Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

[Afsluitende gedagtes t.o.v. my artikels oor wat uit ons kinders kan word
en dissipline-maatreëls
]

Inleiding:

Die mens is driegedeel na gees, stoflikheid en siel, en dit ontspreek ongeveer: verstand (kop), doen (hand), en gevoel (hart). Die drie elemente moet mekaar ondersteun; sodoende kan die kind (die mens in elke ouderdom) in 'n uitgebalanseerde toestand kom.

      Speel is die voorbereiding nou vir werk later, wat as „sinvolle doen” beskryf kan word. Werk verlang na (spier-)krag om uitgevoer te word, na verstand om die sin daarvan te begryp, en na die toekomsdroom of geesdrif om die volleinding teë te streef. Aldus kan ons sê dat die kind hom vorentoe droom in die rigting van 'n doel wat hy nog nie kán ken nie. Die sin van sy doen is om te leer doen, graag doen as dit moontlik is. Moderne lewe beroof hom van die moontlikheid om met natuurlike dinge om te gaan; dit verlei hom in die versoeking om dinge vir hom te laat doen, deur masjiene byvoorbeeld. Daar meen hy, hy hoef nie „vir die lewe te leer” nie.

      En juis hier is waar ons kan (of moet?) ingryp.

Motoriese vaardighede:

Ook en veral omdat daar soveel tegniese hulpmiddels is, verleer hy onder omstandighede vaardighede wat hy as kleinkind alreeds besit het. Dit kan weer aangeleer word  of vir die eerste keer geleer word  as ons speletjies invoer, waarby die opvoeder saamspeel.

°      Klikkers, potlode, klippies, neute, stokkies, kouse,... met tone optel en weer neersit, in 'n mandjie of boksie of Ma se hand byvoorbeeld.
°      Staande vorentoe kruip met die tone as trekkers; met die tone papier opskeur.
°      Garing- of lynspeletjies met twee hande (plaashek, koppie-en-piering, ens.).
°      Seemansknote bietjie later.
°      Soeksakke of -dosies  met verskillende inhoud (ook ,aaklikes', smeriges,    kleweriges) geblinddoek identifiseer.
°      Balanseer op streep, plank, tou, op ronde skottels; ook boeke op die kop dra.
°      Fietsry  staande, loshand, op saal staan, agteruitry, agterstevoor op fiets trap.
°      Met vingers klei plastiseer, modelleer.
°      Houtvorms met 'n skerp mes uitsny.
°      Popklere, bv, met 'n skêr uitsny.

(Vingervaardigheid wat origens die ontwikkelende denkvermoë van die kind aanspoor.)

Vaardigheid in denke:

Identifiseer, onderskei, kombineer, oordeel. Groot woorde wat vroeg al klein begin. Die kind „dink met sy vingers”, (die heelkleinkind met sy tong) en kom in besit van geestige vaardighede. Met die klein kinders is alles speel, met die groteres, begin hulle al 'n doel te stel, 'n teken waarna hulle kan mik: „Dit kan ek al!” „As ek dít kan, kan ek dáái ook probeer.”

°      Brei  regs en verkeerd, af- en opneem, fluit- of lineaalsak, kous met vers...
°      Hekel.
°      Stik / Kruissteek -- prente, letters, woorde: eie naam, sinspreuke.
°      Naai  lappies aanmekaar, naat, soom...
°      Stop  kouse, trui se ellenboog...

(Die naalde skyn die vorm te hê wat die mens se waarneming of beskouing verskerp en sy denke aanmoedig.)

Hart se krag aanspan:

Die kind se verbeelding (fantasie) word deur beeldagtige verhale aangewakker. Hoe meer beelde of prente ingewerk word en hoe lewendiger dit vertel word, hoe beter stroom die bloed deur die are, oral. Die kind se gelaat en oë straal; dit toon die geesdrif.

°      Stories oor broederlike liefde, in die gesin, onder vriende, gemeensame beleefnisse.
°      Skoolstories, awontuur, kameraadskap, medemenslikheid.
°      Oor hulpvaardigheid, by ongeluk of ander noodgeval.
En:°      Sing, sing, onophoudelik sing  alles: Volks-, wander-, kerk-, Voortrekker-, kindertuin-, skoolliedere (net nie alteveel pop nie)

(„Daar waar mens sing / laat jou gerus neder // Bose mense het geen liedjies nie.”)

Ten slotte:

°      Ons moet na die ouderdom van die kind bepaal watter „oefeninkies” aan die beurt is. Skat altyd waartoe die kind in staat is, of kan wees, en wat in sy ontwikkeling hier en nou van pas is.
°      Die kind wat dit nie kan leer doen nie, het meegemaak of saamgespeel, en het dog 'n begrip, hoe vaag okal, van „wat bedoel is”, of „waarom dit gaan”. (Miskien is hy 'n laat-ontwikkelaar en begryp dit eers jare daarna. Kyk na my resensie van Bal (heuning).)
°      Daar is gebiede wat mekaar oorsny, en dis goed so: Gaan voort met díe deel wat juis nou belangrik is. Sommiges hierbo word in kindertuine en skole en ook terapeuties gebruik.
°      Rig dit as speletjie in  „Ken jy hierdie een al?” „Kom ons kyk wie van ons kan die beste...” „Kabouters het in hierdie sandkas juwele versteek, voetjuwele...” (net nie lekkergoed nie).

      [Na verskyning hiervan, gaan ek wenke en idees wat lesers instuur hier invoeg  ook na jare, want hierdie tema sal nooit ophou nie, en ons moet altyd toekomsgerig wees. Dra dus graag by, al het tyd verbygetrek.]


©.2014................................................. c]:o(٤...|...(o;[>..........................................................tje

Agterna


HUISWERK:
Hart se krag - Lees shakti se gedig ,'n Kind se gedig van die lig' 13e. November  2014

Tafelmaniere - Lees Koekekranka se Artikel ,TAFEL' (projek...) 11e. Januarie 2015

Gedig: Die Wonder  deur Kiran 24e. November 2013  Ek wonder wie het / Die eerste wonder gewonder?

Gedig: Luister en kyk.......Vaalseun : 24e. November 2014  As jy al gewonder het / wanneer die regen sal kom, / Kan jy gerus maar, / luister na Moeder Natuur se wet.  (Krieke, paddas, gys, skilpad, koggelmander, ...)

Gedig: Ai die Waagmoed!  deur Evelyn van der Merwe 25e. Augustus 2015

Kameraadskap: Daar is 'n japaanse kinderverhaaltjie waarin 'n arme klein hasie oor die kaal sneeubedekte veld sig-sag hake slaan om voor die arend te vlug. Maar hy kom en kom nie nader aan die sekerheid van die woudrand nie. Skielik is daar 'n ander hasie aan sy sy, en sy slaan verwarrende hake in 'n ander rigting. Hulle paaie kruis en gaan uitmekaar en kruis weer, tot hulle aan die bosrand gou onder die brombeerbosse inskiet waar dit veilig is. Die gegewens kan verset word in 'n ander land, jarestyd, ens., en moet natuurlik uitgebrei en ingekleur word.

Niks is onmoontlik nie: Die hommel kan nie vlieg nie! As ons die wetenskaplike kennis neem van liggaamsgrote, vlerkgrote, gewig, en 'n klompie ander dinge, kán die hommel nie vlieg nie. Maar die hommel weet nie van al hierdie wetenskaplike wysheid nie... en vlieg ongesteurd verder. "The humble-bee cannot fly" is 'n leersame, grappige gediggie(?) oor banggeit en moed, ook liggelowigheid, vir tieners. Maak 'n eie vertaling.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kinders
Toom dit is n bydrae wat ouers behoort te lees. Hierdie is n uitsonderlike bydrae
5 jaar 5 dae 21 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar