Titel: Afrikaans is lewendig
Weergawe:
Aantal woorde: 620
Kere gelees: 1451
Datum gepubliseer: 09 Apr 2007
As ek moet oordeel na die sukses van die pas afgelope K.K.N.K. , het Afrikaans niks te vrese nie.Dit was n groot( glo die grootste nog )fees met baie Afrikaans. Daar is gesing, opgevoer, geëet ,geleef, gekoop, geloop en jolyt gehou , alles( of meesal ) in AFRIKAANS.Wat my veral verbaas het, is dat die jeug hulle al meer vreenselwig met Afrikaans. n Groot aantal jonger Afrikaanse sangers soos Pieter Koen, Jakkie Louw,Anton Myburgh Jacques de Coning, Dawid Fourie en Nicholis Louw om maar n paar te noem, het trots in Afrikaans gesing en , het dit met oorgawe gedoen , terwyl die jongklomp, ja en selfs die ouer garde, ewe hard saam gesing het . n Nuwe “bak” manier van “pop”is Afrikaanse popmusiek. Bravo! vir ons jeug wat weer soos vroëer in Afrikaans kan “party.”Dit gee my hoop vir ons toekoms en die toekoms van Afrikaans in hierdie land, waar sy gebore is.
Sommige van die dramatiese opvoerings en verhoog opvoerings soos: Die vrou wat haar man gekook het, Die Beiteljie( n hoorbeeld van radiodramas), Brief van die harlekyn,Die hart se smeltkroes en omtrent al die ander, so hoor ek (het nie self na almal gaan kyk nie) was van die beste wat ek nog gesien het. Selfs kinder-teater het puik werk opgelewer soos onder andere : Die plomp paddatjie en Stories met sterte. .Ons Afrikaanse akteurs staan geensins n tree agteruit vir enige van die sogenaamde “ beroemde groot akteurs” nie. Dit bewys weer dat sekere dinge ook net in Afrikaans met n Afrikaanse klem gesê kan word. In geen ander taal sal dit dieselfde trefkrag hê nie. Dink maar aan die MARATHON GEDIG van ons eie Woes digters waar ons moedertaal so besing word........dit is mooi man...... ons taal is mooi man........feeste in Afrikaans is mooi man.........Ja as julle nou nie omgee dat ek n anglisisme te gebruik nie, kan ek sê: Afrikaans is lewendig en vol lewe . Viva Afrikaans!!!!Hiermee saam wil ek net byvoeg dat daar n goeie dosis
Engels ook was, maar my belangstelling was uitsluitlik by Afrikaans.
Kostelike klein bruin kinders het oral op die terrein gesit met blik kitare en n bedel bakkie, dan sing hulle:” tien sent ,twintig sent, gooi ma in....dis lekkaaaaaa by die kanstafeeees!”So het hulle ewe entoesiasties hulle bydrae gelewer.
Oorgenoeg uitstallings van visuele kunste deur bekende kunstenaars(skilderye, beeldhou ens) was daar ook. Dit was n onbegonne taak om by alles uit te kom wat ek graag sou wou sien en doen.In elkeen van die groot borge se tente of sale is daar regdeur die dag vertonings en optredes gelewer. So was daar die Feeskasteel by Hap en Tap, geborg deur Castle en Hoërskool Oudtshoorn, Die Burger se Tongelos- Tent, Klip- innie-bos, geborg deur Klipdrif. Absa self het n groot area gedek en kosdemonstrasies gedoen....en al hierdie lekker dinge het in Afrikaans gebeur!!!!!Ja, Afrikaners is plesierig voorwaar. Daar was regtig iets vir elke smaak, hetsy filmkuns, sangteater, musiek teater met klasieke musiek, instrumentale musiek, of kontemporêre musiek , dans, drama, komedie ,woordkuns of kinderteater.Die organiseerders en kunstenaars verdien elkeen n groot bos rooi rose . Uitstallers van die derduisende stalletjies oral op die terrein, verdien n laaaaang vakansie....dit was lang ure wat daar gewerk is.Die fees het gewis sy tema as :" n Fees van drome" ten volle waar gemaak, want so is ons land se talent "ontdek, gedeel en gevier."in die voorsitter van die Fees se eie woorde.
Moeg maar dolgelukkig en in my hart verseker dat Afrikaans nog n laaaang paadjie met ons saam gaan stap, kon ek huiswaarts keer en al die onthou soos biltong in my kies kom rondrol.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Johann P. Boshoff
"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog
Groete,
Chris