As jy hierdie blad besoek sal jy aan die regterkant al die werk wat deur daardie skrywer ingestuur is sien, opgedeel per kategorie.

Hulp vir registreerde lede

Epos - Woes epos funksie Nuut! - klik hier vir hulp
Duet gedigte - Die nuwe gedig tipe Nuut! - klik hier vir hulp
 
Ek is registreer as ‘n skrywer maar my naam wys nie onder skrywers nie

Jy moet ten minste een werkstuk instuur en ook jou persoonlikeblad opstel voor jou naam op die skrywersblad sal verskyn.

Ek het my wagwoord vergeet

Klik op “Teken aan” en vul jou epos adres waarmee jy op Woes.co.za registreer het in die boksie wat gemerk is as “Wagwoord vergeet?”. Jou wagwoord sal gestuur word na die epos adres.

Nie al my werk wat ek vandag gelaai het in die “nuutste” gedeelte nie

Jy kan soveel werk per dag instuur soos jy wil maar net een van jou werkstukke per kategorie sal in die “nuuste” gedeelte gewys word. Dit is om almal eweveel blootstelling te gee maar ook omdat lesers nie noodwendig 15 werkstukke van dieselfde persoon in een kategorie wil lees nie.

Ek het slegte en afkrakende kommentaar deur die webwerf ontvang

Sulke kommentaar word nie op Woes.co.za toegelaat nie. Indien jy dink dat die kommentaar wat jy ontvang het onvanpas is rapporteer dit deur ‘n epos na web@woes.co.za te stuur.

Hoe stel ek my persoonlike blad op?

Hoe kan ek sien hoeveel elke werkstuk gelees is en hoeveel kommentaar daarop gelewer is?

Hierdie funksie is alleenlik beskikbaar aan Premium lede. Klik op “Teken aan” en gaan dan na jou persoonlike blad.  Jy sal sien daar is nou nommer langs elke werkstuk wat jy ingestuur aan die regterkant van jou persoonlikeblad.

Byvoorbeeld: Jou werkstuk (102) (3) – in hierdie geval is dit 102 kere gelees en daar is 3 keer kommentaar daaroor gelewer.

Voorstelle en ander vrae

Vir enige voorstelle of ander vrae wat nie hier beskikbaar is nie kan jy Woes.co.za kontak by web@woes.co.za