Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here
1. Dankie dat ek met U in vrede kan leef. Dit is so maklik om nie in U te glo nie of vir U die skuld te gee vir dit wat verkeerd gaan. So baie mense soek die oorsake op die verkeerde plek of weet nie waar om na die waarheid te soek nie – Rom. 5:1

2. Dankie dat U ons beskerm, ons seën, ons genadig is en ons in U sorg neem. Dit is die kragbron van ons bestaan, die kragbron wat ons nie kan sien en met ons vingers kan voel nie, maar wel kan ervaar – Num. 6:24-26

3. Dankie dat U die Alfa en die Omega is, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Dit is impak woorde wat ons sukkel om te verteer omdat ons nie ons lewens ten volle in U hande oorlaat nie. Ons wil altyd so bietjie mag in ons eie hande vashou, vir eie gewin en wil dit gebruik soos ons wil – Open. 22:12-13


Here
1. Leer ons meer om in vertroue te leef en die gawes wat aan ons gegee is, te deel, te beoefen en te vermeerder om so ‘n verskil te kan maak. Ons as christene verstaan ook net ten dele, maar ons sit met ‘n biblioteek vol beloftes wat ons net moet leer lees en vertrou – Die Bybel.

2. Die wêreld soek na so baie oplossings, na ‘n plek om te ontsnap en standvastigheid – dit terwyl die oplossing bereikbaar is vir die wat glo. Maar, ons is baie keer deel van die groep wat so soekend is, leer ons om weer soos Petrus te glo – 1 Pet. 1:3-4

3. Leer ons om net onsself te wees en met onsself in vrede te leef. Dan sal ons almal wat oor ons pad kom, met respek behandel. Ons is elkeen uniek en ‘n mens in eie reg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

AMEN. Dankie vir die weeklikse voedingsbron in jou gebede van die week. Ek pik elke korrel honger op.
12 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar