Artikels

Titel: Kombers
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie dreigende droogte mag nie waar word nie. Op een of ander manier MOET dit net kom reën en dit moet baie reën.

Die nuus en alle Media word oorheers deur Studente opstande oor Studie pryse.
Ek stem saam. Universiteite het absurd duur geword.
Wat gaan aan in die land?

Na 1994 het alle honde losgeruk.

Voor 1994 was daar ook hier en daar ‘n geval van los hond soos Minister Pietie du Plessis wat skynbaar in daardie jare al R800 miljoen ge- bedrog het en regtig tronk toe gegaan daaroor.
Gelukkig vir hulle, het baie ander nie so dom-agtig gesteel en bedrieg
Nie.

Dus, in die Staatsbestel van selfs daardie jare was daar Witboordjie misdaad . . .
Met ‘n verskil:
Die ligte het gebrand, almal had brood op die tafel en daar was genoeg reserwe fondse en die Pensioenfondse het gedy.

Maar –
Daar was groot onreg !
Die swartes mag nie opgelei word nie en die swart taal is geïgnoreer en dit alles het begint by die ou Bleskop Malan wie die septer oor almal in  die land met dwang gesaai het.
Bewaar jou siel as ‘n swarte aan ‘n troffel of stukkie gereedskap vat en hy sal Afrikaans praat, buig of bars!

Ek glo ou Malan se geraamte rattle in sy graf!

Genadiglik kom 1994 . . . met trane !
Die mense is nie in finansies opgelei nie.
Die mense is nie in Bestuur opgelei.
Die mense wie die land moet oorvat, is in meer as 300 jaar op geen manier verbeter nie.

Toe . . uit “hongerte en ek het nooit van die lekker gehad nie” kom die honde los.
Alles waarin hulle die hand kon steek word geledig en Staats en Semi-staats instellings tuimel ineen.
Waar gevat kon word is leeg gemaak.
En daar is net nie genoeg vliegtuie om al wat “Regeerder” en sy familie en vriende op uitspattige oorsee trips te vat nie.

Witmense word bevrees en hulle honde kom los en hulle skep ook!
En
Baie van hulle sien hier kom shit en besluit : “Kom ons verlaat die land!”
Ek was in daardie Taal eksamen lokaal en ek het gesien dat tot drie duisend verlaat die land per keer.

Johannes Kerkorrel huil in sy treurige mooi liedjie Hallala oor hoe ons Aarde se skatte uitgedolwe word.

Selfs die Universiteite waar elke Departement ‘n massiewe begroting het en waar die Proffie begint Miljoenêrs huise bou en oorsee vlieg vir een of ander kamtige rede en studiegelde gaan net op en op en op.

Hierdie siek sindroom vra en vra meer want nou moet subsidies ook nog bykom want die oorsee trips en aardse verryking is nou ‘n instelling!

Besighede en voedselvoorsieners bly nie agter nie en Top Bestuur word der Miljoene betaal.

Die grapperige storie loop dat daar ‘n ooreenkoms is tussen die lughawe en ‘n Universiteit:
Sou al die vliegtuie eensklaps kom land – is daar nie staanplek nie-
Sou al die Dosente op oorsee trips op eenslag “werk” toe kom, is daar ook nie plek nie.
(Ek sit die woordjie “werk” aspris tussen tekens want in die meeste skole en op Universiteite is die edel roeping om te doseer, lankal weggegooi. In die plek daarvan het die woord fasiliteer gekom.

Engel Gabriël moet die kind of student kom afrig en help tesy die ouer vreeslik baie geld het om die kind privaat te laat onderrig!

Is dit nie ‘n Balbelse malhuis nie?

En . . .
Ek is baie seker dat Suid Afrika die voorloper is op hierdie terrein.

Vandag. . . vandag in hierdie jaar van 2015 is Suid Afrika net ‘n leeg dop>
Alle Pensioenfondse is leeg
Alle Staatsondernemings is leeg
Die meeste Spaarfondse staan op die punt van BOEMMMM!
Die ineenstorting onweer flits en blits rondom ons.
Die Ekonome . . .?
Die Slim mense
Ook die dommes met visie . . .
Hulle weet maar hulle hou net by lou en kalm praatjies . . .
Want . . .
Oor alles word net met ‘n kombers toe gegooi - al is dit net om hierdie massiewe -eens pragtige - land, nou 'n bouval en wrak, te bedek !

Praat die nuus dan nie van bruê en geboue wat ineen stort nie !

Herstel?
Zero.
Nil & Void !
Een of ander helse gebeurtenis moet plaasvind oor die hele Aarde en veral in Suid Afrika.
As . . .
As dit hewig kom reën – sal die gebeurtenis darem uitgestel word tot ‘n later datum!

Gegroet
2015/10/21

Napraat>
Ek ?
Ek het ‘n toekoms.
Jip, ek het.
Waterlei in die Bloubessie bome tuin van Annerland.
Met een oog sal ek darem dophou hoe gebeur wat doer onder!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ware woorde in jou unieke styl, Willie.
4 jaar 2 weke 5 dae 1 uur oud


Kombers
...en ek sal jou kraan oop- en toedraai. Asseblief tog. En ek sal vir jou beskryf dit wat jy nie kan sien met een oog nie.

Jy verdien nie 'n veertjie hiervoor nie, jy verdien 'n hele poustert!!
4 jaar 3 weke 1 dag 19 ure oud


kombers
Tien uit tien Willie
4 jaar 3 weke 2 dae 21 ure oud


Kombers
Baie dankie vir jou bydrae tot die BOUVAL EN WRAK projek.
4 jaar 3 weke 3 dae 1 uur oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar