Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie artikel sal seker net deur mense gelees word wat sukkel om die antwoord te kry op; "Hoe hoor ek die stem van die Here?" Dan sal daar ook die nuuskieriges wees en die wat reeds die antwoord het.

Wel, ek hoop dat dit wat ek met u wil deel, iets ook van my eie ervaring sal oopmaak en dat daar iemand is, wat wel die artikel insiggewend sal vind.

(Ek gebruik net die Ou Vertaling van 1953)

Die hele Bybel is vol met ervarings van mense wat met God ondervindings gehad het. Hier volg 'n voorbeeld:
i) Die mens wat met God gewandel het      : Genesis 3: 8
      "En hulle het die stem van die Here God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die
      aandwindjie..."
Hier was twee mense wat die Here God geken het, van aangesig tot aangesig. Dit was 'n ritueel vir God om elke aand, in die aandwindjie, met hulle te wandel en "goddelike" woorde met hulle te spreek. Toe gebeur die aakligste ding op aarde: die mens kom tot 'n val en die verhouding tussen God en mens word geskei. Dis amper asof die "tuin van Eden" die gemeenskapsaal was tussen mens en God. Toe God die tuin "sluit"en die engele voor die poorte plaas, was dit nie meer so eenvoudig om met God te kon praat nie. Vandag nog, praat ons van die "muur" tussen my en God.

Vraag: Hoe breek ek die "muur" tussen my en God af, om Sy stem te kan hoor?

Antwoord:
Ons moet bid, want volgens II Kor. 10:3-5 is ons almal mense met 'n sondige natuur en wandel ons vleeslik, maar ons moet die "wapens" volgens Efes. 6, opneem en dit gebruik om oorwinning te behaal.

Ons kan slegs vestings neerwerp deur in diep gebed met God te verkeer en opreg te wees met wat ons nodig het.

Ervaring: Ek glo dat daar baie getuienisse daar buite is. Mense wat self ook al ervarings gehad het van "gebed en antwoord".

Ons is in 1981 getroud, het in 'n klein woonstelletjie ingetrek en was maar baie arm. In daardie dae was dit nog verpligtend om 'n Derde-Partyskyfie op die kar se voorrruit te vertoon. Die skyfie moet voor 1 Maart op wees, of jy is onderheweig aan 'n boete.

Dis twee dae voor die spertyd en ek en my man is angsbevange, want ons het nie veertig rand nie en niemand weet in watter krisis ons is nie. Ons besluit toe om dit 'n gebedsaak te maak en ons vra God om die geld te voorsien. Daardie aand kom ons van die werk af; gaan kerkdiens toe soos gewoonlik en steeds vertel ons vir niemand van ons probleem nie.

Ons kom na twee die oggend eers by die huis en ek sukkel om die deur oop te kry. Uiteindelik stoot ek die deur hard oop en hier le veertig rand voor my oe. Ons het God net geprys en ons kon betyds die Derde-Partyskyfie opsit.
Ek glo daar is krag in gebed. Probeer dit.

In my volgende artikel sal ek weer 'n voorbeeld gee.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gebed
Ek herhaal Arnold:
"Die mens wik en weeg, maar ons
Hemelse Vader Beskik"
3 jaar 11 maande 1 week 10 ure oud


Ano
Gebed
Ek glo natuurlik dat God ALLE gebede beantwoord. Ons sien, of hoor dit nie altyd raak nie. En die antwoord is natuurlik ook nie altyd wat ons graag sou wou he nie, maar eerder dit wat ons nodig het. Soms moet ons 'n bietjie geduld gebruik, of partymaal die versoek verander. :-D
3 jaar 11 maande 1 week 1 dag 14 ure oud


Gebedsverhoring
Dankie Moekie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons deel.. die krag van 'n opregte gebed kan nooit genoeg vertel word nie en ons prys Hom vir uitkoms en gebedsverhoring!
3 jaar 11 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


naam

tot en met 1994 was almal mislei met die naam GOD in plaas van YHVH,
MAAR na 1994 is ons almal attent gemaak om nie die eer aan daardie naam te gee nie: Joh 5:43 Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
3 jaar 11 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


Gebed
Ek glo ook dat Hy hoor en verhoor. Ons kan mos vandag weer direk na Hom toe kom omdat Jesus die middelmuur van skeiding vir ons afgebreek het (Efesiërs 2:14;Heb 4:15,16). En baie dankie vir die deel hiervan, Moekie. Ek sien uit na die volgende aflewering.
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Antwoord God nog gebed?
Die mens wik en weeg, maar ons hemel se Vader beskik.
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 5 ure oud


gebed
Moekie God antwoord altyd. Soms nie soos ons dit wil hê nie en soms neem dit lank maar dan is daar n doel daarmee
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 8 ure oud


Ja of nee
In julle geval het God julle met Ja geantwoord.
Maar dis ook moontlik dat Hy Nee sê.
Daar is dit nie dat Hy nie geantwoord het nie, maar dat Hy werklik iets afgeleen het. ('n fiets vir kersfees, 'n pop met honderd klerestukke, 'n ryk vrou,...)
Kan dit wees dat Hy kieskeurig is, en ons wil bybring dat ons nie sulke onnodige goed moet aansamel nie?
Mooi uitmekaargesit.
Ek wag op die opvolg.
GvT
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar