Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Johann Lodewyk Marais skryf oor insidente uit sy kinderdae wat afspeel op ‘n familie plaas (1) in twee van sy bundels en gee ‘n tipe agrariese geskiedenis wat afspeel in die Vrystaat en hy maak ook gebruik van tipiese figure uit daardie tyd en vertel oor die lewens van die swart mense.

Antjie Krog skryf oor jong liefde en oor ondervindings by die skool (2).

Karlien van Der Merwe maak gebruik van die karakter “Lientjie” om uit te brei oor haar kinderdae en sommige insidente is soms lagwekkend met die tipiese figure wat sy skets. In Nuwe stemme (4) kry mens reeds met haar “Lien” karakter te doen en haar tweede digbundel “Lien in wonderland,” (Rosslyn Pers) brei sy verder oor die lewe van “Lientjie” uit. Kyk maar gerus na haar gedigte “Stasiemechanic” “Inloer,” “Bad Kitch” op Woes.


In die gedigte van Daleen Enslin op Woes vertel sy soms van die seerkry en wonderwêreld van ‘n kind en die pligte wat soms op ‘n kind kom dink maar aan haar gedigte: “Ek wag nou al lank hier, het sy eindelik gedink,” “Regte armoede lê in die hart,” “Want ek is mos ‘n Lilletjie,” “Rooi wighakskoenjties,” “My oupa Dad,” “Ou Karola se winkel,” “Kleintyd op Rodewal,” “Rooi swart pruime,” “Oupa Attie,” “Oupa se geloof,”:”Rye en rye kinders staan by die skool,” “Weggooi kind,” “As die bus in die middag huistoe ry,” “Tante Anna se siektes” en “Groot word.”


Hier is ‘n klompie van my eie gedigte wat oor my eie kinderdae gaan:


Die woorde van ‘n kind


Toe ons klein was
moes ek en my jonger broer
bedags by die Von Hörsten’s bly
as my ma gaan werk

en ons moes buite speel
en is gedreig
dat ons rokkies sou kry
as ons in hulle huis
in wou kom,

maar hierdie oorblyery
het dramaties geëindig
in my sesde jaar.

Een aand wou my ma weet
hoe dit met ons daaglikse
kuierry gaan
waarop ek vertel het,
dat alles soos altyd is
en my broer dat ek
baie stadig aan my kos eet.

Ek het gesê dat ek nie
van die kool hou nie
en dat ons alles moes eet
of pak sou kry
as daar enige iets
in die bord oorbly.

My ma het gesê
dat groente goed vir mens is
en ek het dit toe so aanvaar,
maar dit was nie die einde
van die storie nie.

As ‘n onskuldige kind
het my broer hierdie insident
aan een van die Von Hörsten
seuns oorvertel,
wat daarmee na sy Pa toe is.

Ek het in die koppie bo die huis gespeel
toe al die Von Hörsten seuns
skielik uit hulle plaashuis uitpeul
en in alle rigtings uit spat
en na my roep,
maar ek kon sien
dat daar vir my moeilikheid is
aan die manier wat hulle soek en skreeu.

Toe bly ek waar ek is
en wonder wat aan die gang is
en watter verskriklike ding
ek onwetend gedoen het?

In daardie heuwel
het van die veel ouer
en groter seuns
toe aangesluip gekom
en van agter af,
op my gespring
en my gegryp
en tot vlak
by hulle pa gedra.

Oom Hendrik was ‘n man
wat van niemand nonsens vat
en wou van my weet
waarom ek sy vrou
se kos nie wou eet
en waarom ek sê
dat haar kos sleg is?

Toe ek sê dat dit
nie so is nie,
het hy geskreeu
dat ek moet ophou lieg.
my met sy gekromde kierie
aan die nek nader geruk
en my daarmee geslaan.

Stotterend kon ek nie woorde kry
om onder hierdie omstandighede
te verduidelik nie
en toe skreeu hy
praat man praat
en hou op dink
wat om te lieg
en terwyl hy my aanhoudend slaan.

Toe sê dat ek
nie van kool hou nie
en het ek weer pak gekry
en is gesê om stil te bly
of die waarheid te praat.

Toe sê ek dat die Here my getuie is
en dat ‘n dag sal kom
wat sy woorde ook opraak
en heeltemal deurmekaar is.

Soos ‘n hond was ek weg gejaag
met ‘n gevoetsek
en het onder sy kierie weg
huis toe gevlug.

Die Von Hörstens het my ma opgebel
en haar van alles vertel
en sy het geweet
van waar my moeilikheid kom
en vir ‘n hele maand
moes my broer kool eet
omdat hy uit die huis
uit gepraat het
en ons het nooit weer
by die Von Hörstens oorgebly nie.


l’Envoi
Toe ek baie jare later
op Universiteit is
sien ek eendag
oom Hendrik Von Hörsten
op die kampus
en groet ons mekaar
en praat normaal
oor die dinge wat in die land gebeur
en oor ons families,

maar toe hy van my weg stap
praat ander studente met hom
en die eens bekende skrywer
praat in brabbeltaal
asof hy nie weet
wat om te sê nie
en heeltemal deurmekaar.

Daar is gesê
dat hy Alzheimers het,
maar tot vandag wonder ek
oor die krag
van die woorde
van ‘n kind.


Toe ons nog klein kinders was

Toe ons nog klein kinders was
so vyf en vier
was my Pa reeds
aan kanker dood
en moes ek en my broer
bedags by die Von Hörsten’s bly
as my Ma weg werk toe ry.

Oom Hendrik was ‘n boer,
maar het ook saam met sy broer Fritz
storieboeke geskryf
en sy string kinders
wat baie groter en ouer
as ons was
(vier seuns en twee dogters)
het ons besig gehou
want seuns moes uit die huis uit bly.

So kom dit toe dat ons bloots perdry
en perde help inbreek,
kuilvoer trap
en die tweede oudste Gardiël
het behoorlik ons gal gewerk,

ons op donkies gesit
terwyl die klomp hulle dik lag
en die goed nukkerig
in die klippe in hardloop
en my broer hom daar
half stukkend val.

Eendag word die mielieland
stoppel hoog afgesny
om voer vir die beeste te kry
en word die teel bul Kittennel
(wat swart en boosaardig was)
in die drukgang ingejaag
en Gardiël maak ons daardie bul klim
voor hy dit weer
op ‘n perd
die kamp in jaag.

Aan die anderkant van die land,
anderkant die grensdraad
waai sy broers ‘n rooi vlag
op en af en op en af
en Kittennel snork deur sy neus,
skud boosaardig sy lyf,
skop stof op
voor hy bok springend
rigting kry
en met volle vaart
op die vlag afstorm.

Die stoppels flits onder
sy voete verby
en lyk soos spiese
wat regop staan
en ons is te bang
om daardeur gesteek te word
en ons ry Kittennel
en geen bul
kan ons daardie dag afkry.



Geen plek vir ‘n opsitkers

‘n Meisie stem wat saggies lag
sny deur die nag
en kom by my kamervenster in
en wawyd wakker
sluip ek (ses jarige kind)
na buite om die bron
van opwinding te vind.

Gardiël studeer by Martin
wat by ons loseer
en beide is in matriek
want hy kla dat sy oë brand
van die ou paraffien lamp
wat by hulle plaashuis
lig maak
waar elektrisiteit ontbreek.

Daar brand ‘n helder elektriese lamp
wat tien sentimeter
onder die plafon hang
en groot motte
vlieg donker bruin daarom
in hulle eie vlugbane vasgevang.

Nog ‘n staanlamp
gooi ‘n helder geel gloed
wat warmte in die koue
hoëveld se winter bring.

Ek sien hulle deur die ruit
koffie drink en beskuit eet
voordat beide van hulle
verder in boeke blaai

en kruip in ‘n struik bos in
sodat hulle my nie moet gewaar
en skielik beweeg iemand
reg langs my
en sien ek haar buk
en klein klippies optel
wat sy teen die kamervenster gooi.

Die venster swaai wyd oop
en ek hoor hulle te sag praat
sonder om enige iets te hoor
en die meisie lag weer klok helder,
voor sy na die voordeur loop
wat geluidloos oopgaan.

l’Envoi
Dit kon nie tien minute wees
voordat oom Hendrik (Gardiël se pa)
aangestorm kom,
die tuinhek woes oopgooi,
die voordeur
byna uit die skarniere uit loop,
en met ‘n kierie in sy hand
(wat sterker as ‘n besemstok is)
die lig in die dak,
die staanlamp
en vensterruit
in Martin se kamer
uitslaan

en ek houe
met doef geluide
op beide seuns hoor val
en die meisie
histeries gil
terwyl sy sommer ook
‘n paar kry
en hy brul
dat hierdie geen plek
vir ‘n opsitkers is.


Beeste in die reën

Alhoewel niks sonder ‘n einde is,
selfs reën wat vol hael neer hamer,
het dit soms so gevoel
met donderslae
wat uit die lug uit neer val
soos woedende sweep slae,
die tollies wat rondmaal
reg om weg te stormloop
in die rigting van die vlei
waar die dodelike tulpe groei.

Die perd runnik bang
trek haar voorste hoewe op
met elke bliksemstraal wat neerval
en jy laat haar galop
aan die kant van die beeste
om hulle af te keer
in die skuiling van die kamp in,

met die voorste onrusstokers wat jy afsny
en die hael wat hard neerval
voel soos bokhael uit die ou haelgeweer
en een reusagtige os snork
storm weg

bars regdeur klein boompies
waarvan die stamme sweepslag verby jou kop
en as jy die os woedend bereik
draai dit om en begin terug loop
in die rigting van die kamp,
kyk met groot oë na jou
so mak soos die van ‘n koei.

[Verwysing: Cattle in the rain deur Musaemura Zimunya.]



Wat ek van my pa onthou is skraps

Wat ek van my pa onthou is skraps,
oë waaruit erns straal,
soms streng maar met liefde uitgemeet,
‘n godsman, maar Afrikaner
in siel en murg
en onderwyser in geskiedenis en Afrikaans.

Sy stem onthou ek
wat gedigte voorlees
wat hy voorberei
vir nagraadse studies in letterkunde
wat my hoendervleis laat kry
van lekkerte

en so kom vroegherfs,
die ruiter van skimmelperdpan,
maria en ek sal na my Vader gaan
en talle ander gedigte
in my hart lê.

[Verwysings: Vier gebede by jaargetye in die boland deur N.P. Van Wyk Louw, Die ruiter van skimmelperdpan deur A.G. Visser, Maria deur Elisabeth Eybers en Ek sal opstaan deur W.E.G. Louw.]


As ‘n kind

As ‘n kind het ek vroegoggend in sonskyn
my pad na ‘n versteekte fontein in die rante gevind,
het die son my vroeg reeds stralend verblind
as daardie paadjie tussen die koppies verdwyn

en tog helder was daardie waterstraal
terwyl dit uit gorrel
as ek bottels vol uit daardie fontein haal
sien hoe dit helder bly borrel

en ek wonder of wilde diere
selfs insekte en miere;

by daardie fonteintjie deur my bemind
nou daar hulle dors les,
hulle pad na daardie versteekte fonteintjie vind
as daardie versteekte rivier se uitverkorenes.

[Verwysing: fonteintjie deur Koos van der Merwe.]

Ek was pas na die skool toe op pad

Ek was pas na die skool toe op pad
toe ek ‘n spoedlokval van verkeersmanne sien

waar twee aan die kant van die pad skuil
en net mooi by die hoek reg teen die erf,

agter die bloekomboom wegkruip
en teen die heining terug leun

en sit en gryns en peins en steun
of wat die tipe manne ook al doen

en by die hek kry ek ‘n klip in my skoen
toe ‘n grootse gedagte by my opdoen

en ongemerk sleep ek toe die sproeier nader
en sit dit in die nuwe bedding neer

waar ek die kraan vol oopdraai
en rustig in die pad skool toe stap

en twee papnat voor my uitspring,
ronddans en woedend skreeu

en ek hulle ewe onskuldig aankyk
asof hulle van mars af kom

terwyl my makkers
se motorfietse ongestoord verby brom.


Skool

Dis x‘e en y‘e
aftrekkings en optellings
en stellings en nog meer stellings
reekse en rye

en so raak ons al maller en nog maller
en vaar boonop vrot;
leer van Ballot
en Christaller.

Die meisies is mooi
en modelle en modelle omsingel my
en werk julle helle (ek wonder wanneer gaan ek werk inkry?)
(gelukkig word hulle nie gelooi)
of verloor ‘n paar velle!

Dis waarom skool, by my later goël.


Skool (saraband)

Dis gedurig reekse en rye,
die onderwyser patrolleer,
die lat steek soms soos ‘n swerm bye,

daar is stellings en nog stellings
so raak ons maller en maller
met aftrekkings en optellings,
leer van Ballot, van Christaller

en modelle omsingel my,
loop een vir een by my verby
as vraestelle nie einde kry

en die meisies is nogal mooi
maar gedurig word ek gelooi
en dis waarom daardie hoër skool,
later gedurig by my goël.

Voetnotas:

(1) “ In Johannes Lodewyk Marais se debuutbundel “Die somer is ‘n dag oud” ..Wat ‘n mens naas die geslaagde woordspel en netjiese afwerking van baie verse opval is Marais se beeldende vermoë (“Stamboom,” Sondag,” Es dia Bena”) en die wyse wat hy wegskryf van homself en die jeugwêreld van die plaas, memente uit ‘n lewe en ‘n bekommernis oor politieke toestande. Soos “Die somer ‘n dag oud” toon “Palimpses” (1987) ‘n hegte konstruksie en die vermoë om van ‘n ek-gesentreerdheid weg te skryf en ‘n ruimer wêreld te betrek. In hoofsaak gee die bundel herinneringe aan ‘n agrariese verlede en kry ons die “Pallipses” van Johann Lodewyk Marais: ‘n geskiedenis in die kleine van sy voorgeslagte op die familieplaas, tipiese figure uit die tyd (“Hengelaar” “Jagter”) ervarings uit sy jeug (reën, skaapsteel, kindervrese), die lewe van die swart mense en uiteindelik die vetrek van die plaas.” Kannemyer, J. C. 2005 “Die Afrikaanse Literatuur 1652-2004 Human & Rossouw Pretoria. Bl. 747-748.

(2) “Antjie Krog debuteer in 1970 met “Dogter van Jefta” “kaalvoet” gedigte wat met hulle eenvoud en praattoon die wêreld van die skoolkind met sy adollessensie, jeugliefde en besonder milieu van klaskamers en onderwysers as boustof het.” J. C. 2005 “Die Afrikaanse Literatuur 1652-2004 Human & Rossouw Pretoria. Bl. 481.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar