Artikels

Bladsye:
Titel: DIG
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dig, Poësie, het in die letterkunde hierdie naam gekry omdat dit in wese die mooiste, skilderagtigste manier is van storie vertel.
Maar.
Net hier is ‘n skeidslyn.
Net hier besluit die skrywer om, inplaas van woord vir woord, met duidelike uitspel soos in storie vertel, te vertel in Digvorm, in die Poësie formaat, en word die beeld op die doek ’n suggestie maar met aandag en diepere insae, diepere kyk, verberg die digter ’n heel ander verhaal.
Dit is baie belangrik dat die geskrewe werk ’n volledige verhaal is met aanhef, lyf en besonder slot en dus ’n eie identiteit.
Met die neerpen van hierdie verhaal, sien, ervaar en selfs bedoel, die digter egter iets anders.
Vir die digter gaan dit interessant wees om te sien wat is die leser se gewaarwording.

In lewe het die mens ’n term vir ’n sekere sosiale gebruik. En een en almal deel in hierdie – soms onsmaaklik, ontoepaslike gebruik – naamlik; skinder.
Skinder kan mooi, goedbedoeld, prysenswaardig wees :
“Joan het ’n mooi uitrusting Sondag by die Kerk aan gehad.”
“ Ja, dit is só, maar sy werk ook mooi met haar geld!”
Op die sosiale aanwending van skinder kan heelwat uitgebrei word.

In die letterkunde word dig deur die Meester woord skilder aangewend om suggesties te plaas – niks veel anders as skinder in die goeie sin nie.

Hierdie poging val nie uit die lug nie en meer as dikwels – dieselfde as in die werklike lewe wanneer van iemand geskinder word, word nie besef watse saadjie geplant word nie.
Dus is selfs die digter soms nie bewus van watse saadjie hy geplant het nie – wat gaan die dieper kyk leser sien in die digter se skriftuurlike skilderstuk .
Dit is wat ek in my – heel dikwelse fanfare – noem ; Diepte.

Dit is die absolute in dig, om hierdie ; ‘ kul jou hier en kul jou daar’ gawe aan te wend om vir die leser die diepere verhaal te vertel.

Ek het al gebraak oor foto’s en profiele. In die professionele lewe is dit die besliste gebruik om  kennis te dra van skrywers . Kennis van sy persoon, agtergrond, lewe, voorkeure en afkeure.
Omdat dit nie kan vermy word nie; dit kan eenvoudig nie gekeer word nie, want dit is maar net menslik :
Oor die algemeen is in enige skrywer se werke ‘n spieëlbeeld van sy eie genietinge, versugting, wense, trouma, begeertes en fantasieë.
Dit word egter kunstig verberg ten spyte van die feit dat hy die intimiteit wil deel sonder om in die openbaar op die verhoog te klim.

Ek gaan ’n voorbeeld van die bedoeling van my skrywe hierbo plaas.
Ek verwys na Vic Viviers se Haiku : Die Kaasvreters.
Hy vertel die besondere verhaal van wilde voëls wat uit die vryheid van die lug, neerdaal en op die mensehand kom sit vir lekkernye.
Dit alleen is ’n besondere gebeurtenis.

Vier van die agt woorde wat hy gebruik vertel vir my egter ‘n ander storie.
‘my winterhand’ uit sy profiel wys dit dat Vic maklik in ouderdom die gevorderdste skrywer op Woes is.
Ek sien die versugting en ook die voorreg, dat hy, bewus van die aanstap van die horlosie, met hierdie ou hande die (goue bye), die ontsaglike goue oomblik, onvergeetlike goue sensasie, aangryp, opvang, inneem en geniet, wat die lewe nog bied.
Dit alleen is vir my ’n volle verhaal en inspirerende boodskap van put en geniet elke oomblik van die lewe en verguld dit in goud.

Gaan lees weer sy ander werke.
Digkuns onmeetbaar diep.

Willie F van Tonder
2013/04/07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

>>>
Ek stem saam. 'n Regte "jintelman" met woorde. Soos my oupa sou sê.
6 jaar 7 maande 1 week 2 dae 22 ure oud


***
Willie, jou verbeeldingsvlug is so mooi hier geskilder en vir my baie kosbaar – dit gee my oneindig meer krediet as wat my ooit kan toekom – so ek dink, los die saadjies maar laat hulle groei soos hulle wil...

Baie dankie.
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


Diep
So mooi wanneer jy so diep lees Sneeuwolf....en so mooi oor 'n vriend skryf
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


****
Raak of mis ek . . . ?
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 12 ure oud


***
Demmit, Willie, waar vang jy my nou...
6 jaar 7 maande 1 week 3 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Jesus Beter en Beter

    deur Lynie van Westfort

    'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar