Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


In antwoord op vrae en stellings deur AA en oom Toom en wat as kommentare in Olaf Frits se skrywe oor die hierdie onderwerp gemaak is.
Asook;
Omdat ek hierdie aspek heel eerste aangeraak het in my motiferings praatjie oor skryf en die waarde van statistieke
En;
Omdat ek met my syfers werklik skok golwe – selfs by Willem Woes – veroorsaak het
Kan ek julle ongelowiges vir seker dat die tellery baie akkuraat is.
Daar is deurlopend ’n verskil in ‘lese’ tussen die syfer wat bo-aan die betrokke werkstuk verskyn en die syfer vir die werkstuk wanneer jy op ‘My Woes’ die ‘meer statistiek’ knoppie sou druk.
Die verskil word 12 uur die nag – tally tyd - uitgekanselleer en sal daarna klop
AA se twyfel oor die aantal lese:
Vir lede is daar op die profiel blad ’n funksie:
Vertoon my aan lyn
Wat verander na
Vertoon my af lyn
Sou jy daarop klik.
Net soos op hulle profiel, verkies die meeste lede om nie vertoon te word nie.
Oom Toom: Daarom sal die kiekies en die getal ‘aan lyn’ onder aan die blad altyd verskil.

Dan AA kan jy maar die syfer glo.
Dit is nie juis verskillende lesers nie
Want
Skrywes kan : Druk hierdie skrywe!
Een persoon sal beslis die bydrae, indien dit hom geval, meer as een keer lees ook.
Dan sal hy ook die werkstuk uitdruk om te bêre.
Dan sal ’n ander persoon 30 + kopies van die werkstuk druk want
Sy is ’n onderwyseres by ’n Engelse skool en die opdrag aan haar leerders is : Vertaal hierdie gediggie,
So kan dit gebeur dat tien onderwyseresse die gediggie 30 maal uitdruk.

Glo vir my. Ek het bewyse dat Woes geken word in baie skole.

Soos wat jy by dieselfde kafee jou brood en melk koop. Gaan die leser dan telkens terug na die skrywer waar begin is en word net sy werk oor en oor gebruik.
Ek openbaar dat Oom Berg met sy maklike versies baie gebruik word, daarom miskien die rede dat hy die rekords hou vir ‘meeste gelees’
{Askuus oom Berg, maar hier is nou reputasie in gedrang. As jy nou kwaad is vir my, primiteer dan maar.)
Aantal nie-lede op lyn:
Ek het al gewens ek kon ’n toereteller op die funksie koppel, net om te sien Globaal – werklik Aardbol wyd, hoeveel mense per minuut op en af op Woes lees!
Toets maar. Moet net nie konstant op die blad bly nie. Gaan af en gaan terug al om die paar minute. Want bly jy konstant sal die syfer nie verander nie.

Laaste: Ek gaan die skrywe vir Willem stuur met die opdrag dat hy vir ons alles beter verduidelik. Ek mag dalk die hele potjie mis piepie omdat ek net wat ek sien het om mee te speel.

Maar julle drie – nee vier (Olaf tel vir twee en baie meer met al sy aliasse) die syfers lieg nie en die syfers is vir skrywers baie belangrik.
Eintlik só belangrik dat hulle wil redeneer daaroor.

Willie F van Tonder
2012/-5/18





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie Willie
Nadese voel ek meer beskeie oor my leserstal en ook 'n bietjie meer versigtig oor wat ek alles kwytraak, nie dat ek dit altyd kan verhelp nie.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


Geléés!
Interessante artikel Willie.

Ek het nog nie baie rondgekyk nie, maar het toevallig op een afgekom wat net duskant die 15 duisend keer gelees is -- seker maar deel van die internet nè? Wonder wat is die rekord...
7 jaar 7 maande 2 dae 14 ure oud


Statistieke
Ek het verseker geweet jy gaan 'n verduideliking bied!
7 jaar 7 maande 2 dae 17 ure oud


Statistiek
Interessant. Baie dankie, ons nuwes verstaan nou meer.
7 jaar 7 maande 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Liewe Ma - van Bart I

    deur Bart

    Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar