Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het julle al ooit gewonder hoe dit moontlik is dat alles so glad op die werf verloop? Wie sorg dat die webtuiste deurgaans soos ‘n goed ge-oliede masjien loop? Wie het gesorg dat selfs die láátste inskrywings van die Woes skryfkompetisie kort voor middernag gelaai kon word?

Ons Tegniese span (Woes ondersteuning), Mandie en Werner.

Teen Sondagmiddag, met die ure wat afgetik het, het Mandie begin om sélf die mense se werke te plaas, basies om tyd te spaar en te sorg dat alle inskrywings voor sluitingstyd deurgaan, maar ook om diegene met effe minder tegniese vaardighede van die begin af te help om hul inskrywings op te laai.

Sondagnag, naby die sluiting van die kompetisie, het ek vir die eerste maal werklik besef hoe ons op hulle staatmaak. Inskrywings het steeds ingestroom en ‘n klomp navrae daarmee saam. Ek het vrae beantwoord waar ek kon, maar die meeste e-posse moes na die Tegniese span verwys word. Dit was tandeknersend, maar Mandie het elke navraag met ‘n vriendelike e-pos beantwoord en die bewoording het hoe later, hoe meer kompak geword. Haar eerste e-posse het byvoorbeeld gelees, “Hallo Carol, Sy werkies is almal gelaai, Groete, Mandie.” Veel later, met die stryd teen tyd, het die volgende deurgekom, “Werk gelaai.”

Ek het self talle laat e-posse deurgestuur, met slegs die woorde, ‘”Help asb!” Nouja, om middernag is die kompetisie gesluit verklaar en nou kan ons net sterkte aan alle deelnemers toewens.

Werner het die webtuiste ontwerp en onderhou dit ook. Hy is in beheer van al die hardeware en “servers” en goed. Watookal hy doen, doen hy goed en dis bo my vuurmaakplek, maar ek weet net hy láát dit werk.

Op ‘n daaglike basis, hanteer Mandie alle e-posse, betalings, debietorders, bestellings van digbundels en verwante take. Hulle word beslis besig gehou!
Dus, hiermee wil ek ons Tegniese span, Mandie en Werner, van harte bedank vir al hul harde werk en vriendelike laatnag-opoffering.

Julle is sterre!


 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bravo!

Ek wil ook net graag langs hierdie weg beaam: Die Woensspan is absoluut tops! Baie baie dankie aan elkeen afsonderlik vir julle ondersteuning, geduld en die mooi manier waarop julle ons Woesters van hulp en raad bedien het en nogsteeds doen.

Lank lewe Woes en die span!
8 jaar 2 dae 14 ure oud


bravo
ek stem die mense het wonderlike werk gedoen, soos gewoonlik
8 jaar 2 dae 14 ure oud


SKERMS
DANKIE MANDIE EN WERNER!!! Ek salueer julle!!!!
8 jaar 5 dae 18 ure oud


Dankies
Hiermee moet ons almal wat skryf dankie sê aan die wonderlike mense agter die skerms. Sonder hulle kan geen gedigte ens geplaas, bekyk, bespreek ens word nie.

Julle is sterre. Die mense agter die skerms kry nie altyd genoeg lof betuigings nie en dus wil ek net dankie sê.

Ek kon egter nie inskryf nie maar sodra daar weer 'n geleentheid is sal ek beslis
8 jaar 1 week 3 ure oud


zea
Baie dankie
Dankie vir die spoedige terugvoering elke keer. Helaas, het ek nie die spertyd gemaak! ;( Tegniese fout aan my kant. Volgende keer!
8 jaar 1 week 12 ure oud


Dankie
Julle is tops!!!
8 jaar 1 week 14 ure oud


agter die skerms
Dankie julle!!!
8 jaar 1 week 15 ure oud


Dankie!!!!
Baie dankie vir die mooi woorde.

Word opreg waardeer.
8 jaar 1 week 16 ure oud


Tegnies
Eerstens Noenoes
Fout is meer waarskynlik aan jou kant.
neutraliseer enige ander "copy&paste" opdragte dadelik. anders knoop jy die rekenaar se brein. En volg Carol se raat. Dan
Juis weens WOES se unieke karakter, is die druk op die ondersteuning span hoog
My dank ook aan julle
8 jaar 1 week 20 ure oud


Noenoes
Dit was moeilik om die werk op te sit, want die "servers" was skielik byna oorlaai met al die skielike en oorweldigende massa "kuberverkeer", as mens dit so kan noem. Spesifiek daardie aand was daar nie slegs inskrywings nie, maar meer gebruikers as gewoonlik was vanaf WOES en ook van ander skakels bedrywig op die webtuiste.
Jou rubriek: Gebruik eerder 'n MS Word dokument as basis waarop jy werk; copy&paste sal soveel makliker wees.
Baie dankie vir jou insette,
Carol
8 jaar 1 week 1 dag 1 uur oud


Agter die skerms
Ja ek weet , ek was een wat baie op Mandie se kennis geleun het. Maar miskien is julle ook skuldig!!!! hoekom was dit so moeilik om die werk op te sit? Ek dink dit beteken ons moet beter gehelp word. Ek sukkel nou weer om net 'n rubriek in te stuur. Ek kan nie "paste" nie as ek dit op notepad gecopy het. .Iets is nie lekker nie...behalwe dat ons bietjie dom is seker?
Groetnis en dankie Mandie jy verdien 'n boks Nutties en blomme van my af!
8 jaar 1 week 1 dag 2 ure oud


3's
Jul onbaatsugtige diens
Dankie, Mandie en werner.
8 jaar 1 week 1 dag 2 ure oud


JJordan
Hahaha, my "nervous twitch" is darem nou weer weg. :)
8 jaar 1 week 1 dag 3 ure oud


agter die skerms
SUPERSTERRE!!!
8 jaar 1 week 1 dag 3 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar