Artikels

Titel: Moord
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanogggend moes ek weer 3 uur uit op 'n 400 km heen en weer trippie, want ek moes voor 6 daar aflewer. Na 'n heerlike nagrus, spring ek hier weg, fris en vars soos 'n lentebloeisel.

Skielik voel ek effens lifhoofdig. dit duur net 'n paar sekondes, maar....
Skielik is ek 52 jaar terug in die verlede. Weer as 9 of 10 jarige seuntjie, en sien ek weer alles, asof in "slow motion" voor my afspeel. Daardie verskriklike aand in die Paarl.
Dit is skemer aand. Die straatligte het net aan gegaan. Ek stap terug huistoe van die kafee, seker so 500 meter van ons huis af. Ek het gou vir Moekie, my ma, gaan melk en brood koop. Daardie jare kon selfs sulke jong kinders nog daardie tyd van die aand alleen in die strate wees.
Seker so 20 tree voor my, reg by die Stroodak-kerk se pastorie hek, stap 'n kleurlingman voor my met 'n sak, seker ook maar brood en melk, in sy hand. 'n Ander Kleurling kom van voor aan gestap.
Net toe hulle by mekaar verby stap, gee die een met die sak in sy hand, 'n gedempte gil en slaan soos 'n os neer. Die ander een gryp die sak en hol by die pastorie-hek in.
Ek kniel by die man op die grond om te hoor wat is fout. Met 'n roggel blaas hy sy laaste asem uit. Verstar sien ek die bloed uit sy bors spuit waar die knipmes tot by die hef, in sy bors gesteek is. Reg in sy hart.
Ek kyk op, vas in die grynsende gesig van die ander man. Hy sê niks. Trek net met sy vinger oor sy keel voor hy weer verdwyn.
Met 'n onaardse, maar geluidlose gil, gryp ek my brood en melk en hardloop.
Die volgende week lees ek met belangstelling, in die plaaslike Paarl Post van die moord reg by die pastorie se hek. Die moordenaar is aangekeer, maar geen moordwapen kon opgespoor word nie.
Moekie sê nogal vir Boelie, my pa, dat dit onveilig raak om my saans kafee toe te stuur.
Wat ek wel onthou, is dat ek dood kalm by die huis ingestap het, asof niks gebeur het nie. Het my brein alreeds, terwyl ek vreesbevange gehardloop het, alles agter 'n ystergordyn verberg?
Hoekom het ek vanoggend, heel uit die bloute, skielik alles onthou?? Wat het gemaak dat ek hierdie ervaring skielik weer na 52 jaar onthou? Het ek dalk daardie aand, in my geskokte toestand, die mes uit die man se bors gepluk toe ek weg gehardloop het? Indien dit so is, wat het ek met die mes gemaak? Dit sal seker nie nou meer help om na al die jare, na die SAPD te gaan en vertel wat ek daardie aand gesien het nie? Daar is seker nie eens meer enige dokumente oor die saak nie?
Dit sal my bly pla tot ek alles kan onthou. Daardie mes wil, wil iets in my breins laat roer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moord

Ons brein sluimer of slaap nooit.
4 jaar 7 maande 4 weke 19 ure oud


Moord
Dat daar 'n rede vir die onthou is, dit glo ek. Maar wat? Dit weet ek nie.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


Moord
Jan, dit lyk my jy skrik nóú eers!
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


moord
dis goed dat jy die grusame gebeure onthou het Jan, nou moet jy dit agter jou plaas en vergeet. Die gereg het mos sy verloop geneem
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


Moord
Hulle gooi nooit moorddokumente weg nie. Ek glo nie dit is nodig om polisie toe te gaan nie, die verdagte is mos aangekeer gewees. En vir daardie tyd het hulle hom seker gehang ook soos dit hoort. Jy onthou dit omdat jy dit in jou onderbuwussyn opgekrop het. Jy het met niemand gepraat daaroor nie. Sulke goed is goed wat een of ander tyd moet uit. Hierdie was net vir jou die regte tyd gewees. Praat met Ouvrou ook hieroor en bere dit waar dit hoort. Ek glo jy is klaar meer verlig, daar is 'n las van skouers af, dit is goed so. Gaan nou maar net aan met jou lewe. Saam met Ouvrou sal julle hierdie ding oorkom.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Ano
Moord
Wow. Nee kyk, die brein en herinneringe is seker een van die ingewikkeldste goed om te verstaan. Sal liefs nie polisie toe gaan nie - jy slaap dalk 'n nag of ses op 'n harde vloer...
Laat jou hipnotiseer :-D
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 8 ure oud


moord
Sjoe, Jan, dis 'n skrikwekkende storie hierdie. Ek kan amper nie glo dat jou brein dit so totaal uitgeblok het nie. Onthou ons brein is soos 'n liasseerkabinet. Alles wat ons sien en beleef word in leêrtjies gestoor. Traumatiese gebeure word soms baie diep gestoor, selfs vir 'n ruk heeltemal uitgeblok. En op 'n dag gebeur daar weer iets, of ons lees of sien iets wat terugslaan na daardie gebeurtenis en dan pop daardie leêr (waarin dit gestoor was) weer op en sien en beleef ons dit weer.
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


Skrik
Sjoe, daar skrik ek ook sommer my praat weg!

Nee Jan, ek dink nie jy het die mes uitgepluk nie, daarvoor was die skrik te groot. Die man het hom self uitgepluk ~ die bloed sou nie kon spuit met die mes nog in sy hart nie . . .

Hoe gril ek nou selfs vir my eie woorde! :/
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


mes
Wat n belewenis Jan
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


mes
sjoe, dis darem nou interessant dat jy die hele episode vir 52 jaar lank vergeet het. 'n sielkundige sal seker lig op die onderwerp kan gooi
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Goeie genade ...
"Sometimes truth is stranger than fiction."
Vreemd dat die mes nooit opgespoor is nie ....
4 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar