Artikels

Titel: 8 MEI 1945
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag 8 Mei is die sewentigste herdenkings jaar van die einde van die Europese deel van een van die bloedigste oorloë wat die wêreld nog geken het.

Op 8 Mei 1945 is n einde aan die tweede wëreld oorlog in Europa gebring met die ondertekening van die onvoorwaardelike oorgawe van Adolf Hitler se Duitse Derde Ryk se magte aan die Gallieerde magte nl. Engeland, Frankryk, Amerika en Rusland.

Hierdie oorlog, wat op 3 September 1949 amptelik uitgebreek het, na die inval van die Duitse magte in Pole op 1 September en Engeland en Frankryk se oorlogs verklaring op 3 September 1939, het na amper ses jaar n verwoeste Europa agtergelaat met n lewensverlies van letterlik miljoene.

Ook Suid-Afrika was in hierdie oorlog betrek toe die Unie regering onder Jan Smuts besluit om oorlog teen Duitsland te verklaar. Dit het die Afrikaner volk totaal verdeel en het tot organisasie soos die stigting van di Ossewa Bandwag en die Stormjaers gelei wat die redering ge oponeer het.

Hierdie organisasies het oorgegaan tot sabotasie en is inteneringskampe opgerig om verdagtes in te plaas.

Aangesien die grondwet nie soldate kon dwing om op vreemde bodem te veg nie is oorspronklik van vrywilligers gebruik gemaak wat tot verdere onmin gelei het. Later is die grondwet gewysig en is hierdie struikelblok uit die weg geruim.

Baie geskiedkundiges reken dat die grondslag vir hierdie oorlog reeds gelê was met die ondertekening van die verdrag van Versailles in 1918, na die eerste wëreld oorlog, waarin streng maatreëls op Duitsland gelë is en sy van haar rykste gebiede beroof is om oorlogskuld te betaal.

Hierdie was n seer punt vir Adolf Hitler en sy Nazi party. Die gevolg was dat hy na n verrassende oorwinning in die verkiesing van 1933, dadelik aan die werk gespring het om die Duitse magte weer op te bou. Met die afsterwe van keiser Wilhelm het hy homself as diktator van Duitsland verklaar.

In ses jaar het Hitler Duitsland weer tot n ekonomiese reus opgebou en begin om die Duitse magte weer op te bou. Hy was egter nie die enigste magshonger man in die wëreld nie. Bennitto Musollini van Italië het met gierige oë na Noord-Afrika begin kyk en Japan met gierige oë na magsuitbreiding in die Ooste. Die Axis pak, soos dit bekend gestaan het, het tussen die drie ontstaan en n nie aanvalsverdrag met Rusland het Hitler gesterk in sy drome om die besette gebiede te herower en weer deel van Duitsland te maak.

Hy het dit reggekry om die Ruhr gebiede en Oostenryk sonder n skoot te verower en het die wëreld onrustig begin raak. Hitler het die Britse eerste minister, Neville Chamberlain, met die Munich verdrag verseker dat Duitsland geen verdere eise het nie. Deel van hierdie verdrag het n deel van Slowakia ook in Duitse hande laat val.

Dit was egter toe Hitler die Danzig korridor van Pole begin eis het dat die wëreld besef het dat Hitler sal moet gestuit word. n Verdrag is met Pole gesluit en toe die Duitse magte op 1 September 1939 Pole binne geval het het Engeland en Frankryk nie n keuse gehad as om oorlog te verklaar nie.

Aanvanklik het daar nie veel gebeur nie en in Mei 1940 het die Duise leer met sy blitskrieg begin wat die hele Europa in n rekord tyd onder Duitse beheer geplaas het.

Na die sukses hiervan het Hitler himself as onoorwonne begin beskou en het hy begin flaters maak. Die eerste hiervan was die inval van Rusland met operasie Barbarossa iop 21 Junie 1941. Nou het gebeur waarteen sy generals hom gewaarsku het, Duitsland was in n twee front oorlog betrokke.

Met die ineenstorting van die Italiaanse leer in Noord-Afrika is n derde front geskep en moes die Afrika korps onder leidng van luit-genl. Erwin Rommel geskep word om die Italianers te hulp te snel. Engeland het een van sy bekwaamste bevelvoerders, luit-genl sir Bernard Montgomery, Noord-Afrika toe gestuur om bevel van die gallieerde magte oor te neem en die Duitsers te verdryf.

Die stadige begin van die einde was Japan se verraderlike aanval op die Amerikaanse sesde vloot in Pearl Harbour. Alhoewel die V.S.A. se simpatie by Engeland was het hierdie aanval pres. Rooseveldt tot oorlogsverklaring teen Japan gedwing en outomaties in oorlog teen Duitsland en Italië.

Hierna het alles teen Duitsland begin draai.

Met die slag van Stalingrad het die Russiese rooi magte die Duitse magte begin terug dryf. Die winter was een te veel en het die Duitse sesde leer tot oorgawe gedwing.

Onder leiding van genl. George Patton het Amerika tot die stryd in Noord-Afrika toegetree en is die Duitse magte verdryf. Dit is opgevolg deur n Gallieerde inval in Italië wat die Duitse magte daar ook begin verdryf het.

Intussen is begin met die opbou van n geweldige leer in Engeland en is Eurpa op 6 Junie 1944 met operasie Overlord binne geval onder genl. Dwight Eisenhower.
Met die aanstormende Russiese magte uit die Ooste en die gallieerde magte uit die Weste is Duitsland uiteindelik in n knyptang beweging pap gedruk.

Die geveg om Berlyn, wat die oorgawe vooraf gegaan het, was een van die bloedigste gevegte maar het die eer die Rooi leer, onder maarskalk Zhukov, die eer te beurt geval om Berlyn finaal te verower.

Na die selfmoord van Adolf Hitler op 28 April 1945 het di nuwe regering onder adml. Karl Donitz dadelik met vredes onderhandelinge begin en is die finale oorgawe op 8 Mei 1945 onderteken. Die kanonne het stil geraak oor n verwoeste Europa na n oorlog wat miljoene lewens ge eis het.

Die slot in hierdie drama sou egter eers voltooi word na Japan se oorgawe na die atoombomme oor Hirosjima en Nagasaki



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

8 Mei 1945
Baie dankie Neels , Baie interessant...
1 jaar 10 maande 1 week 6 dae 11 ure oud


1945
Dankie vir die interessante deel.
1 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


8 Mei
Baie leersaam/ En ons is so gou om te vergeet wat se aaklige storie dit was.
1 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 13 ure oud


Treurig maar waar
Sedert die tweede wêreldoorlog het geen dekade verbygegaan sonder dat die verenigde state van Amerika -- êrens op die aarde -- in 'n oorlog betrokke was nie: Korea, Indo-China(Vietnam), Nikaragua, Chile, Kuba, Kosovo, Kuwait, Irak, Afganistan,... Net nie by hulle tuis nie.
Dankie vir die mededeling! Kort knap en informatief.
GvT
1 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 9 ure oud


8 MEI 1945

Leersame brokkie uit die geskiedenis, maar die volke voel nog steeds vir grond besit.
1 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


Europa Vry . . .

Dankie Neels vir hierdie hele geskiedenis in 'n neutedop! Ek geniet hierdie soort skrywes van jou geweldig baie.

Ja, ons TV het die week gefokus op Nederland, ons Eerste Minister was ook by daardie vieringe, want dit was 'n Kanadese korps wat die Nederlanders kom bevry het van die Nazi's op die 8ste Mei 1949. Ek dink dit was omtrent 7,000 Kanadese wat met daardie offensief daar gesterf het. Dié dankbaarheid teenoor die Kanadese, het tot gevolg gehad dat tienduisende Hollanders na die oorlog Kanada toe geëmigreer het. By ons in die kerk (en by my in die Bybelstudiegroep) is die Vanoggerens, die van Wijngaardens, die Zilstra's . . .

Nou huiwer daar 'n nuwe gevaar op die horison . . . die Arabiere. En al die "vredeliewende" nasies het hulle deur die jare na die oorlog met ope arms ontvang . . .
1 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


8 Mei
Lekker gelees aan die stukkie geskiedenis, dankie Neels
1 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud


8 Mei 1945
Baie dankie vir hierdie interessante geskiedenis se deel Neels Lekker gelees
1 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Geskiedenis
Neels,

Dankie. Jy neem my nou terug na my Matriek geskiedenisklas! Een van my gunsteling vakke.
Tog jammer dat die mensdom nooit regtig leer uit die geskiedenis nie, nê?

Terloops, op 8 Mei 1925 is Afrikaans aanvaar as een van SA se amptelike tale. :)
1 jaar 11 maande 4 weke oud


8 Mei
dankie Neels. ek is so dankbaar ek was nie in daardie jare n kind nie. ek weet ons mense het swaar gekry na die oorlog.
1 jaar 11 maande 4 weke 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar