Artikels

Titel: 1: Vrugte vs Distels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het jy al gedink hoe mens soms jou onder die genade van God uit kan sidestep. Liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid seg Paulus is die vrug van die gees en die vrug van die gees lê in jou eie gees opgesluit, te wagte om aangewend te word.

Maar nou’s ons mos vlugvoetig, nes ‘n vaardige senter of vleuel, trap ons eers links en dan regs af en hol soos ‘n vetgesmeerde blits daardie genade van God wat vry en verniet ons aangebied word, heel mis. Amper soos ‘n speler wat kop verloor en met die bal onner die blad, of op die stok, of op die toon, verby hou, veld uit, waar die skeidsregter se fluitjie nog die reëls aandui, nee ons wil op die wille gras tussen die duibeltjies en klitsgrasse en haak en steke ons spel loop speel, sonder reëls.

Ons, en ek sluit gelowiges hierby in (ja toe nou maar, ek praat nie van almal nie en jy is hierby uitgesluit, anner mense, jy weet) is mos eerder lief om in een of meer van die volgende uit te blink, afgodsdiens, towery(ok, dis dalk bietjie erg), vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge.

Ek noem sleg twee –

Dis veel makliker om my agterent hemel hoog te wip en snotterig met ‘n kollega te wees as die nou nie gemaak het soos wat daar van hom of haar verwag word nie. Og en die skinnernuus wat gewoon soos ‘n wille veldvuur kan versprei. Die ‘ het jy gehoor’ praatjies is mos soos, soos donker sjokolade op die tong (praat van myself, nie almal verkies Albany nie). Die einste Paulus, wie die waarhede oor geesvrugte en geesdistels kwytgeraak het, ook een van die slim manne van die Bybelse tyd, het met dieselfde robbies geworstel. Hy’t gesê dat hy die goeie wil doen, maar na die kwaad neig en as P geworstel het, voel ek nie so alleen nie, ek het ‘n makker in die geveg teen die bose.

As mens bietjie somme doen en die is ek maar hondsleg mee, tel ek net sewe geesvrugte en 12 + dergelike dinge geesdistels, ‘n oormag sou jy reken. Maar dit werk nie so in God se plan nie. Sy plan sê LIEFDE + ses en dit maak sewe, die volmaakte getal en as jy nie van Godsomme hou nie, val maar terug op die grootste gebod, LIEFDE. Seker ook hoekom liefde as die eerste geesvrug genoem word. Dink bietjie hoe sal mens nou in vrede kan leef, vreugde kan beleef, geduld kan hê, vriendelik, getrou en goedhartig kan wees as jy jou medemens nie lief het nie, en julle weet ek bedoel nie lief soos in ‘Sweet nothings” in die oor fluister nie, dit hou jy vir jou man of jou vrou. Ek bedoel daardie liefde ten spyte van, onverdiend vir jou medemens van wie jy dalk nie baie hou nie, wie jou dalk erge kwaad aangedoen het en wie jy nou moet vergewe, goor mense, gaar mense, hopelose, armsalige mense, wrede mense, naar mense, noem maar op, hulle is onse medemense.

Loop lees bietjie Galasiërs 5 in jou Bybel en as jy nie meer die Groot Boek voor jou bed aanhou nie, kyk op die Internet, daar’s genoeg plek om Galasiërs te lese te kry. Oordink bietjie en los die systappe, wag bietjie vir God se genade, so wen jy die game binne Sy reëls tot jou groot verbasing.



Kommentaar

Vrugte vs Distels
Linnie hierdie is PUIK!!! Ek dra amper die hele bydrae weg SO mooi en kosbaar is dit. Ek gaan dit aanteken by jou geestelike gesegdes in onse boekie in wording en 'n spesiale afdeling maak met jou opskrif: Vrugte vd Distels.

Duisend dankies sielematertjie vir vooraf toestemming verleen. Ek het hierdie vrugbare lyne gepluk:

Het jy al gedink hoe mens soms jou onder die genade van God uit kan sidestep ...

Liefde, vrede, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid seg Paulus is die vrug van die gees en die vrug van die gees lê in jou eie gees opgesluit te wagte om aangewend te word ...

Maar nou’s ons mos vlugvoetig, nes ‘n vaardige senter of vleuel, trap ons eers links en dan regs af en hol soos ‘n vetgesmeerde blits daardie genade van God wat vry en verniet ons aangebied word, heel mis ...

ons wil op die wille gras tussen die duibeltjies en klitsgrasse en haak en steke ons spel loop speel, sonder reëls ...

Dis veel makliker om my agterent hemel hoog te wip en snotterig met ‘n kollega te wees as die nou nie gemaak het soos wat daar van hom of haar verwag word nie ...

Die ‘ het jy gehoor’ praatjies is mos soos, soos donker sjokolade op die tong (praat van myself, nie almal verkies Albany nie)...

As mens bietjie somme doen en die is ek maar hondsleg mee, tel ek net sewe geesvrugte en 12 + dergelike dinge geesdistels, ‘n oormag sou jy reken ...


Dink bietjie hoe sal mens nou in vrede kan leef, vreugde kan beleef, geduld kan hê, vriendelik, getrou en goedhartig kan wees as jy jou medemens nie lief het nie, en julle weet ek bedoel nie lief soos in ‘Sweet nothings” in die oor fluister nie, dit hou jy vir jou man of jou vrou ...

en wie jy nou moet vergewe, goor mense, gaar mense, hopelose, armsalige mense, wrede mense, naar mense, noem maar op, hulle is onse medemense ...

Oordink bietjie en los die systappe, wag bietjie vir God se genade, so wen jy die game binne Sy reëls tot jou groot verbasing ...

Diep kniebuig in erkentlikheid
007
3 jaar 11 maande 2 weke 16 ure 6 minute oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar