Weergawe: 1
Aantal woorde: 319
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 24 Feb 2012
Elke stansa van die “Ae freslighe” is ‘n kwatryn met sewe lettergrepe per versreël. Die rym in versreëls een en drie rym met drie letters en versreëls twee en vier, rym met twee letters. Die gedig moet met die eerste woord waarmee dit begin het of met die hele eerste versreël daarvan eindig, aangesien Ierse digkuns siklies is.
Hier is ‘n grafiese voorbeeld van hierdie versvorm:
x x x x (x x a)
x x x x x (x b)
x x x x (x x a)
x x x x x (x b)
Leny Roovers se gedig “Undressed” is ‘n goeie voorbeeld van die “Ae freslighe.”
Hier is my pogings tot die “Ae freslighe” in Afrikaans en Engels:
As die lente skielik kom (Ae freslighe)
Dit is of kleur op kleur spring,
in geel, oranje en wit
wat dan skielik string op string
oral op die takke sit.
Wat ‘n eienaardige ding,
as die lente skielik kom
voëls dan orals begin sing
en daar is blomme alom
as die lente liefde bring,
bruis die lewe altemit
op ‘n gelukkige sending,
is daar iets pragtig in dit.
Flowering (Ae freslighe)
Flowering trees stand shaking
as in their branches birds play,
in the morn I am waking
to a sunny kind of day.
It is during times of spring
in nature, I want to stay
to see the flowers rising
before the sun sneaks away.
The blooming does love display;
in this time there is something
that takes all your cares away
when all blossoms are flowering.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.