Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

The South African Law Reform Commission het besluit dat Goeie Vrydag en 25 Desember afgeskaf moet word as Christelike vakansiedae omdat dit ander gelowe aanstoot gee.

Hulle het die voorneme blykbaar in die koerante geadverteer maar was die enigste beswaar teen hierdie voorneme van die ACDP

Daar was blykbaar n maand terug n openbare verhoor maar geen besware, behlwe die ACDP se beswaar, het geen ander besware na vore gekom nie.

Die vraag wat by ons behoort te ontstaan is of ons dit gaan toelaat? Hoe ver gaan ons vertrap word in hierdie land? Hier beleef ons dit nou weer dat standbeelde nou aanstoot gee en het die EFF n Boere oorlog standbeeld aan die brand gesteek met dreigemente dat Paul Kruger se standbeeld verwoes gaan word. Rhodes se standbeeld moet verwyder word.

Hierdie behoort vir ons n ernstige waarskuwing te wees dat alles nou in die stryd gewerp gaan word om die blanke Afrikaner nou finaal van sy wortels af los te skeur en as ons nie beswaar gaan maak teen hierdie afskaffing nie gaan hulle dit deurvoer en wetgewing deur die parlement sit.

Daar is egter n laaste geleentheid wat ons tot einde April het om hierdie kommissie te stop. Ons kan skriftelike besware indien deur briewe teen hierdie voorneme te pos aan die volgende adres: Postnet Suite hash28
P/SAK X5
Elspark
1418

Daar word spesiaal gevra dat daar briewe gerig moet word en nie eposse nie. Vir verdere inligting kan rooies Strauss gekontel word by tel: 0827899550.

Daar word ook spesiaal gevra dat skrywers hulle moet weerhou van enige kommentaar en slegs beswaar moet aanteken







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

afskaffing
Baie dankie Neels, dat jy ons inlig. Dit vorm deel van die groot verdrukking en as ons na Nigerie kyk kan ons net elke dag op ons kniee dankie se dat hier darem nog godsdiensvryheid is. Vir hoe lank weet mens nie.
1 jaar 11 maande 2 weke 4 dae oud


Ano
Afskaffing
Stuur 'n e-pos aan :

handsoffchristianholidays@gmail.com

Dit is vinniger as slakkepos wat in elk geval alweer op 'n staking is. Het jy al gesien hoe lyk die hoofkantoor toegesaai onder posstukke (wat waarskynlik nooit ingehaal sal kan word nie)? Dis 'n stormsee van briewe en pakkies.
1 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 7 ure oud


Ano
Afskaffing
Dis mooi! Gee 'n posadres terwyl daar nie posdienste beskikbaar is nie.
Het nie eens geweet dat hierdie dae afgeskaf gaan word nie. Tog glo ek dat ons as Christene steeds hierdie dae sal vier, ongeag wat die regering se siening daaroor is.
1 jaar 11 maande 3 weke 3 ure oud


AFSKAFFING VAN CHRISTELIKE VAKANSIEDAE
Dis 'n tendens van die eindtye waar alle geloofwaardigheid van ons Hemelse Vader tot in die modder gesleep en verpletter moet word. Die mens dink dat hy sonder sy Verlosser kan klaarkom, maar die mens sal nog uitvind dat Hý nog nie klaar is met die mens nie.
1 jaar 11 maande 3 weke 15 ure oud


Dae
Baie dankie vir die inligting en dat jy ons ingelig hou.
1 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 7 ure oud


Vakansie dae
Baie dankie vir die inligting. Ek het vroeg in Januarie al gehoor dat dit oorweeg word.

Ons "gelowiges" het so bederf geword en mense staan nie meer op vir waarin hulle glo nie. Ons mense het vergeet waarvoor ons voorouers geveg en geglo het.

Ek gaan my briefie pos!
1 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Christelike vakanssiedae
Ek is bewus van hierdie weg neem van wat eie is aan ons Christene. En ja dit gaan beslis nie die God in my hart van my beroof nie. Maar ons sal nou moet saam staan en veg vir dit wat aan ons behoort.
1 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Christen vakansiedae
Dankie vir hierdie inligting Neels.
1 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar