Titel: (68) My Gebed Vir Die Week
Weergawe:
Aantal woorde: 290
Kere gelees: 1297
Datum gepubliseer: 27 Jan 2008
Here
1. Dankie dat ons by U kan leer hoe om te bid. Baie woorde, groot woorde en geleerde woorde is nie nodig nie. Ons woorde raak baie keer op, maar U het geskryf dat ons in eenvoudige taal met U kan praat, in gewone mense taal – Matt. 6:6-8
2. Dankie dat U ons krag gee wanneer ons nie meer weet hoe om die lewe te hanteer nie en bedreig voel. Negatiewe beriggewing is aan die orde van die dag en dit is geneig om ons fokus op U te versteur. Hab.3:17-19
3. Dankie dat U oor die mag beskik om aan ons vrede en voorspoed te gee. Ons wil dit nie altyd glo en aanvaar nie, maar wanneer ons die belofte ons eie maak, sal U aan ons vrede en voorspoed gee – Jes. 26.3(b)-4
Here
1. Leer ons om U nie as ‘n noodkragopwekker te gebruik nie, maar dat ons enige tyd van die dag met U kan praat. Leer ons om elke dag dankie te sê vir die klein dingetjies in te lewe.
2. Maak ons opnuut opgewonde oor die lewe en die sin van die lewe, want ons het net een lewe. Die wêreld is ʼn wrede plek en dit is die boodskap van wanhoop wat aan ons opgedis word, dit terwyl daar soveel mooi dinge rondom ons en in die wêreld gebeur. Laat ons oë op U gevestig bly.
3. Die vrede en voorspoed wat U aan ons wil gee lyk baie keer anders as wat ons voor vra of oor gedroom het, maar wanneer dit van U kom, weet ons dit is waar. Laat ons dit ons eie maak en op die wyse die vrede in ons lewens ervaar, ‘n vrede wat mense se verstand te bowe gaan.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Artikels

deur Piet Schoombie
Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.
Leer ons om U nie as ‘n noodkragopwekker te gebruik nie, maar dat ons enige tyd van die dag met U kan praat ...
Die vrede en voorspoed wat U aan ons wil gee lyk baie keer anders as wat ons voor vra of oor gedroom het ...
Ontvang dan asseblief vandag hierdie seeninge in oorvloed as my wens vir jou en jou gesin - altyd deur!
Dankbare ekke.
007