Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Time is few”. Moenie my vra waar ek hierdie stukkie wysheid gehoor of gelees het nie, maar my mondhoeke trek altyd onwillekeurig op wanneer ek dit hoor, miskien juis omdat daar soveel waarheid in lê. Tyd smelt weg sonder dat mens dit agterkom. The Persistence of Memory van Salvador Dali beeld dit goed uit, jy weet mos, daai surrealistiese skildery met die slap horlosies ...

Te veel om te doen en te min tyd lei dikwels (letterlik) na ‘n geween en ‘n gekners van tande, in sirkels rondhardloop en die drang om jou hare uit jou kop uit te trek. Mmmm ... vra my, ek weet. Skielik spring Pablo Picasso se skildery, Guernica na vore in my geestesoog en ek kry rillings teen my ruggraat af. Gaan google dit gerus indien jy nie bekend is daarmee nie, maar ek waarborg jou dat dit werklik wanhoop, frustrasie en magteloosheid uitbeeld.

Nou waaroor al die skielike drama?

Jy vra nog! Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 18 Maart en ek weet dat daar van julle is wat twyfel of julle moet inskryf of nie. Hoekom twyfel jy?

Alle inskrywings word pas na die sluitingsdatum digitaal en anoniem oorgedra na die drie borge, waarna elke borg se paneel van be-oordelaars deur die inskrywings gaan werk en die tien finaliste in elke kategorie bekend maak. Sodra die tien finaliste gekies is, word name aan werkstukke gekoppel en dan begin die dans.

Die tien finaliste in elke kategorie gaan onderrig word deur kenners in hul genre. Wat ‘n kans! Dance van Henri Matisse dans deur my kop en die jubelende dansers versinnebeeld die finaliste in my gedagtes. Goed, ek sal kalmeer, maar op een voorwaarde ...

Kry jou werke reg en stuur dit in! Moenie verloor voordat jy begin het nie. Elke inskrywing staan ‘n kans om die Top Tien te haal en te wen.

Sterkte!

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nou toe nou!
(Glimlag) Het so pas eers (sowaar) jou motiveringsartikel van gister gelees. . . En is dit nou nie toevallig dat ek in my rubriek van vanaand -Die gonswoorde in die gange van Woes is. . .die skryfkompetisie sluit oor 'n week! - ook onder meer geskryf het oor die verloop van die skryfkompetisie en let wel oor die skrywerspoppe wat gaan d-a-n-s, nie. . .

Ja nee, so dink kreatiewe koppe wat as'tware in een mus is!
8 jaar 4 weke 1 dag 4 ure oud


Kompetisie.
Ek sou graag wou deelneem aan hierdie kompetisie, maar omdat ek al elders gepuliseer is kwalifiseer ek nie. Ek wens die deelnemers alle geluk met hul pogings toe.
Dankie dat u my tog onthou en noop om saam te doen
Groete.
Monty.
8 jaar 4 weke 1 dag 14 ure oud


rex
Kompetisie ...
My benarde situasie (die keer te danke aan my stukkende kar) laat my weereens nie toe om die jaar in te skryf nie. Ek wou 4 van my storietjies inskryf. So kry jy 'n hotbeen / Aandwerk / Nagrit en nog een, ek moet nog besluit. Maar as daar êrens 'n borg is met geld wat hom pla, verneem ek graag van hom.
8 jaar 1 maand 3 ure oud


Chris Bothma
Chris Bothma
Artikel
Dankie kennis geneem.
8 jaar 1 maand 3 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar