Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God het ons aangestel oor die veld (die natuur) en die diere in die veld, maar al wat ons doen:- Is verniel die blou planeet!!!! Ons gooi dit terug in God se gesig en sê:- “Kyk wat gee ons as mensdom om! Ek en jy as christene behoort ons te skaam, God vertrou ons met ‘n opdrag en ons draai ons rug daarop!
Wanneer laas was een van ons by die “mooi woord” stortingsterrein van die dorp waarin ons bly? Dit is plastiek, bottels, papier en wie weet wat alles, in enige vorm! Hoe maklik gooi ons nie al ons gemors in die kombuisasblik, met ‘n swartsak wat netjie daarin oopgemaak is nie. Ons gaan selfs so vêr en pak dit op die sypadjie netjies langs mekaar, maar as die honde dit oopskeur, is dit nie meer ons problem nie! Ons draai net ons rug en loop weg! Hoekom sal ons skuldig voel, wel STOP dis verkeerd. Waar dink ons beland hierdie swartsakke? Gelukkig betaal ons mos dat dit verwyder word - so sus ons, ons gewetes.
God sien alles raak, Hy slaap nie! Vrydag was ek twee maal by die stortingsterrein en ek voel siek vir ons mensdom se arrogansie! Dink voor jy koop. Moenie verpakking koop omdat dit maklik vir ons is of gerieflik is nie. Koop wat moederaarde kan verteer. Ons het sleg, lui & verskriklik gemaklik geword. God sê:- “Ek stel jou aan as my verteenwoordiger om te heers”! En wat se gemors maak ons nie daarvan nie! Jammer, onse Vader dat ons, ons mag so misbruik!
A3
15 Mei 2011
Genesis 1:26-28



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    RANGEERWERF

    deur Johann P. Boshoff

    Bundel homofiliese kortkunsprosa.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar