Artikels

Titel: Appeltert

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Appeltert
(Onbekend)

Bestanddele - Tert
1 Blik Tert Appels (Klein)
4 e Botter
1 ½ k Suiker
4 Eiers
1 ½ k Melk
1 ½ k Bruismeel
Knippie Sout
1 ½ t Bakpoeier


Bestanddele - Sous
250 ml Room
1 ½ t Karamel essens
½ k Suiker


Metode Tert
Klits Eiers.
Smelt Botter en Suiker saam.
Meng eiers en botter/suiker mengsel.
Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed.
Sit Appels in pan.
Gooi mengsel oor die appels.
Bak teen 180°C vir 45 minute

Metode Sous
Gooi alle bestanddele in 'n potjie en verhit.
Wees versigtig want die room kook maklik oor.
Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.

Wenk
Vir 'n lekker klam tert voeg nog so 'n koppie room of melk by.
Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir 'n oondpan.




LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar