Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die doel van die Woes Kreatiewe Bestuurder (KB) is om te verseker dat alle gebruikers tuis voel, bestaande standaarde gehandhaaf word en ook om te verseker dat Woes voortdurend beter en meer gebruikersvriendelik word as wat dit reeds is.

Ons moet in gedagte hou dat Woes ‘n bymekaarkomplek van kreatiewe siele is. Dis die plek waar jy jou mees intieme gedagtes, woorde en drome met ander mense deel. Jy skep kuns met woorde en dis opsigself ‘n edel gawe, iets wat jou onderskei van miljoene ander mense. Dis belangrik dat ons mekaar in daardie opsig respekteer, waardeer en kreatiewe kommentaar op mede-skrywers en -digters se werk lewer.

Jy is deel van Woes omdat jy jou werk met ander wil deel, omdat jy tuis voel en jou werk waardig ag om gedeel te word. Akkolade vir jou! Dis soveel beter as om jou kosbare werk iewers in die donker laai van jou lessenaar onder ‘n laag stof te bêre, is dit nie? Laat jou werk asem haal en leef, dis waarvoor Woes daar is!

Kom woon gerus ons Woes Woord & Wyn aande by, waar digters hul gedigte self voordra en hul woorde werklik lewe laat kry! Ons hou van nou af ook boekbekendstellings en wag op voorstelle vanaf jou.

Jajaja, nou wonder julle seker wie hierdie persoon is wat soveel te sê het ... My naam is Carol Williams en ek is al jare lank reeds ‘n Woester in my hart, lyf en skryf.

Lank, lank gelede het ek deel van Woes geword, toe ek ses jaar in die verre Ooste gewoon en gewerk het. Ek moes daagliks in Engels en Sjinees funksioneer, het my huistaal ongelooflik baie gemis en na Afrikaanse webblaaie op die internet gesoek. Woes het opgeduik en ek het dadelik ‘n lid geword. Destyds was ons ‘n baie kleiner groepie en Woes het nog sy voete probeer vind, maar dit was soos manna uit die hemel vir my.

Met my terugkeer na Suid-Afrika, het Willem, Lana Lowe en ek ‘n Woes-geleentheid gereël, juis omdat ons en talle ander gebruikers nuuskierig was om mekaar te ontmoet. Dit was wonderlik om ‘n gesig by die woorde te plaas en ons almal het die aand in ons harte bly dra. Elke digter het na die mikrofoon gestap en sy of haar woorde persoonlik, met eie nuanses en gevoel aan die res van ons voorgedra ... hoendervleis. Dit was ongelooflik.

Genoeg van my, haha. Wat ek eintlik wil sê, is dat ons almal soveel vir mekaar en indirek vir onsself kan beteken indien ons mekaar beter leer ken.

Woes-groete
KB



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

mevrou bv
Soooo bly om jou weer terug te he!
7 jaar 11 maande 3 weke 1 dag oud


Welkom
Carol, baie welkom in jou nuwe pos, want jy is mos al lankal welkom gewees op woes. Soos jy voorheen, sit ek ook in 'n verre land en verlang na my taal. Woes maak die verlang draagliker.
Ek is baie opgewonde oor jou planne en hoop jou kreatiewe souse gaan selfs ons mieliepap-skryfsels soos malva poeding laat smaak.
Sterkte en groenis uit die land van olie en sand.
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 15 ure oud


Kreatiewe Bestuur
Carol,
Ek wens jou veel meer as welkom toe.
Die bekendstellings nota is duidelik. Ons stem saam dat Woes die tendens van ander Web tuistes moet volg met 'meer vriendelike' vernuwing.
Willem het net genoem van die drie(?) nuwe rigtings wat bygevoeg gaan word.
Ek wil net weet of ek dit reg sien en sal meer lig op dit waardeer:

Beeldende Kuns:
Sal daar dan nou 'n skakel wees waar die kunstenaar foto's van sy handewerk kan plaas?

Ek hoop van harte dat net Kunstenaars met werklike gesigte en name hier toegelaat sal word.
Die grootse fout op WOES is hierdie 'Non de Plume" /skuilnaam besigheid.
Dit is 'n resep vir moeilikheid. En moet uitfasseer word.

Ek sal 'n skuilnaam aanvaar alleenlik by:
1. Gedigte
My rede:
Op Woes is mense.
Mense het verdriet, probleme, sukses en vreugde.
Op Woes kan en mag die mens maar uitstort asof in sy binnekamer.
Lesers sal deel en hoef nie noodwendig die 'storter' se gesig te sien nie.
2. Verhale / fiksie
Hier hoef die bydraer se gesig ook nie gewys te word nie, omdat 'n verhaal kan ook 'n uitgesproke wens, begeerte, droom, juig, genot, prestasie verteenwoordig.

Enigeen wat 'n :
Gorrel
Rubriek
Artikel
Wil plaas, se regte naam moet bygevoeg word. Dit is verpligtend omdat hierdie afdelings persoonlik / mens rakend / werklik, van aard kan wees.

Ek haat voorbeelde maar wil Facebook se SUKSES resep as voorbeeld gebruik. Alles van die bydraer is op sy profiel.
"Geen stertjies (strings) nie."

Dan nog 'n byvoeging:
Iets soos 'n drie minute film / Rolprent / Verhoog Toneeltjie
Kan so 'n fasiliteit geskep word ?
Ek weet nie of daar geld vir so 'n skakel is nie.

Die heersende lerieke skakel is heel gaaf en werk pragtig.

Jy moet net verduidelik en doen(!) hoe die nuwe voorstelle geïmplimenteer sal word en wanneer.

Ek glo / hoop nie dit is op die beplanning nie:
Fotos, kiekies van plekke
Los dit asseblief uit.

Sterkte met jou werk vorentoe.
Jy moet skryf en ons vertel watse probleme in jou pad opduik omdat ons nie sien wat die negatiewe en of teen argumente en of voorstelle is nie.


Gegroet
Willie F van Tonder
8 jaar 1 maand 1 week 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar