Artikels

Titel: Doodsberig
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanaand is dit met leedwese in my hart dat ek hierdie kort artikel skryf.

Irma Mey se familie gaan deur erge trauma en hartseer nadat haar broer se kleinseun, 5 jaar oud, Donderdag 4 Aug 2011 deur die bure se honde doodgebyt is.

Ons dra hulle in ons gebede op vir vertroosting. Mag die Wysheid van God en die Gees deur julle sweef.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

DANKIE!
Zym, baie dankie vir jou omgee en deel met die Woes-familie. Ons waardeer dit opreg.

Aan elkeen wat julle simpatie oorgedra het, baie dankie, dit beteken vir ons so baie in 'n tyd waarin 'n mens in die versoeking kom om vrae te vra.

Klein Eliam was 'n Koningskind. Jesus was sy "hero" want hy kon alles doen. Hy was 'n enigste kind en het in grootmensgeselskap grootgeword en was uiters intelligent. Hy het gedagtes gewissel wat mens van veel ouer kinders sou verwag. Hy was liefdevol, het oral vriende gemaak, mense aangeraak en liefde verkondig. Hy het elke oggend sy juffrou 'n drukkie gegee en haar arm gevryf. Sy het vir hom gesê hy is 'n gelukkige kind, toe antwoord hy: "Nee juffrou, ek is nie gelukkig nie, ek is geseënd." Hy het almal aangemoedig om lief te wees vir mekaar. So het hy op 'n dag op sy knietjies neergeval en vir Jesus gesê hy wil na Hom toe kom.

Wat het ek en u hierop te sê?

Vrae stol in 'n mens se keel, is dit nie so nie?
8 jaar 2 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


Wat sê 'n mens..
Irma Mey, my innige meegevoel aan die hele familie, woorde het 'n mens nie, kan net vir God en die engele vra om jul toe te vou in sy liefde en vertroosting. Sterkte xxx Dankie Zymrly vir jou deel en omgee, word opreg waardeer!
8 jaar 2 maande 2 weke 12 ure oud


EINA!
Mag die Groot Trooster vertroosting en berusting vir julle bring.
8 jaar 2 maande 2 weke 2 dae oud


Irma Mey
Baie sterkte, ons dink aan julle.
Van die Jacobs gesin.
8 jaar 2 maande 2 weke 2 dae oud


Honde
Zym
Baie dankie
Irma
Ek huil saam
Duisende vrae skiet deur my.
Die diere se baas......!
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


simpatie
My innige meegevoel vir jou en jou familie,en mag die Groot Trooster julle toevou in Sy liefde en die leemte met Sy teenwoordidheid.Mag Hy die vlees se begeerte om te verstaan stilmaak en die gees vul met aanvaarding en vrede.Sterkte in hierdie tyd. Dankie vir omgee Zymrly!
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud


Dink aan julle!
Baie sterkte aan die familie en mag julle troos en berusting vind.
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud


Verskriklik
Hoe absoluut verskriklik! Ek is woordeloos van skok. Ek bid dat die Here hierdie familie sal deurdra en vertroos.
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud


Woorde is in die geval totaal ontoereikend....
Ons bede is met julle.
8 jaar 2 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar