Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Maart het gekom en gegaan….ons beweeg vinnig na die einde van ‘n kwart van 2013.
Herfs is oral besig om sy kleure te verf, in oranje, geel en bruin.
Saans kruip die koue nader en soggens begin die voëltjies later kwetter, saam met sonop.
Vader Tyd herinner deur seisoene, hoe die genadelose arms van die horlosie ons lewens omwuif.
So sirkel die arms en beur die sekonde-wyser sonder stop van syfertjie tot syftertjie elke minuut. Sistematies.
Vir diegene in die fleur van hulle lewe, slaan hy trom op elke uur en is hierdie polsslag deel van die dans en ritme van die lewe.
Die middeljare spoed voort en briek aandraai is taboe. Vasgevang in die maalkolk van die stroom waarin ons beweeg, wals ons saam met die horlosie-arms op maat van Tyd. Om en om en om…
Dit is wanneer dié wysers se bewegings, nostalgies elke uur aankondig, dat ons bewus word van ons uurglas wat uitloop.
Herinneringe word geskep, elke sekonde. Die onthou is vir altyd tot die laaste oomblik.
Waar ons ookal gaan, is ons verbonde aan tyd…iets wat ons nie kan terugdraai, of aanjaag nie.
Soos die wysers beweeg en die sekondes tik, en die ure verby kruip – beweeg die son van opkoms tot sonsondergang. Dae en jare vliet verby.
Soos Prediker van ouds, sien ons deur die sirkels van ons lewens. Ons moet dit lééf…en met oorgawe doen.
Leef en laat leef.
Sprinkel ‘n bietjie sonskyn oor ander, deur liefde wat deur ons lewens kronkel!
Ons leeftyd word bepaal deur jare (tyd) – Die lewe is waardeloos sonder liefde.
Benut elke sekonde, viér die lewe en wees lief vir mekaar. Tyd is kosbaar.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dis waar.
Jy laat my ook besef: Gelukkig gaan die ware liefde nooit verby soos die tyd nie.
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


***
Baie waarhede hier vasgeskryf, dankie.
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Tyd
Alles wat jy sê is so waar Remi, maar soms moet ons daaraan herinner word. Dankie dat jy dit hier op sò 'n mooi manier doen...
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


*
Baie beslis! Tyd gaan so vinnig verby. Koester elke oomblik.
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Vier dier lewe . . .
Ja, beslis:
Vier die lewe - tyd is absoluut kosbaar
Die mooiste , mees inspirerende skryfsel

Thanks
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Tyd
En so loop 'n ieder en elk se uurglas stadig maar seker leeg. Gebruik elke sekonde positief. Knap gedaan Remi
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar