Weergawe: 2
Aantal woorde: 182
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 04 Aug 2013
Boshoff sê dat hy steeds met elke boek se verskyning ʼn emosionele opwelling beleef. Hy is veral in sy noppies met hierdie boek. “Ek was oudergewoonte net die neerskrywer van dit wat my ingegee is. Daar is per slot van rekening met so ʼn boek slegs een Outeur, en dit is Hy wat die boek ingee.”
Oral is my God is volgens die lokteks op die agterblad ʼn “troosboek”. Die boek gebruik Psalm 139 as uitgangsteks. Dit gaan oor God se “aktiewe teenwoordigheid” te alle tye en in alle omstandighede, wat dan vir die gelowige baie vertroostend is.
Dr. Ralph Barnard, teoloog-skrywer en die boek se resensent, het sy eerste indrukke in ʼn persoonlike nota aan Boshoff soos volg gegee: “Oral is my God is beslis een van jou beste meditasies, indien nie dié beste nie. Dit is meesleurend!”
Die formele bekendstelling van die boek vind op 6 September in die Asbos-teater plaas as deel van Boshoff se vertoning, My pad.
* Rig navrae aan die skrywer.
Lees ander artikels deur Johann P. Boshoff
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.