Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier volg ‘n paar wenke vir Woesters, of jy nou poësie of happies of wat-ook-al skryf:

1 - as dit een saak is, skryf jy dit as een woord, bv. “aandlug, tafelblad”, ens. As daar ‘n verbindingsklank (die ‘s’ van “verbindingSklank, ‘n ‘e’ soos in “hondEhok”, selfs ‘er’ soos in “kindERkamer”) is, is dit ‘n GROOT wenk dat jy dit as een woord moet skryf.

2 - as jy jou *metavore in ‘n ellelange relaas moet verduidelik, skryf jy dalk te hoog vir die gewone pleb, of jy gebruik sulke obskure beelde dat jy self daarmee sukkel.

3 - lewer kommentaar wat iets sê. As ek alle nuwe werk op grond van die kommentaar daarop moet beoordeel, is die standaard NET aan die groei. MEESTE van die nuwe werk is “die beste wat ek nog ooit gelees het”, of “hoendervleismooi” (een woord, nogal!), “briljant!” of iets soortgelyks.

4 - “… dis hy WAT daar staan …”, nie “WIE” nie. “WIE” word saam met voorsetsels gebruik: “dis hy vir WIE ek kwaad is”, “daar is niemand op WIE ek kan vertrou/ in WIE ek kan glo nie …”
en …
as ‘WAT’ saam met ‘n voorsetsel gebruik word, verander dit na ‘n heel nuwe woord:
“wat + op = waarop”
“wat + vir = waarvoor”
“wat + in = waarin”
“wat + deur = waardeur”, ens. (Gaan lees maar oor die WAT-verskuiwingsreël.)

5 - sinne het werkwoorde in. Gewoonlik. Mens laat net die werkwoord weg as jy iets daardeur wil bereik of op ‘n anderse manier wil beklemtoon. Anders spreek dit nie van baie goeie taalgebruik nie. Veral soms.

6 - as jy nie seker is oor die spelling van ‘n woord nie, gaan soek dit iewers. Doen dit veral as jy die woord min gebruik.

*dalk eerder “metafore”, met ‘n ‘f’



En laaste: ek wonder oor die bevoegdheid van die kompetisiebeoordelaars .. maar dis net ek ...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie,
ek het nou net opnuut besef dat ek nog soveel het om te leer. Soos wat my pa sou sê: "Ruim kans op verbetering." :-)

Ek sukkel veral met nommer 2 en 3 en ai, die leestekens.

Dankie vir jou moeite.
8 jaar 6 maande 3 dae 23 ure oud


Hei Stephan ek dink ons almal kan baat vind by hierdie artikel! Ek persoonlik dink dat Willem Woes tog graag 'n hoë standaard hier wil handhaaf ongeag of mens uit die hart of uit die boek skryf, ons is nou wel nie almal ewe taalkundig of vaardig nie maar daar is mos maar riglyne vir alles in die ou lewe en dit is net goeie maniere om te poog om hierdie riglyne te volg. Dankie vir jou kosbare bydrae.
9 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 13 ure oud


Dis die beste werk wat ek nog ooit gelees het.....hehehe, nee ek trek net jou been. Ek het hierdie artikel van jou die eerste keer gelees en ampertjies my moer gestrip. Nou het ek hom die tweede keer weer gelees na n sigaret en besef dit is eintlik goeie raad.

Ek wil ook dan net my opinie ook lig in hierdie uitbarsting, dat hierdie n kreatiewe PLATFORM is vir Afrikaans en nie een of ander forum waar mense se werk vir n graad gemerk word nie. Ek weet slegte taalgebruik kan trotse Afrikaners verskriklik pla, maar gee die mense n break.

Ons is nie almal perfek nie en daar is mense wat skryf net vir die liefde om hul emosies op papier uit te beeld. Soos baie dinge in die lewe jou nie n beter persoon maak nie, maak n foutjie hier en daar jou ook nie n slegte skrywer nie.

Ek sal jou dophou en dankie vir jou hulp.
9 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


Onse Vader WAT in die hemel is...
9 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


Dankie, ek waardeer altyd 'tips' of opbouende kritiek. Enigste manier om te verbeter!

9 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


Goeie gesprek hierdie!
Digterlike vryheid laat baie dinge toe mits dit funksioneel is. Byvoorbeeld, dit kan metafories wees (of sommer net 'n fout wees) om oor 'n ding te skryf en daarna te verwys as Wie.

Verder wil ek met Pine saamstem - nie net is die Pukke se program wonderlik nie, dit is reg dat onbekende kombinasies van woorde nie altyd aanmekaar geskryf word nie. Die reëls is nie so eenvoudig nie. Daarom verkies die PUK-masjien dat onbekende kombinasies met koppeltekens geplak word. Tegnies sal dit 'n baie groot debat kos om hulle reg of verkeerd te bewys.

(Tot Stephan se krediet - ek het sy artikel vir die PUK-masjien gevoer en al wat hy uitskop is die 'n, omdat die strepie na die verkeerde kant toe is, en ek dink dit het te doen met die kodes wat verskillende woordverwerkers gebruik, want hy lyk reg hierbo.)

Afrikaans se nuwe spelreëls het heeltemal te veel uitsonderings...ek het dit verlede jaar vir 'n projek van die ATKV afgelaai juis oor die koppelteken storie en ek was geskok om te sien wat gebeur het vandat ek in matriek was.

as ek nie formele werk voorlê nie, bv. in kommentaar, gebruik ek die hoofletterlose gesprekstyl...dis lekker en groot geeste het al so geskryf

Maar as 'n mens 'n stuk werk kommunikeer moet dit eerder reëlmatig akkuraat wees anders mis iemand dalk 'n fyner betekenis.

Laastens gebruik nie almal dieselfde woordverwerker nie en interpreteer Woes se masjien nie al die kodes eenders nie - kyk tog of al die spasies nie dalk verdwyn het nie wanneer Woes vra: "kyk of alles reg vertoon", en maak die spasies reg ter wille van diè van ons wat dik brille nodig het.


Ns. 1. Ek wonder nog nie oor die beoordelaars nie.
Ns. 2. Waak teen oorvereenvoudiging, want in ons ingewikkelde bestaan laat dit soms ryk nuanses verlore gaan - verwys my gedig "daar's 'n Kerkstraat in elke dorpie."
9 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud


Hey mens; vandat hierdie skryfstuk van jou die lug gesien het en die lesers no. 3 gelees het, kry ek geen meer terugvoering op my pogings nie! Nou voel ek erg jammer vir myself!
As jy doelbewus spelfoute wil gebruik, plaas dit binne" ". Dan weet ek ook!
Ek het 'n elektroniese woordeboek op my PC wat opgestel is deur die Universiteit van Potchefstroom en daardie woordeboek aanvaar nie aanmekaar geskryfde woorde nie... presies onder andere die wat jy as voorbeelde gebruik!
9 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


nie 'n sissie nie ;-)
Dankie vir die een. Waardevolle riglyne. Thanks!
9 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Nee wag as ons oor nog goed kan 'moan' wil ek ook noem van die dekoratiewe leestekens. Ek het al 'n artikel daaroor geskryf, maar ek sien dit nog al die pad.
Die vreemde haakies wat voorkom {}[] ens ens.
Ellipse........ ipv ...

Soos Zadu se, baie ouens lees emosioneel en het nie noodwendig die tegniese kennis nie, ek self kan nie juis veel oor tegniek se by 'n gedig nie. Dalk mag mense net se wat hul wil daar, hul doen tog die moeite om te lees EN 'n ou blertsie te los.

Alle geval...
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


skuif op Barend, ek soek ook 'n plekkie.
dankie Stephan, ek is veral bly oor hierdie
. . “… dis hy WAT daar staan …”, nie “WIE” nie. “WIE” word saam met voorsetsels gebruik: “dis hy vir WIE ek kwaad is”, . . .

raad soos joune is meer as waardevol want ek maak foute en twyfel ook baie keer hieroor.
tikfoute kan gelukkig reggemaak word voor ons 'stuur' en die raad om jou werk deur te lees, is nodig.
nog 'n opvallende fout is werk waar elke reël met 'n hoofletter begin, ongeag die leestekens. maak dit reg op woes voor jy dit stuur.
a.
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Ek sal voor in die klas sit en my gedra.
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


LL
Goeie raad, kan vir almal goed wees om weer 'n slag te fokus - veral nommer 6 pla my vreeslik, en dit geld ook vir tikfoute! Dit maak so baie afbreuk aan jou harde werk. Lees dit asseblief baie keer deur voor jy dit plaas en maak seker!
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


LL
Goeie raad, kan vir almal goed wees om weer 'n slag te fokus - veral nommer 6 pla my vreeslik, en dit geld ook vir tikfoute! Dit maak so baie afbreuk aan jou harde werk. Lees dit asseblief baie keer deur voor jy dit plaas en maak seker!
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Groot waardering vir hierdie inligitng, dankie, Stephan!
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


net toe ek wonder oor daardie f..
giggel.
dankie vir die raad.dit help.
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Goeie opmerkings Stephan, ek stem net met nommer 2 saam nie. Dis daardie metafore wat ek so absoluut MAL oor is.
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Baie, baie dankie hiervoor.

Daar is altyd iemand wat kan baat by die mededeelsaamheid van 'n persoon wat vrymoedigheid neem om kennis met andere te deel. Meermale neem mens aan mense behoort iets te weet, of dink mens andere sal jou aksies as voorbarig beskou, en vesuim dan om dinge te deel; en so gaan waardevolle raad en kennis verlore.

Een persoon wat by raad kan baat is honderd maal meer die moeite werd as duisende wat dink dit is onnodig, want dit is perse een bygevoeg...

Nogmaals baie baie dankie
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


Hey, Stephan, dankie vir al die 'tips' ek, vir een, waardeer dit!
9 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar