Artikels

Titel: Talent
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sommige mense het soveel talent dat dit letterlik by hulle vingers uitvloei. Ek het 'n draai gaan maak by Waldi Duminy ...



“Waldi is die enigste mens wat ek ken wat chroom kan teken dat dit soos chroom lyk,” sê die mense van hierdie man se besondere potloodsketse. As jy met sy sketse in jou hand staan neem dit net ‘n bietjie verbeelding om die stoomtreine te ruik en die veteraanmotors te hoor luier.

“Vandat ek kan onthou teken ek. My skoolboeke was altyd vol tekeninge. As ek meer van leer gehou het sou ek seker ‘n argitek geword het”, lag Waldi. Hy het geboue en straattonele van Kimberley begin teken en kort voor lank het mense versoeke gerig vir sketse van spesifieke geboue en straattonele. “Van my werk is al oorsee gestuur”, gesels hy trots.

Waldi Duminy is op 21 Mei 1945 in Petrus Steyn gebore. Hy het aan die Handelskool Betlehem gematrikuleer waarvandaan sy lewe deur Vryburg koers gekies het Kimberley toe. Die grootste deel van sy arbeidsloopbaan is gekenmerk deur die motorhandel.

Of dit ‘n mense, diere, motors of geboue is wat Waldi teken, dit is vir hom ewe lekker. Hy is, met reg, baie trots op sy versameling veteraanmotors wat hy deur die jare geteken het. “Nee, wat, ek het nie ‘n voorkeur aan wat ek teken nie, teken is teken. Ek het al my hand aan olieverf en pastelle gewaag, maar ek geniet potloodsketse die meeste.”

Hy teken op A4-grootte fotopapier by ‘n tafeltjie wat hy self gemaak het. “Dit is maklik om die tafeltjie kleiner of groter te maak en lekker lig om rond te dra. Ek sit sommer so voor die televisie of luister radio terwyl ek teken.”

Vir Waldi se twee praktiese hande staan niks verkeerd nie. “Daar is altyd iets om te doen. As ek ‘n stuk yster of hout kry, maak ek iets daarmee,” vertel hy. “My oë raak soms moeg van die sketswerk, dan vul ek blokkiesraaisels in. Waldi het nog ‘n groot voorliefde – die bou van modelmotors. Daar was selfs ‘n tyd toe hy die ware Jakob gerestoureer het. “Deesdae is dit baie duur om dit te doen. My twee seuns sit nou die restoureerwerk voort.”

Sy unieke sketse word by Annette’s Gift & Coffee Shop by die Groot Gat verkoop. “Daar word foto’s van my oorspronklike sketse geneem en dan word dit gemonteer en in duursame sellofaan verpak. Dan lewer ek dit by Annette af. Ek hou al die oorspronklike sketse, dit is onmoontlik om dieselfde toneel ‘n paar keer oor te teken.”

Waldi se raad is nie net op jongmense van toepassing nie. “As jy iets doen omdat dit vir jou lekker is, móét dit vir jou lekker wees om dit te doen. As dit nie op daardie oomblik vir jou lekker is nie, doen iets anders en gaan later aan met dit waarmee jy begin het. Dit is ‘n frustrasie om aan iets te werk wat nie vir jou lekker is nie en mense sien dit in die eindproduk.”

Woorde ontbreek om Waldi se sketse tot hulle volle reg te bring. Besluit self hoeveel talent in hierdie sketse steek deur eerstehands sy werk te aanskou.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waldi
Hierdie is werklik iets besonders Karin. Ek woon op Prieska, wat nie te ver van Kimberley af is nie. Sal definitief gaan kyk wanneer ek weer daar kom!
5 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 17 ure oud


Waldi
hierdie man het beslis talent voorwaar.
5 jaar 7 maande 4 dae 9 ure oud


Ano
Talent
Wat 'n wonderlike talent. Die tekeninge lyk voorwaar soos swart-en-wit fotos.
5 jaar 7 maande 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die nuwe wyn

deur Christo Nel

Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar