Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sonder vuur sou ons mensdom baie swaar gekry het
maar, weereens is ons besig om dit te misbruik….

Die energie van hitte is wonderlik. Ons Suid Afrikaners
is sinoniem met 'n braaivleis vuurtjie. Die gedagte daar-
aan maak my verlang na my ouerhuis agter in die tuin
onder die groot boom. Daar kuier ons ure om die
vuurtjie. Die dansende vlamme betower my siel maar,
tog maak die besigheid my hartseer, geirriteerd en
bang…

Op baie plekke in ons land word die velde in die winter
maande aan die brandgesteek. Dit maak my siek in my
kop! Waarom, waarom, vra ek myself af? Ja, ja ek
het al honderde kere die redes gehoor maar, vir my
maak dit nie sin nie! Is dit nou regtig nodig, vra ek
weer in my gedagtes.

Wat van dit wat nie kan vlug nie? Bome wat honderde
jare oud is. Weet die die mens wat die veld aan die
brandsteek bome maak suurstof! Wat klein diertjies
wat te stadig is of oorval word deur die rook? Die
die warboel van diere wat vlug, hoeveel word nie ver-
trap van die wat probeer vlug nie? En wat van die
osoonlaag, of is dit nou weer nie ons probleem nie!
Dit is beslis ook nie goed vir my neus of gemoed nie.
Hoe kan 'n swart gebrande aarde vir iemand mooi
wees? Of iets goeds in hou! Wat is mooi aan as en
roet, dis niks anders as selfvernietigend nie. Hoe
lank vat die aarde, diere, voëls en plantegroei nou om
te herstel, na so 'n brand? Waar gaan die arme diere
slaap en waar kry hulle nou kos?

Vuur is verwoestend, alles word deur lekkende vlamme
verteer tot swart roet en as. Moet ons mens alles so
deur ons mikke trek, vir ons eie voordeel. Waarom
word die lang gras wat dalk iemand se lapa aan die
brand kan steek nie net kort gekap, op gehark en in
'n komposgat begrawe nie? Ons slim kort paaie gaan
ons mensdom nog duurtestaan kom. Ek het as kind
met 'n komposgat groot geword, alles word terug in die
grond gesit. Hoekom doen ons dit nie meer nie? Het
dit ook uit die mode geraak en wanneer? Die mensdom
sal eerder alles afbrand as om moeite te doen om 'n
kompodgat te kry. Ons verwag al meer van die aarde
maar, sit niks terug nie. Onthou wat jy saai sal jy maai.

Sharlom

A3
22 Julie 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Destined to Love

    deur Rachelle du Bois

    As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar