Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Twee dae terug op Kwêla, as ek my nie misgis nie, was daar ‘n onderhoud met Bok van Blerk, die nuwe Afrikaanse Idol. Wat my diep getref het was die jong man se siening oor Afrikaans in die besonder. Dat hy absoluut glo in wat hy sing, kan nie aan betwyfel word nie. Die jong man het opslae gemaak met sy lied, De La Rey, wat geskryf is met behulp van Sean, gewese Eden sanger en nog ‘n jong Afrikaanse man. Nie net het hy ons laat terugkyk op hoe dinge was in die oorlog nie, maar het stof to nadenke gegee met ook die ander treffers op sy CD.

Wat my bygeval het is dat De la Rey nie sy treffer liedjie was nie, maar wel “Praat nog steeds my taal”. Dit het my hart trots gemaak dat daar nou soveel Afrikaanse talent ontpop het in die laaste paar jaar en nie net jong dames nie maar ook die manne. Ja, smaak verskil en nie almal hou van almal se musiek nie, maar dat dit steeds gebeur in ‘n taal wat my na aan die hart lê maak my as Afrikaanse meisie, baie trots. Selfs die groep Eden, wie se musiek geskryf word deur die Coleske broers is ‘n fees om na te luister. Geen alternative rock nie, maar iets wat mens selfs op ‘n Sondag na kan luister en wat sag op die ore val.

In besonder het hierdie De la Rey baie opslae gemaak in die koerante. Baie se mening is dat dit ‘n uitroep vanaf ons jeug is na ‘n nuwe leier, maar ek glo nie dit is die mening van die skrywers nie. Alhoewel verskillende interpretasies gemaak mag word, moet mens dit vat in die lig as wat dit daargestel is. Ek glo eerlik waar nie hulle het beoog om ‘n rassisme/politiese stryery in die oog gehad nie, maar wel dat hul die verlede herleef en dat die ware held die roem kry wat hom toegekom het baie jare gelede. Ek dink ons moet ophou om diep, duistere betekenisse in almal se werk te soek en dit opvat soos dit geskryf is. Wat is ‘n liedjie dan anders as ‘n gedig met lirieke! Hoe jy ookal daarna kyk dink ek dat die skrywers sukses behaal het met hulle liedjie. Kan hulle verantwoordelik gehou word vir die uiteinde daarvan? Dat Afrikaanse mense pure patriot word, met ‘n bier of brandewyn in die hand dit uit volle bors sing? Nee, ek dink nie dis regverdig nie!

Het enigiemand vir Steve aangevat oor sy Blou Bul liedjie? Nee! Die ander spanne het net hul eie liedjies geskryf en dit het tot gevolg gehad dat daar ‘n warm gees heers oor stadions reg oor die land! Wanneer jy iets skryf, ‘n liedjie, ‘n gedig, ‘n storie, is dit iets wat uit jou hart en uit jou gedagtes kom wat gebore word op die papier. Wat ek dink en skryf is wat ek voel, en soms is daar mense wat met my saamstem en ander dae is daar weer mense wat met my verskil. Dis juis hierdie aspek wat maak dat ek besef hoe uniek elkeen van ons is. Dat jy geregtig is om anders te dink. En ek sal erken dat ek ook Bok van Blerk se CD gekoop het. Die man het regtig ‘n mooi stem, en alhoewel ek eers De la Rey gehoor het, het van sy ander liedjies my ook diep geraak. Afrikaanse musiek is nou ‘n bedryf op sy eie, en ek glo dat dit tot groot hoogtes gaan groei! Solank AFRIKAANSE bloed deur my are pomp sal ek Afrikaanse musiek verslind!

VIVA al die Bok van Blerk’s, al die Steve Hofmeyr’s maar ook al die Karen Zoid’s, Juanita du Plessis’. Solank ons, ons taal het om te sing, laat ons dit dan ten volle bors doen!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek stem so volmondig saam met wat jy hier se!!! well done!!
10 jaar 3 maande 22 ure oud


Afrikaans
Weet nie hoe oud jy is nie, maar toe ek tiener was het ons nie Afrikaans gehad in die oorvloed en kwaliteit wat ons nou het nie. Ek koop deesdae net Afrikaans omdat daar juis baie kwaliteit kunstenaars is.

Wat leiers aanbetref, lewe ons ongelukkig nog in 'n tyd waar ouers eerder wil hê hulle kinders moet besighede begin en vergeet van politiek. Hulle sal nog later uitvind die volstruispolitiek voorspel niks goed vir hulle toekoms nie want politici is juis daar om paaie oop te veg vir die jeug

Neuvoux Alombradios, is die sklagfspreuk wat die jeug nog gaan wakker maak om nie net op musiek en drama gebied hul stempel af te druk nie, maar ook in die politiek, want daarsonder het hulle nie 'n toekoms nie
11 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


Hey jy
Ek merk jou opslag met hierdie stukkie as my vriend!!!
Rosalka, ek plaas later iets op my werfie oor die Stem.
Antjie
12 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud


Bok
Ek het die lietjie net omtrent twee
keer gehoor, dit is vir my ook baie
nostalgies en mooi. Maar soos Johanna
hier onder verduidelik, verstaan ek
ook dat die mense in sommige gevalle
oorboord gaan, in kroee staan van
die gesuiptes op aandag asof dit
hulle volkslied is, en omdat daar
drank betrokke is,is daar ook
wangedrag en dit gee ons as Afrikaner
'n slegte beeld wat na buite uitgestuur
word en dit is vir my in alle opsigte
'sleg'. Nie die lietjie nie, bedoelende
die mense wat hulle so 'lae klas'(as
ek dit so mag noem)gedra.
12 jaar 10 maande 2 weke 19 ure oud


De la Rey
Hallo, ek hou van die lied omdat mens so maklik kan saam sing, dis 'n meesleurende melodie. Natuurlik hou ek ook van die lirieke, maar as ek my kom kry, fluit of neurie .....Groetnis Linnie
12 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar