Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met hierdie Aardskudding wat vandag - 2014-08-05 om 13h23 oor groot dele van die land gevoel is, kan ek net die volgende verduideliking en inligting gee.

Neem enige gemiddelde lemoen in jou hand.
Neem aan dit is die Aardbol
Hoe diep is die diepste myn in die land?

Neem ‘n speld en druk dit in die lemoen.
Pasop, moenie deur die kleur gaan nie.
Die diepste myn in die land is nie eers so diep nie. Dit gee jou die versekering dat mynbedrywighede nie Aardskuddings kan veroorsaak nie – hulle werksaamhede is in verhouding met die Aarde se grote - niks.

Aardbewings word veroorsaak deur die beweging van die aarde se tektoniese plate. Dit is baie, kilometers, dieper as die myne en het ook ‘n baie groter omvang as ‘n rotsstorting in ‘n myn.

Hierdie verskuiwing van Aardplate kan wel ‘n invloed en lewensverlies in myne veroorsaak maar die skade en lewensverlies bo-op die Aarde en aan geboue en strukture, het ‘n veel groter effek as binne die myn.

Georganiseerde mynbou het velerlei rots-versterkings maatreëls maar die mens en sy organisasie en reëls is nietig en klein teen Moeder Aarde se bewegings.

Die myn rotte – swartes wat onwettig onder in ou myne agter kabels en staal aan dolwe, loop ernstige gevaar. Hulle werk sorgloos sonder bestutting en niemand sal weet as hulle toeval nie.

Wat veroorsaak dat tektoniese Aardplate skuif?

Ek is nie ‘n Geofisikus nie maar in my domgeit reken ek dat die honderde aktiewe vulkane wat aanhoudend uitspoeg – en dit is beslis ‘n noemenswaardige hoeveelheid materiaal wat vanuit die binnekant na buite uitgegooi word, moet een of ander vakuum veroorsaak en dit mag dalk opgevolg word deur die verskuiwing van Aardplate net om balans weer te herstel.
Daar is talle ander oorsake en redes vir hierdie verskuiwings en die mens, asook alle ander Skeppings, staan weerloos en naak teenoor hierdie magtighede.

Willie F
2014/08/05



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Bewe-lings
Baie lekker gelees dankie!

Daar is 'n nuwe teorie dat die hidrolise frakturings proses wat gebruik word om gas uit broos rots uit te kry veroorsaak baie gelokaliseerde aardbewings van ongeveer 3.0 op die richterskaal.

http://www.theguardian.com/environment/2014/jul/03/oklahoma-earthquakes-fracking-waste-water-wells

Soos ek verstaan is 3.0 nie die ergste nie, maar as jy naby so 'n put bly en jy skud so baie sal jy seker erg omgekrap wees.

5 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud


Aardskuddings
Ek het my eie teorie waarom daar aardskuddings is, maar niemand stel in my teorie belang nie.

Baie lekker gelees.
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 7 ure oud


Aardbewings
Gelukkig het ons niks hier op Durnacol gevoel nie. Ek onthou egter baie goed hoe ek 45 jaar gelede daar in die bioskoop gevoel het toe die aarbewing Tulbach en omliggende streke getref het.
Dankie vir die interessante vertelling.
5 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


DANKIE SNEEUWOLF

. . . . ek voel sommer nou weer OK

ek't gedog dis die einde van my skaduwee op hierdie planeet

eers dog ek 'n spook ruk my stoel heen en weer;
toe dog ek dat my sin vir balans is besig om deurmekaar te raak;
toe sien ek die boekrakke skud en goed val af,
toe weet ek dit is 'n aardskudding
5 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


aardbewings
ons het dit tot hier in Kroonstad gevoel en het ons n helse skrik op die lyf gejaag
5 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Aardbewings en die Mynwese
Anria,
Dit was gedurende my laaste Reis skrywe.
Ek het sommer afgesluit.

Ek was nie banmg nie - net verwonderd oor die Grootsheid van die Natuur en hoe klein en weerloos ek as mens is teen die soort van Magte.
Ek het veertienjaar diep in die myn gewerk en sal beslis van daardie rillers uithaal en plaas.
5 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


Saki Maki
Wat ookal die oorsaak was, ek gee nie om nie, al wat ek weet, is dat ek lekker bang was.
Het nog nooit dit ondervind nie.
Dit was anders en ek het nog lank daarna gebewe. (aan die binnekant ook)

5 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar