Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die uurglas loop uit en al wat ek kan meld is dat ons ‘n wonderlike, vól program gaan hê. Paul Vaandrager is ons seremoniemeester en ek gaan niks verder sê nie, behalwe dat hy ‘n unieke belewenis op sy eie is ...

Dries Wiid, ‘n pianis van formaat, speel ons intro en instapmusiek. Johan Koen is ons professionele klank-ingenieur en beligting-spesialis vir die aand, met Athenkhosi Matika as assistent. Monique Drotsky gaan julle kaartjies teen slegs R35 pp by die deur verskaf, waarna sy haar assistente by die tafel met drankies behulpsaam sal wees.

Julle weet reeds van Vitulari Cantores en ELLE, die groepe wat ons met hul treffende musiek gaan vermaak, dat talle uitmuntende Woes-digters hul gedigte in lewende lywe met ons gaan deel en ook dat Willem Woes ‘n persoonlike verskyning gaan maak.


Nuwe nuus is dat Vonnie (almal ken haar), ‘n openingsgedig spesiaal vir die aand geskryf het. Sy kan ongelukkig nie die aand met ons meemaak nie, maar haar gedig gaan voorgelees word deur een van ons uitmuntende voorlesers, Ronél Meylahn. Starlyn George en Benita van Heerden is ons ander twee gesoute voorlesers en ken beslis hul storie. Hulle gaan gedigte van Werner Wehmeyer, wat homself tans in Skotland bevind en Donkie Dans, wat in Korea woon en werk, voorlees.

Ons bied die aand ook twee boekbekendstellings aan. Kodeks van Nini Bennett is ‘n hoogaangeskrewe, nuwe digbundel en sy het goedgunstiglik aangebied om komplimentêre, getekende eksemplare van haar bundel aan alle deelnemende digters te oorhandig. Eksemplare daarvan word ook te koop aangebied. Dis een van die redes hoekom ek sélf ‘n gedig gaan voordra ...

James J Andrews stel twee splinternuwe boeke bekend en is meer betrokke aan Woes se Engelse kant, mabooki.com. Sy twee nuwe titels, The Marion Deception en The Adamas Agenda, is werklik boeiende leesstof. Kom hoor self wat hy daaroor te sê het. Ek waarborg dat julle verstom sal staan.

Ons gaan heerlik saamkuier en mekaar ontmoet. Daar gaan ligte verversings en iets te drinke wees vir almal om gratis deur die aand te geniet. Voel vry om jou eie bottel wyn of drankies saam te bring. Ons verskaf ‘n kelkie sjerrie, ‘n glasie wyn en vrugtesap, asook bodemlose koffie en tee.

Braaivars Boereworsrolletjies, yskoue koeldrank en gebottelde water gaan deur NOVO DINERS, een van ons persoonlike spyseniers, teen spesiale pryse aan diegene wat honger is, vars gebraai en te koop aangebied word.

Wat is daar nog om te sê? Indien iemand vrae het, e-pos my asseblief so vinnig as moontlik by kb@woes.co.za. Baie dankie vir jul belangstelling.

Kom ons maak saam WOES geskiedenis!!!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bismarck
Dankie vir jou goeie wense, bismarck. Dit hang baie van hierdie eerste WOES W&W af. Indien dit suksesvol is, maak ons beslis 'n plan!
8 jaar 1 week 4 dae 23 ure oud


&
Geniet dit.
Eendag kom julle dalk Suidkaap-langs...
8 jaar 1 week 5 dae 19 ure oud


Carol
Ek hoop ook van harte so hoor. Ek is oortuig daarvan dat W&W-aande groot byval gaan vind en as dit landswyd kan gaan, soveel te beter. Dit kan net tot opbou van ons Woesters wees en Woes na hoogtes neem wat 'n mens nooit gedink het moontlik kan wees nie!

Wat my openingsgedig betref, net een groot plesier gewees om dit te skryf hoor, so uit my woestelike hart uit.
8 jaar 1 week 6 dae 12 ure oud


Vonnie
Ja, ek hoop regtig so. Indien die mense van hierdie aand hou, sal ons dit beslis meer gereeld doen en later miskien landswyd daarmee gaan. Ons wil graag alle Woesters betrek; so word ons net sterker en beter. So terloops, baie dankie vir jou wonderlike openingsgedig. :)
8 jaar 1 week 6 dae 12 ure oud


Deurlopend
Carol, gaan die W&W-aande in die toekoms 'n vaste instelling word?
8 jaar 1 week 6 dae 13 ure oud


Nuus en Artikel
Hierdie inligting is doelbewus onder nuus en artikels geplaas, omrede ek talle e-posse ontvang wat dieselfde vra. So, nou gaan dit miskien makliker wees as algemene vrae sommer as kommentare gevra word en dit beantwoord kan word vir almal om te sien. Baie dankie vir julle positiewe belangstelling, Carol
8 jaar 1 week 6 dae 15 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar