Titel: Aborsies en vernieteging van ons lewende wesens
Weergawe:
Aantal woorde: 1080
Kere gelees: 3854
Datum gepubliseer: 17 Aug 2006
Die artikel is geskryf op 18 Januarie 2002
Ek lees gister in ons plaaslike koerant . Die volgende opskrif op die voorblad van die advertensieblad. Tref my soos ‘n bom. Kan ek glo wat ek sien?
Die opskrif:
HOPE CLINIC: Aborsies dis wettig.
1---8 weke R390
8--12 weke R550
Ek worstel met my eie gedagtes oor hierdie saak, Dinsdag ‘n week gelede op 8 Januarie 2002 moes ons, ons getroue Boxer hond met die naam “Solita” wat 13 jaar oud was, genadedood laat toedien. Sy was baie siek en ek het dikwels mý trane en hare aan dieselfde snesie afgevee. My man het elke dag nog ‘n dag
uitgestel om haar veeart toe te neem omdat hy ook nie kans gesien het nie, totdat ons naderhand nie meer ‘n keuse gehad het nie. Ons moes in haar groot wakker oë wat nog so graag met die lewe wou voortgaan kyk en ek en my man moes namens haar ‘n besluit neem, dit was ‘n pynlike besluit want ons het ‘n lang pad saam met haar geloop. Saam met haar, haar baba’s versorg en ook in ongelukkige gevalle van die baba’s wat gebreklik gebore was, genadedood op laat toepas deur ‘n veearts.
Hierdie berig ruk aan my hart, vir so min as R390 kan jy deur “ ʼn dokter” jou baba se liggaampie stuk, stuk uit jou liggaam laat skeur. Hoe verskiklik, hoe wreed en gevoelloos?. Omdat jy so onseker oor jouself en jou toekoms , sό ‘n pynlike besluit geneem het?. Is geld voorwaar alles vir hierdie dokters? Of is dit ‘n verpligting wat hulle opgelê is deur die Suid Afrikaanse gesondheidsdiens? Kan geld vergoed? Kan dit die pyn stil in een se hart en ‘n ander se lewe aboteer en ‘n ander verryk omdat daar so baie daarvan uitgevoer word?
Ek het nooit geglo ek sou in my lewe hierdie wreedhied beleef nie. Tog is daar gevalle wat dit regverdig soos byvoorbeeld verkragting, ‘n siektetoestand van die moeder wat haar lewe bedreig. Sommige mense wil self finansies vir ‘n verskoning
gebruik. Die Bybel leer ons tog dat God vir ons sorg, waar is ons Christene se geloof? Is dit voorwaar minder as ‘n mosterdsaad? Ek luister nog dieselfde dag nuus op die radio. Die volgende berig word uitgesaai. Drie goed geklede mans roof 40 vuur-wapens van ‘n vuurwapenhandelaar in “Golden Ackers” winkelsentrum in Kaapstad.
Niekie se inbel program begin. Ons praat oor die perlemoenstropers aan die kus . “Mense wat weet” bel in, hulle vertel dat daar “bendes” is wat so groot is dat hulle tot 80 persone in die water het om die strooptogte van perlemoen voort te sit.Hulle breek die skulpe oop onder-water en roof die inhoud om te verkoop vir geld, weereens vir “geld”. Dié baba-perlemoen word wreed uit sy skulp “beskermde baarmoeder” geskeur , amper soos ‘n aborsie en word dan versamel. Die “fetusse” of
perlemoen word weer eens die opbrengs van “geld” onwettig maar dit word gedoen.
Die inbellers vertel van die silwer kleur van die “skulp-graftes” as jy diep onder die water kyk kan jy dit waarneem, ‘n silwer skynsel wat vertel van die duisende “skulp aborsies” wat deur ons, die mens gepleeg word. Mense wat duik kan dit nog beter sien. Ek dink baie diep en wonder of die wapenrowers wat 40 wapens gesteel het by Golden Ackers nie dalk ook perlemoenstropers was, wat hulself wou beveilig teen die polisie nie? Wie weet?
Ons mens-babastopers laat nie eens “grafte” na, wat ons ook kan bewus maak van die getalle “aborsies” wat daagliks gedoen word nie. Die oorskot word in die meeste gevalle verbrand. Daar is dus geen silwerskynsel, “grafte” of “rooi ligte” wat aan ons vertel dat “ons spesie” ook “gestroop” word soos die perlemoen nie. In die mens se geval is dit wettig. So kan jy aangaan en hoop dat “mense” sal besef wat ons besig is om te doen. Daar is nog ons Broodbome, jy hoor in dieselfde tyd ook van ” kreef
660 ton” en dan is daar nog ander “vis” en ook “ ivoor” wat gestroop word.
My gedagtes laat my nog nie staan nie en ek dink ook aan die baba’s wat met HIV gebore word. Hulle het nie almal ‘n goeie lewenskwaliteit nie en kos die staat baie meer geld as R390 en R550 Hulle word nie geaboteer omdat hulle besmet is nie en
dit is ook reg so hulle moet versorg word. Baie versorgers vee ook hul eie trane aan dieselfde snesies af, as wat hulle die baba’s se trane afvee, wat deur hulle versorg word. Dikwels is dit nie die kinders se moeder wat die kinders versorg nie want sy is lankal oorlede. Hulle leef van geboorte af met pyn en lyding, hul versorgers moet ook in hul groot ogies kyk wat nog wil voort leef, hul uitgeteerde liggaampies vol pyn versorg, hulle voer en hulle doeke omruil. My hart gaan ook uit na hierdie versorgers wat soveel krag ontvang om hulle self opgelegde taak met soveel deernis en toewyding te doen. Ek sou nooit hierdie werk kon doen nie.
Die polisie snuffel dikwels die “ perlemoenstropers” uit, maar “aborsies” is wettig en dus in ons regstelsel is hierdie moorde nie strafbaar nie. Kry ‘n mens ooit rus en berusting as jy so ‘n dwaasheid aanvang? Ek glo nie die moeder wat haar kind laat aboteer, kan ooit berusting kry nie. Mag “God” hulle krag gee om hierdie verskriklike daad te verwerk. Sonder berading kan hierdie mense nie alleen hierdeur gaan en heel anderkant uitkom nie. Ek het ook deernis vir hulle.
Ons leef in ‘n siek land vol gewerld, misdaad, verkragting en moord . Hoe gaan God ons ooit vergewe vir al hierdie misdrywe wat gemik is teen die lewende wesens op ons planeet? Hoe gaan God ons vergewe vir hierdie “sogenaamde wettige” moorde waarmee ons ook wegkom???……………..
Deur: Christal
2006/03/25
NS. Nuusberig oor radio op 17 Maart 2006 die volgende
Daar word beweer dat daar in jaar 2004 alleen 82 600 wettige aborsies plaasgevind het.(dan is die onwettige’s in agterstrate) nog nie eens bygetel nie. Wat ʼn verskiklike skande!!…….
2006/08/17
Vandag is daar oor die nuus bekend gemaak dat die “Dokters vir lewe” dit reggekry het om hierdie wet te laat hersien deur die Regering. Daar is ook aangekondig dat die aborsiewet tot niet verklaar is en dat hierdie wet vir ʼn tydperk van 18 maande nie meer van krag sal wees nie.
Die aborsiewet sal dus eers weer in heroorweging geneem word, en die publieksal ook insette kan lewer. Ek is dankbaar vir vorderig wat gemaak is ten opsigtevan hierdie wet.
Deur Christal
Lees ander artikels deur Christal
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Artikels

deur Johann P. Boshoff
"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog