Titel: Afrikaners en hul humor.
Weergawe: 1
Aantal woorde: 594
Kere gelees: 556
Datum gepubliseer: 25 Aug 2009
Dis sewende laan, oubaas is weer op sy stukke, en……. Stik-donker… weer ons beurt om Eskom se beurtkrag te beleef. Ja, se boetie, eers was dit witmag, toe swart mag, en nou…., geen krag. Pa lag soos `n boer met tandpyn, so suur, gedwonge grunnik, want sien, die duisernis in ons huis is tog glad nie snaak is nie.
Manne, ek deel met u my belewenis van humor in ons taal, en wil jul vandag die versekering gee dat humor `n integrale deel van ons Afrikaner volk se taal geword het. Ja, ons brand nie treine en motor bande as ons ongelukkig is nie, ons kry die situasie onder die tong deur `n grappie te maak, ons skerts oor daaglikse gebeure om van stress ontslae te raak en ons misnoee uit te druk. Dis `n soort “slegse” met `n glimlag.
`n Grappie in ons huis is soos grondboontjie botter en stroop, onafskeidbaar deel van ons daaglikse lewe. Ons Afrikaners wil lag, `n grappie of twee hou ons blymoedig so tussen die hoe rentekoerse, petrol pryse en beurtkrag. Hoe anders sal ons Joost van der Westhuizen en ou Steve se escapades verdedig of Jacob Zuma se mannewalis sluk as dit nie vir `n goeie grappie was nie.
Dis die humor in ons lewens wat die saai lewe die moeite werd maak. My oupa het altyd gese “ lag `n slag, en jou probleme sal wag”. En oupa was `n baie snaakse ou. Sy sin vir humor het elke storie in `n onvergeetlike lewensles verander. Want sien, ek onthou die snaakse dele, die lag maak dit interesant.
Humor is dus baie meer as net om iemand te vermaak met grappies. Dis `n taalvaardigheid om iets snaaks te se, om iemand te vermaak en natuurlik te laat lag. Volgens die advertensie bladjie van een van die selfoon reuse, bestaan 47% van alle SMS boodskappe daagliks uit grappies. Dit geld natuurlik in die internet wereld ook, want sien, byna 48% van Afrikaners se E-pos boodskappe bestaan uit grappies, snaakse fotos, lagwekkende videos of tong in die kies blog webwerf antwoorde. En FaceBook is die deesdae die Afrikaner jeug se humor pallet.
Dink maar self terug aan ons afrikaanse kultuur en sy politiek, met groot name soos Leon Schuster, Evita bezuidenhout, en selfs ou Kaalkop. Al hierdie taal geeste het humor `n integrale deel van ons taal gemaak, met fyn spot en lawwigheid. Die humoristiese aanslag kan wissel van die “tong in die kies” Nataniel, tot die slap-lag, banale “Schucks its Schuster”, albei prikkel die lagspiere met hul woordkeuse van daaglikse nuus gebeure.
En dan is daar die “opvoedkundige” humor, in ons ontspanning. Onwetend gebruik ons humor om ons misnoee met gewoontes en gebruike te kenne te gee, of ten minste daaroor te lag. Boer, skot en Engelsman het ons taalgenote verhewe laat voel, Andy Capp het simpatie betoon vir vrouens met kroegvlieg mans, ou Adoons en “ die blond” grappe tik onnosele optredes oor die vingers. En dit maak baie geld, want ek ken baie mense wat die huisenoot koop net vir die huisgenotjies, en die Rapport se tydskrif gedeelte word beslis eerste gelees. Dan voel ons beter, het nou genoeg krag om die res van die slegte nuus in die koerant aan te durf.
Ja, humor en ons afrikaanse taal is beslis `n siameese tweeling, onafskeidbaar een. Ons kan die politiek van die dag nie verander nie, ons kan maar net hier in die donker sit en lag, en wag dat die krag weer aangaan.
Lees ander artikels deur sooisie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur Johann P. Boshoff
"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog