Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek weet nie hoe ek hierdie geskrif moet klassifiseer nie. Dis nie ‘n happie nie, maar ook nie ‘n artikel nie. Dis ‘n versameling van oor die hele wêreld oor een onderwerp. Sommige is alreeds 2500 jaar gelede geformuleer. Ek sal aanhalings net in Afrikaans doen, al kom die meeste oorspronklik in ander tale voor. Aanhalings wat te lank is, het ek korter gemaak. Ek gaan geen name noem van wie ‘n aanhaling kom nie want dit moet op eie bene staan.

Ek het net aanhalings neergeskryf wat die woord waarheid bevat. Die waarheid is kompleks. Ek het net aanhalings neer geskryf wat my tref. Dit bewys weereens dat elke mens sy eie voorkeure vir waarhede het. Skryf gerus kommentaar oor die waarhede wat ek nie gelys het nie, maar wat jou besiel. Skryf gerus ook oor aanhalings wat jou nie as ‘n waarheid tref nie. Ek en ander lesers sal baie uit albei kan leer.

As jy ‘n waarheid wil aanhaal in jou werk, plaas dit blootweg in aanhaling tekens. Jy hoef nie erkenning te gee nie. As jy wil, skryf in ( ):
(Uit At de Lange se versameling).

* Meeste mense struikel oor die waarheid sonder om te besef dit was die waarheid.
* ‘n Mens verstaan waarheid veel makliker as om dit te ontdek.
* Die waarheid sal beter doen met ‘n wag voor die mond.
* Iemand wat die waarheid ken se mond kan nie gesnoer word nie.
* Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.
* Leuens kan mooi voorkom, maar waarheid is die mooiste.
* ‘n Halwe waarheid is ‘n groot leuen.
* Waarheid sonder konteks is hoogs gevaarlik.
* Waarheid begin meestal met eerlikheid.
* Hoe meer nederigheid, hoe meer waarheid en anders om.
* Wanneer ‘n mens onseker is, vertel die waarheid.
* Hulle wat die waarheid vind, vind ook moeilikheid.
* Die hoogste waarheid is verhef bokant woorde.
* Eers ignoreer baie mense ‘n waarheid, dan lag hulle daaroor en uiteindelik beweer hulle dat hulle dit altyd geweet het.
* Die grootste vyand van waarheid is om dit nie te ontken nie, maar die illusies daarvan nie te besef nie.
* Waarheid en skeptisisme is ‘n tweeling.
* Waarheid en vertroue is soos olie en water. Hulle kan nie meng nie.
* Die grootste vriend van waarheid is tyd en vooroordele die grootste vyand.
* Dit is beter om verdeel te wees deur waarheid as om eensgesind te wees deur foute.
* Die grootste eienskap in enige grondwet behoort die waarhede daarin te wees.
* Mense wat ‘n waarheid ontdek word jare lank as ketters veroordeel.
* Waarhede lyk dikwels paradoksaal.
* Ander se menings oor waarheid weerhou ‘n mens maklik daarvan.
* Elke waarheid maak jou siel sonder omdraai omvangryker.
* Die waarheid maak ‘n mens vry.
* Die waarheid word nie bepaal deur die meerderheid stemme nie.
* Is die waarde van waarheid die prys van ‘n koerant?
* Eintlik haat mense die mense vir wie hulle moet lieg.
* Slaan my met die waarheid, maar moenie my folter met leuens nie.
* Blinde respek vir gesag is ‘n groot vyand van die waarheid.
* Waarheid veroorsaak ‘n revolusie wanneer bedrog heers.
* Leuens is eie aan politieke prostitute.
* Meeste mense dors nie na die waarheid nie, maar na illusies.
* Mense sal nooit die waarheid vind as hulle waan hulle besit dit.
* As jy die mensdom wil bedrieg, vertel die egte waarheid.
* Waarhede maak ‘n mens opgewonde oor die lewe.
* Wat is wysheid sonder waarheid?
* Soek na die waarheid en word wyser.
* Onskuldige waarhede bestaan nie, maar skuld vereis die waarheid.
* Leuens is vinniger, maar waarhede gaan veel verder.
* Om nuwe waarhede te vind, moet aanvaarde dogmas bevraagteken word.
* Die waarheid volg nie ‘n vooraf beplande pad nie.
* Die waarheid het nie ‘n regering nodig nie, maar ‘n oop kop.
* Om die waarheid aanhoudend te omseil, word ‘n groot geheue benodig.
* Soek in elke leuen die waarheid om iets daarvan te vind.
* Om die waarheid te praat is ‘n groot gawe.
* Die waarheid is nie skadeloos nie.
* Die waarheid maak mense vry, maar eers moet dit aanstoot gee.
* Die naakte waarheid voel vir baie mense pornografies.
* Vriendelikheid, skoonheid, wysheid en waarheid belig ‘n mens se pad.
* ‘n Mens wat die waarheid nie vrees nie, hoef geen leuens te vrees nie.
* Die mens se grootste vyand in die soeke na waarheid is domastrantheid.
* Die waarheid kan gevind word waar mense vry is om daarna te soek.
* As jy mense die hel in wil maak, vertel hulle die waarheid.
* Die waarheid is dikwels vreemder as verdigsel.
* Die waarheid het nie ‘n agenda nie.
* Die waarheid groei steierend soos ‘n karee boom.
* As jy die waarheid wil hê, begin aanhoudend daarna soek.
* Waarhede kan nie geklassifiseer word nie.
* Waarhede kan nie in ‘n boks gestoor word nie.
* Mense is al in tronke opgesluit vir die waarheid.
* Waarheid is nie ‘n geboorte reg nie, maar ‘n verdienste reg.
* As studente maar net die waarheid soek wanneer hulle studeer, sal hulle veel beter sukses behaal.
* As iets te goed is om waar te wees, is dit nie waar nie.
* As ‘n mens te blind of doof is vir die waarheid, sal jy dit voel.
* Die waarheid is nie om te sien, hoor, ruik, proe en tas nie, maar die besinning daarvan.
* Die waarheid haal altyd die leuen in.
* Moenie vinniger en groter word sonder die waarheid nie.
* Moenie lieg nie want die waarheid sal jou laat bloos, sweet en bewe.
* Pasop vir ‘n leuen wat ‘n wasbeeld van die waarheid is - al verskil is dat die wasbeeld nie lewe nie.
* Genade en vreugde word gevind by die waarheid, weg en lewe.
* Waarheid en leuens is iets van net mense.
* Alle mense kan lieg, maar net party wil die waarheid soek.
* Logika is nie waarheid nie, maar ‘n soeke daarna.
* Waarheid gaan met rukke en stote op, maar leuens gaan gladweg af.
* Die waarheid is dikwels skokkend, maar leuens omseil gewoonlik emosies.
* Selfs ‘n belofte of eed kan mense nie forseer om die waarheid te praat nie.
* Rituele en doktrines is selde goed vir die waarheid.
* Onverstaanbare tale en geheime kodes kan die waarheid nie ontglip nie.
* Die egte en volle waarheid is oneindig; om naby daaraan te kom, moet ‘n mens in stappe werk.
* Etiek en moraliteit kan nooit die waarheid vervang nie, maar kan slegs daartoe lei.
* Misdaad kan nie sonder waarheid afneem nie.
* Die land waarvan al sy mense die waarheid respekteer, bestaan nog nie.
* Soek liewers die waarheid as om ‘n haan op ‘n mishoop te wil word.
* Bloed met pyn is altyd waar, maar vermy hulle om ‘n probleem op te los.

Mooi loop

At de lange
Pretoria
Mei 2010

Weergawe: 1
© Kopiereg voorbehou



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

-
Vasgeskryf. Principia Mathematica?
3 jaar 6 maande 1 dag 9 ure oud


Beste Skymaster,
Baie dankie vir jou kommentaar.

Die volgende is baie interessant. Dit wat jy geskryf het, gaan oor die waarheid van die waarheid - die hond wat sy eie stert byt. Die wiskundige en later filosoof Bertrand Russel het vroeg in die 20ste eeu 'n paradoks ontdek wat op die "hond byt eie stert" gebasseer is. Dit het die beste logici geskok. Later is nog 'n paar sulke paradokse ontdek. Dit het 'n krisis in die logika veroorsaak. Een gevolg daarvan is dat Kurt Goedel sy beroemde stelling bewys het dat daar stellings is wat nie bewys kan word nie. Die feit is dat Fermat 5 eeue gelede 'n stelling gemaak het in die kantrlyn van 'n boek. Daar was nie plek vir die bewys nie. Vandag nog kon niemand Fermat se stelling bewys nie!

Beste Linnie,

Baie dankie vir jou kommentaar

Kyk wat het ek hierbo geskryf aan Skymaster. Deur 'n wag voor jou mond te plaas sal jy nie in 'n paradoks kan beland nie. Die groot wiskundige en logikus Lutsen Brouwer het uit die dilemma ontsnap to hy beweer het dat die waarheid in die intuisie begin. (Toe was Polanyi se begrip van stomkennis nog nie bekend nie.) Dit ongelooflike vernuwinge in die logika veroorsaak, onder andere topos (plek) logika. My sewe pilare van wysheid steun deels daarop.

Kan jy vir my 'n afskrif van daardie foto stuur? Groot asseblief! My seun maak nou soveel fotos van Hans Dons se nageslag bymekaar as moontlik. As jy kan, sal ek my jou private epos adres stuur. Baie, baie dankie.

Mooi loop
4 jaar 2 maande 1 week 6 dae 13 ure oud


Dit is nou waarheid dié!
4 jaar 2 maande 1 week 6 dae 15 ure oud


Dankie dit was suiwer leesgenot en ek hou veral van:
"Die waarheid sal beter doen met ‘n wag voor die mond."
Terloops, op 'n familiefoto van my man sit 'n dogter van Hans de Lange, Andre se Oumagrootjie se ma.
4 jaar 2 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Beste Warra-Warra (Willemien),
Baie dankie vir jou kommentaar. Die moeite was 'n plesier gewees.

Hierdie aanhalings is vir my een van die sterk bewyse dat mense geweldig baie stomkennis het, dws kennis wat hulle nog nie vertel het of enige ander vorm aan gegee het nie. Elke keer as jy een lees wat jou tref, dan dink jy "Maar ek weet dit!"

Beste Amanda,
Baie dankie vir jou kommentaar.

Mense dink altyd aan Bloedrivier vanuit een of ander punt. Vir party is dit die oorwinning van beskawing, vir ander die ergste onderdrukking van swartes, vir party gelofte, vir party helde, ensovoorts.

My oupa se oupa en pa, my pa, ek en my oudste seun en kleinseun se name is almal Adriaan Michiel. Hans Dons de Lange (die Wit Kraai) was ons almal se voorvader. Dit is so jammer dat hy so onbekend is. Hy het die Zoeloes se kultuur geken, kon Zoeloe vlot praat en hulle het hom daarvoor gerespekteer. Hulle het hom die Wit Kraai begin noem omrede sy wysheid. Hy het die voortrekkers gewaarsku dat hulle te min van die Zoeloes weet en so baie konlik veroorsaak. Sy onverskrokkenheid was legendaries. Toe die dag van afrekening nader kom, het hy Pretorius gaan wys waar hulle laer moes opslaan sodat die minste voortrekker bloed sou vloei. Die getalle oormag was so groot dat hy aan Cillers voorgestel het om 'n gelofte te organiseer. Pretorius het 'n groot kop gekry en Cilliers het vir jare van die gelofte vergeet.

As 'n ou man is hy deur die Engelse verhoor en tot die galg gevonnis omdat hy glo 'n jong Zoeloe aangerand het, so oud as wat hy was! Die Engelse kon nie die Zoeloes onder hulle juk bring nie en het Hans Dons daarvoor verkwalik. Die hangtou het gebreek en hulle het moeite gehad om 'n ander laksman te kry. Toe sy nek uiteindelik breek, het 'n wit kraai oor 'n reuse Xoeloe mag (groter as by Bloedrivier) van Panda gevlieg wat op pad was om hom te ontset. Bloed sou vloei soos nooit te vore nie. Hulle het omgedraai omdat in hulle kultuur jy onmiddelik moes ophou waarmee jy besig was sodra 'n wit kraai oor jou vlieg. Hy het dus sy bynaam gestand gehou tot na sy dood.

Mooi loop
At
4 jaar 2 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


Ek klap sommer hardop hande vir hierdie manjifieke artikel / happie Ontluiker!

Vir my is hierdie aanhalings van onskatbare waarde.

Baie dankie vir al die moeite wat gepaard gegaan het met hierdie plasing.

Groete
Willemien
4 jaar 2 maande 2 weke 7 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar