Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

WOES streef daarna om die webblad deurentyd gebruikersvriendelik te hou en aan ons lede ‘n kreatiewe platform te bied waar almal na hartelus kan skryf, dig, gorrel en kommentare lewer. Ons maak vriende en staan mekaar by deur moeilike tye, lag saam oor kwinkslae en grom ook hier en daar, maar darem in ‘n goeie gees.

Die situasie met gebruikers wat meer as een profiel handhaaf versteur egter die vrede en dit is jammer dat van hierdie profiele ander gebruikers in hul skrywes teiken, beledig en kwaadwillig probeer verkleineer. WOES gaan hierdie situasie dus met onmiddellike effek aanspreek.

In hierdie verband, neem asseblief kennis dat WOES se Terme en Voorwaardes verander is en op die webwerf beskikbaar is. Onder op die webwerf is daar ‘n skakel, Webwerf Bepalings & Voorwaardes. Ons doel is om die algemene gebruiker te beskerm teen gebruikers met enkel- / verskeie profiele wat kwaad stook en die webblad deur hul gedrag skade berokken.

Enige gebruiker met meer as een profiel sal per e-pos verwittig word dat sy/haar profiele binne 72 uur verwyder gaan word. Indien enige nuwe gebruikers meer as een profiel skep, sal hulle ook dienooreenkomstig in kennis gestel word.

Baie dankie dat jy hierdie artikel gelees het en ons glo dat jy WOES Bestuur in hierdie saak sal ondersteun om die webblad positief en aangenaam vir al ons gebruikers te hou.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verlore Kommentare
Ja Vossie, soos jy sien hieronder is ook 'n hele paar kommentare weg. Ongelukkig gebeur dit as 'n profiel verwyder word. Dis ook hoekom ons nou eerder "moeilikheidmakers" vroegtydig wil aanspreek; sodat gebruikers se kommentaarstats nie te veel rondgeskommel word nie. Dankie vir jou kommentaar.
8 jaar 5 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


Spokies
Dis 'n positiewe stap in die regte rigting! Soos Bismarck het ek ook 'n paar kommentare verloor na 'n vorige uitvee sessie. ☻
8 jaar 5 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


wordend nakend
Woes Ondersteuning sal jou met die bewyse voorsien.
8 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


Hallo WN
Dankie, maar dis nie nodig nie. Hoop jy het 'n lekker dag. :)
8 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Ek wonder
Was daar ooit so 'n skrywe? Nie wat ek kan onthou nie ...
8 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Kommentare
Geen kommentare word sommer net verwyder nie. Dankie WN, dat jy redelik opgetree het in hierdie geval. Dis juis die rede van my plasing van ons e-posse.
8 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Terugvoer op navraag
Hi WN,

Dankie vir jou spoedige terugvoer.

Mooi aand verder,
Carol :)


--- Oorspronklike boodskap ----
Ontvang : 2012-06-03 22:58:35
Van : wordend nakend
Onderwerp : RE: KB
Boodskap :
--------------------------------

Halo jy,

Toemaar Carol .... verwyder maar my kommentaar met die navrae, as jy wil! Ek sien mos jy is opreg - dan los ons daardie pynlike gorreltjie maar in die verlede? * opreg*
x
WN


--- Oorspronklike boodskap ----
Ontvang : 2012-06-03 22:54:06
Van : Kreatiewe bestuurder
Onderwerp : RE: KB
Boodskap :
--------------------------------

Hallo wordend nakend,

Sal jy asb die titel van jou stuk vir my stuur, sowel as die datum geplaas en die datum waarop dit verwyder is.

Baie dankie,
Carol


-- oorspronklike kommentaar --

Van: wordend nakend
nou wonder ek of my stuk/ek verban sal word , as ek `n ANDER perspektief op die hele meervoudige profiel debat sou probeer gooi? Ek dink aan die onaangenaamheid toe my vrae oor die telling van leserstalle sonder seremonie verwyder is. So iets skep wantroue in die opregtheid van bestuur, want as julle niks het om weg te steek nie ... hoekom `n gorrel skraap wat bloot duidelikheid oor statistiese metodes vra?
8 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


neem kennis
Stem saam. Al verskil mense kan ons steeds n seening vir mekaar wees.
8 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Dubbele Profiele
Stem volkome saam. Hou die webwerf skoon, eerlik en ordentlik. Alle sterkte Willem.
8 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


Skisofrenie
Dis reg so, Woes het nie dubbele persoonlikhede nodig nie. Woes is vir 'n sekere groepering in ons samelewing. Die afkrakers en persoonlike aanvallers moet maar vir hulle 'n ander forum gaan soek asseblief. Hou Woes inspirerend en waarderend vir opregte liefhebbers van die Afrikaanse woord.
8 jaar 5 maande 4 weke oud


Kommentaar
Ja ne. Want ons het mos iemand hier wat dink hy IS Woes. Woes het eintlik geen ander opsie in hierdie saak nie. Dankie vir die goeie verduideliking KB.
8 jaar 5 maande 4 weke 15 ure oud


Alle Woes-lede: Neem asb kennis
Dit is tyd dat aksie geneem word.
8 jaar 5 maande 4 weke 15 ure oud


Nog 'n hmmm
Ek het sopas 'n paar ou plaksels gelees waar sommige siele wat ondertussen hulself verwyder het, of wat deur Woes verwyder moes word, allerlei sotlikhede kwyt geraak het.
In die verwyderingsproses word daar ongelukkig ook van die betrokkenes se kommentare wat hulle op ander lede se plakkerasies gemaak het, verwyder.
Dit is jammer. 'n Leser wat maande later sulke gorrels, rubrieke, gedigte ens te lese kry, moet met 'n heel onvolledige en misleidende beeld tevrede wees.
8 jaar 5 maande 4 weke 20 ure oud


Regstelling
Barend Steenkamp, nie Strydom nie. Jammer, Barend, oor die glips.
8 jaar 5 maande 4 weke 21 ure oud


Rudi
Ek het nogal op die weervoorspelling gewag. Mooiweerplek-plek met stormwinde elders?
8 jaar 5 maande 4 weke 21 ure oud


die weervoorspeling
Bravo.
enige poging word verwelkom.
En ondersteun.
....net nie seker of dit heeltamal verhoed kan word nie...
?
ding n ou soos kakie het vele posadresse,kan meer skep...en seker meer as een rekenaar/selfoon ook.
en waarskynlik n paar reeds geskepte profiele.....
Maar eks bly dat julle nou gaan optree..dis lankal nodig....en sal woes n beter plek vir almal help maak.
8 jaar 5 maande 4 weke 21 ure oud


Kommentare
Dit sal goed wees as ons net weer by die werklike crux van die saak uitkom: die feit dat sekere profiele die webblad gebruik vir hul eie (verskuilde) agenda, naamlik om onmin te skep. Sodanige gedrag kan toegedig word aan enkelprofiele asook multiprofiele. Dit wil voorkom asof multiprofiele meer geneigd is tot negatiewe gedrag, aangesien baie van een “gasheer” se profiele óf onder mekaar begin baklei, óf niksvermoedende gebruikers “en masse” begin teiken. Dit het dus tyd geword om die gebruikers van Woes te beskerm teen sulke gedrag. Indien multiprofiele vreedsaam gebly het, sou daar geen probleem gewees het nie,
Kommentaar op werkstukke: Enige konstruktiewe kommentaar op werkstukke word uiteraard verwelkom. Ek self het al woorde in een van my gedigte verander nadat iemand in die kommentaar voorgestel het dat dit beter sou werk (Barend Strydom): Sien "mEnS oNbEpErk". Dit staan die digter vry om die raad te aan vaar of nie.
Skuilname: Daar is geen probleem met skuilname nie. Sommige mense wil eenvoudig nie hul werklike identiteit bekend maak nie en ons respekteer dit.
Niemand se profiel gaan summier geskrap word nie. Woes Ondersteuning gaan die lede met multiprofiele kontak en soos ek reeds gemeld het, sal bewyse getoon word.
Wordend Nakend: Ek sal uitvind oor jou stuk tov statistiese bydraes en jou persoonlik kontak, aangesien hierdie nie die forum is om dit te bespreek nie. Ons moet eerder by die punt bly en nie afdwaal nie. Jou vrag of jy geskrap gaan word, al dan nie: Woes Ondersteuning sal jou kontak en dan kan jy met hulle kommunikeer. Jy sal nie verban word indien jy ‘n ander perspektief handhaaf nie, slegs as jy een van die gashere tov multiprofiele is.
Baie dankie vir almal se kommentaar en ek glo dat die hele aangeleentheid so spoedig moontlik afgehandel sal word.
8 jaar 5 maande 4 weke 22 ure oud


hmmm
Beste KB
Wonderlike voorneme om die veelvuldige profiele wat enkelinge skep, te verwyder. Alle sukses word julle toegewens!
Ek is egter nie oortuig dat dit veel gaan help om die enkele siele wat hulle daaraan skuldig maak, te ontmoedig nie.
Rede is heel eenvoudig...Onversadigbare drang en behoefte vir aandag. Foeitog!
Ek dink dat die probleem veel vinniger en meer doeltreffend opgelos kan word deur die skuldiges, die SKEPPERS van al die profiele, van die Woesblad te verwyder.
Woes bied 'n wonderlike tuiste aan sovele van ons. Hier waar tande gesny kan word en voornemende skrywers, digters en watse siele ookal, die geleentheid kry om hul pogings aan 'n wyer leserstal bekend te stel en te toets.
NIEMAND het die snert nodig waarmee die multipolêre karikature hulself mee vermaak nie.
Verban die spul!!!
8 jaar 5 maande 4 weke 23 ure oud


Wonder oor my alias
Ek het oor die laaste 5 jaar bekend geword as Ah,Willa!
is my profile in order soos dit is?

Ek het twee jaar terug my email verander na willa@willa.co.za - maar kry nog die emails op vorige email ook. as julle dit kan regstel sal ek dit waardeer ... die vorige e-mail is 'n werks email en op daardie stadium was dit nie 'n probleem nie - maar werk het meer geword en ek hou my digkuns en werk apart.

Ek verstaan nie hoekom mens meer as een profile wil he nie - om wat te bereik??

Woes het my ondersteuning in die saak!

Laat my net weet as ek iets moet aanpas op my profiel - ek wil nie liggies verwyder word nie.

Ah,Willa! alias Willa Truter
8 jaar 5 maande 4 weke 23 ure oud


Kommentaar
Nietemin glo ek dis die regte ding dat mense verhoed moet word om met hulself op woes te praat. Praat by jou huis met jouself! Nie op woes nie!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Kommentaar
Ek dink daar is kunstenaars wat met rede hul name en gesigte wil weerhou. Dit sal jammer wees as mense gedwing word om foto's te laai. Wat van arm mense sonder kamera's?
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 2 ure oud


Skuilname..en
Ek glo nie skuilname of profiel foto's het enigiets met hierdie saak te doen nie. Dis my keuse, en ek verkies om nie my foto te laai nie.
Ek het vier maande gelede hier aangesluit, en behalwe vir n paar gawe en opregte skrywers, is hier hopeloos teveel afguns en gestryery.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


Uhmmmm
Baie goed...Moet seker die bosse verwyder waar mense skuil en skree, sodat hy op die platform kan staan en sy mening kan huldig.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 5 ure oud


Spookstories..
Goeie Genade! Ek is die vreemdeling in Jarusalem.... Ek is salig onbewus van al die spookstories wat hier vertel word. Ja, ek sien baie skuilname en gemaskerde foto's en het al meermale gewonder hoekom mense skuilname en foto's van honde of katte of bome of blomme gebruik om te skryf.... Is hulle skaam vir die identiteit?
Nou wonder ek ook hoeveel eerlike kommentaar gaan voortaan gelewer word. Veronderstel nou net kritiek word as kwaadwillig of as beledigend of as afknouery ontvang??? Ek lewer liewers nie kommentaar nie, want mens kan ook nie heel tyd mooi broodjies bak nie!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


Dankie...
Ek het persoonlik al begin twyfel.....weet nie meer wie is die skrywer en wie is sy/haar spieelbeeld nie...nogal scary!
Nietemin, baie dankie!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud


Antwe op vrae
Werner: Soos ek reeds aan jou per e-pos verduidelik het, indien iemand hulle profiel wil (laat) verwyder, moet hulle Woes Ondersteuning kontak. Hulle profiel word dan spoedig verwyder. Lede wat lidmaatskap wil staak, kan my ook kontak en ek sal Woes Ondersteuning daarvan verwittig. Dankie vir jou kommentaar. :)

Wordend Nakend:Soos in my skrywe gestel, sal lede met meer as een profiel deur Woes Ondersteuning gekontak word. Verder, Woes Ondersteuning sal bewyse lewer aan diegene wat sodanige multiprofiele ontken. Eensydige verbannings in die verlede? Wel, ek moet die vraag vra? Hoekom het sodanige verbannings plaasgevind? Dan wil ek ook meld:Hierdie is NOU en 'n verduideliking is verskaf, so ook duidelike kennisgewing. Baie
dankie vir jou kommentaar.

Barend: Barend, wees gerus :) Woes Ondersteuning gaan alle lede met multiprofiele eers kontak alvorens profiele verwyder word.

Hierdie is nie 'n heksejag nie, glo my. Ons wil die hele aangeleentheid so spoedig en skoon as moontlik afhandel - dis hoekom die lede gekontak word voordat die profiele verdwyn.

Baie dankie vir almal se kommentaar en vriendelike betrokkenheid. Ons waardeer dit dat ons almal saam kan werk om WOES gebruikersvriendelik te hou.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


Kommentaar
Ek het in die verlede ander profiele gehad. Ek steun hierdie ontwikkeling. Dit is net jammer, gaan als wat dan geskryf was nou oornag verdwyn? Gaan hierdie profiel met my regte naam ook verdwyn? Nietemin, ek dink dis 'n goeie ding hierdie.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Alle Woes-lede neem asseblief kennis
Dit is 'n baie goeie besluit van 'n vrantwoordelike bestuur. Baie dankie dit gee 'n mens gemoedsrus om te weet daar is wakker oë en ore!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Antwoord vir kreatiewe bestuurder
Is ek naief, of wat? Hoekom het ek nog nooit 'n behoefte gehad om sulke lelike dinge te doen nie?

Watter soort mense put behae daaruit om alles rondom hulle wat ordelik is, te versteur? Is dit mense met 'n diep gesetelde ongelukkigheid? Wil hulle jammer gekry word? Deel liewer die probleem met ons, praat daaroor, of kry hulp elders.

Ag nee wat, man. Kry liewer iets om jou konstruktief mee besig te hou en hou op moles maak. Ag, toe wat.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Kreatiewe Bestuurder se skrywe
Baie dankie - en veels geluk. Daar is skrywers met fantastiese talent op hierdie blad en dit is die moeite werd om hulle en hul werk teen moedswilligheid te beskerm.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Stem
Stem saam!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Dankie
tog! Geseënd is julle en WOES vir hierdie besluit!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Neem asb. kennis
Willem,
Ekstaan saam met jou..
Spyker
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Woes, ons kreatiewe platform vir Afrikaans
Ook my dank aan jou Willem en ook aan Carol. Woes kan van nouaf aan net woester en woester gaan!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Woes
Dankie, Willem en Carol - dis reg so!
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Woes
Dit lyk my tog of Willem wel ore het.
Ore wat kan hoor!
Nou het Woes op die regte pad gedraai na 'n eervolle, volwasse en selfstandige Web blad.
Dankie.
Nou kan Woes net beter en beter uitstyg bo die hoogtes wat hy alreeds bereik het.
Haal die spoke af!!
As ek my gesig kan wys, moet elkeen wat wil deel in die plesier em genot van WOES sy gesig kan wys.
Ek sal aanhou streef na daardie punt.

Verstaan die skrywers nie.
NIEMAND sal 'n spook se werke koop nie.
Die vraag is altyd:
WIE is hierdie pragtige skrywer?

Dankie aan Woes se Bestuur
Willie van Tonder

8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar