Artikels

Titel: HOUT
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is vroegoggend. Ek het klaar my stalletjie opgeslaan, uitgepak en al my goedjies staan mooi uitgestal op my tafels.
Die oggendluggie is fris. Ek kyk op my horlosie. 07h30. Ek staan effe vorentoe en kyk die ry op en af. Die meeste uitstallers staan gereed vir die alreeds drentelende kykers.
Ek sit my beker op die bakkie se agter klap en skink uit die warm bottel van my eie heerlike soet koffie. Ek hou van sterk koffie, soos net ek dit kan maak.
Hier langs my het Edith ʼn stalletjie. Edith het ook ʼn hondjie. So ʼn klein bruinetjie. Suiwer, opreg. Die ma is ʼn hond en die pa is ʼn hond. Die hond het ʼn bal.
Askuus. Ek herstel.
Die hond speel met ʼn bal. ʼn kleintjie. Net soos ʼn tennisbal, net harder.
Edith het Kewer.
Ag
Askuus. Ek herstel.
Edith ry met ʼn Kewer. So ʼn geel Volkswagen Kewer.
Ek kyk na die Kewer. Ek sien iets hang uit onder by die deur.
“Edith, wat hang uit by jou kar se deur?”
Edith kyk. Arrogant waai sy met die hand en gaan aan om haar opslaan gasbraaier reg te kry:
“ Willie, ek sal dit nog skoonmaak. Sny maar af.”
Ek loop na die Kewer en maak die deur oop. Ek sien. Ek skrik. Ek keer die stoel se leuning vorentoe om mooi agter die stoel te sien.
Ek sien my plot. Ek sien my pampoene. Ek sien my aartappel kom op.
Agter die stoel is die grond so dik. Daar groei groente.
Ek hou van groente. Ek lig die pampoenrank op waar dit by die deur uithang. Dit het nie seergekry nie. Ek rangskik dit sodat dit rus op die agter sitplek.
Ek druk die rug leuning terug en maak die deur toe.
“Edith, die groente is droog. Jy moet water gee. Ek sien jy het nog nie mielies geplant nie.”
Edith is besig om putties op die rooster te sit. Sy antwoord my nie.
Edith bring altyd haar rooster. Ons kry ʼn hamburger so teen nege uur. Ek, Snoekie, Blommetjie, Veggie en sy krul kop vrou. Sy kam haar hare met ʼn eier klitser. En, Sproete. Hy verkoop matrasse oorkant.
Sproete was nog klein. Sy ma het hom kaalgat op die hoog stoeltjie laat sit terwyl sy, sy doek uitskud. Sy ma het vergeet die waaier is aan. Toe sy die doek uitskud, toe is Sproete se gesiggie in die pad.
Die waaier was op ‘hoog spoed’ gestel.
Edith het so ʼn ronde draad tafeltjie. Sy gaan na Trade Centre en koop hierdie groot bottels ingemaakte groente. Daar koop sy ook klein botteltjies met sulke oulike papier doylies wat saam met die prop vasskroef. Dan vul sy die klein botteltjies met die groente en verkoop dit vanaf haar draad tafeltjie saam met twee liter Coke bottels gevul met gemmer bier.
Edith hoef nie te werk nie. Sy is ʼn miljoenêr. Sy bly in ʼn drie verdieping huis. Jy kry nie eers koffie as jy daar gaan kuier nie. Net hier by die Vlooimark, kry ons gratis hamburgers.
Ek en almal is lief vir Edith.
Verskoon my. Hier stop dames by my tafel. Ek sien hulle stel belang in my goedjies.
Raait. Ek is terug. Ek het weer geseëvier. Al twee dames se pantie rekke, het ek gebreek. Hulle sal nog mense stuur. Dankie.
Daar, so skuins voor my is ʼn Nigeriër. Hy verkoop skoene. Hy vat net een skoen uit die boks en dan stapel hy hulle hoog op sy tafel. Die stapel skoene loop op soos ʼn piramiede.
Die vlooimark word nou woelig. Die musikant het al geopen. Sy donderende musiek kom tot by ons. Die mense stroom verby. My dogter het ook by aangesluit. Sy loop al vroeg oggend deur al die stalletjies.
Blommetjie kom verby. Hy verkoop groente en blomme plantjies. Hy stop en trek my aandag. Hy wys na die Nigeriër se stalletjie. Hy het so ʼn baie laag, plastiek stoeltjie waarop die koper kan sit om skoene aan te pas.
Daar sit ʼn vrou wat besig is om aan te pas. Sy moet arm wees, alhoewel nie lelik nie. Sy het nie genoeg geld gehad vir ʼn hele romp nie, toe koop sy net ʼn kwart romp. Die China man het haar sien kom, toe verkoop hy aan haar, ʼn romp wat minder is.
Die mooi geboude vrou pas skoene aan. Blommetjie wys ek moet kyk. Die Nigeriër lig haar voet effe hoog om die skoen aan te kry. My dogter is knap van brein. Sy sien eerste wat Blommetjie wys.
“Pa, dit is ʼn man daardie.”
Blommetjie stry. Ek kyk beter. Ek sien. Ek sien haar badge.
“Nee kinta. Dit is beslis ʼn vrou. Ek ken ʼn Badge as ek een sien.”
Blommetjie smile en stap aan. My dogter stamp my teen my skouer. Baie verontwaardig.
“Dit is die vlooimark my kind. Alle soorte mense kom hierna toe.”
My foon lui. Dit is blommetjie:
“Willem, kyk na die woonstelle.”
Ek loop onder die tentjie uit. Blommetjie het valk oë. Hy sien alles. Ek bespied die balkonne. Toe sien ek. Die puisie drukkers is nie meer daar nie. Ek sien ʼn jonger paartjie. Hulle hang wasgoed op aan die lyn wat oor die stoep gespan is.
Ek sien, al twee is kaal bolyf. Ek is spyt my vêrkyker is by die huis. Sy is jonk en haar lyf is nog ferm. Jammer die balkon se muurtjie is te hoog, ek kan nie haar onderlyf sien nie. Ek wonder en kry ʼn tinteling deur my are.
Ek lui weer vir Blommetjie:
“Die vliegtuig is verby. Bring jou beker ek breek die mampoer se nek.”
Terwyl Blommetjie sy beker vul, kom daar ʼn man verby. Hy dra onder die een arm ʼn kameelperd uit hout gekap. Onder sy ander arm is ʼn groot seekoei, ook uit hout.
My bloed druk styg. Ek roep hom. Hy kyk eers rond en ek wys hom:
“Kom jy hier.”
Hy kom staan voor my met sy aankope.
“Het jy betaal vir daardie goed?”
“Natuurlik. Dit is duur maar ek hou daarvan.”
“Hou jy van die Natuur?”
“Ek is mal oor die Natuur. Ek besoek al die wild tuine en loop al die stap roetes.”
Ek bly bietjie stil terwyl ek binne sy oë kyk.
“Jou kinders gaan nie jou voorreg geniet nie.”
Hy talm. Dit lyk of hy nie verstaan nie.
“Wat bedoel jy?”
“Jy het gehelp om hulle daardie voorreg te ontneem.”
Dit lyk of hy hom vererg
“Wat bedoel jy?”
“Daardie boom wat jy nou in stukke onder jou arm dra, daardie boom, was een duisend jaar oud. Jy het daardie Barbaar betaal om dit af te kap. Te vernietig.”
Hy het nie dadelik ʼn antwoord gehad nie. Ek help hom weg.
“Loop, gaan huis toe. Gaan sit dit in jou spoggerige voorkamer. Dan wag jy.”
“Wag vir wat?”
“Bad luck Broer. Groot Bad luck. Die Natuur is magtiger as die mens. Iets gaan jou tref!”






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

woonstelle
Laat my onthou hoe my pa en man ure lank gaan koffie maak het in die kombuis. Een maal uitgevang toe hulle die mooi uitsig in die oorkantste woonstelblok bewonder het. Daai brandweerman en sy vrou het nooit die gordyne toegetrek nie...
8 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Oulik!
Die vlooimark is darem maar 'n interssante plek...baie te besigtig en die heerlike reuke wat soms rondhang...onthou net jou verkyker elkedag...het dit geniet, asof ek daar was!
8 jaar 4 maande 3 weke 18 ure oud


Hout
'n Tinteling in jou are, se jy. Dit klink na 'n lekker plek. Daai mark. Ek het lekker saam besigheid gedoen en mense bekyk en jou bussiness-partners ontmoet.
8 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud


Lekker Kuier...
Baie lekker saam geskuier. Ek hou daarvan as mens die komedie van die lewe kan raaksien...Mens het al te geneig geraak om die swaar te sien, dat hulle vergeet dat die liewe Heer ons mens net so koddig soos 'n blou-aap gemaak het. Ons moet mekaar maar net dophou om te kan lag. Baie, baie lekker saam gekuier. Dankie!!
8 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud


Vlooi mark
Amper word ek ook nou lis om vlooimark toe te gaan .Net jammer hier is nie een nie en dit is in die middel van die week .Al vlooi mark wat hier is is 'n jakkals en hy gaan nie werk nie !
Ja die houtkappers . wonder hoekom plant hulle nie liewer groente of kos en verkoop dit nie .Gaan tog meer geld kry daarvoor . Maar die yuppies eet seker nie groente nie .
8 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar