Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees op ‘n dag van ‘n vrou wat se geloofslewe deur die jare meer soos ‘n vlieër was wat gereeld reguit grond toe gepyl het - en dan moes sy dit weer van vooraf in die lug kry. Ek ken hierdie gevoel... Ek kon so met die “kite” storie myself vereenselwig. Ek sê altyd hierdie “kite” gaan nie vlieg nie.

Ek kon nie verstaan waarom loop ek so ‘n opdraende pad nie, net niks wil reg uitwerk nie. ‘n Rits krisisse het die mat onder my voete uitgeruk. Ek’t so hard probeer om my wêreld te beheer – en al wat ek daarvoor kon wys, was teleurstelling en uitbranding. Alles wat my idee van sekuriteit en sukses was het ek verloor; verhoudings, finansiële stabiliteit ens. Elke keuse wat ek maak, voel vir my soos die verkeerde keuse. Die laaste keer wat ek by my ouers gekuier het was my pa se woorde aan my; “Ek is moeg vir verkeerde besluite my kind” en ek dink, ek ook pappa...

Daar’s party geloofslesse wat ‘n mens net leer as jy swaarkry en twyfel. Ek het my bybel gelees, gereeld gebid, maar dit het gevoel of ek teen die plafon vas bid. Waar op aarde was God, terwyl ek so spartel? Op ‘n dag kom Wally by my met die boodskap: “Take what you got and say thank you I am blessed, then take what you have not got and say thank you for I am blessed. For you have blessed me with such great things Lord. Thank you my Lord” and the Lord replied: “for I have seen you.” Hierdie waarheid het my staande gehou, dat God geweet het waar ek is terwyl, ek glad nie geweet waar Hy is nie. God laat staan nie die werke van Sy hande nie!

Die vrou wat vertel het van haar geloof was soos ‘n vlieër. Kon ook nie vir God hoor nie. In haar soeke skryf sy; “ Ek weet ek moet net meer bid en Bybel lees dan sal sy oukei wees, maar êrens doen ek iets verkeerd – dit werk nie.” Verder skryf sy en dis so waar; ons dink as ons bid en bybel lees (al die regte dinge doen), God sy towerstaffie sal swaai en al ons wense sal vervul word. Eintlik gebruik ons dit as ‘n metode om in beheer van ons lewens te bly! Ek het gedink as ek in beheer is is ek verseker van my sekuriteit. Hoekom doen ons dit, want ons glo in God ja, maar ons vertrou nie op God nie. Ons sal ons probleme vir God gee en net so gou weer terug vat.

My en ander christene se grootste worsteling is. God sê: “My kind, glo jy dat ek goed, getrou en regverdig is nie oor wat Ek doen nie, maar oor wie Ek is?”
Ja, sou beteken dat ek glo God kom al sy beloftes na. Maak nie saak hoe my omstandighede lyk nie of hoe aaklig my situasie is nie. Dit sou beteken ek moet hom vertrou... Die probleem is ek gee wel die probleem vir God, maar vat die probleem net so vinnig terug! En wil dan self iets daar omtrend doen.
Sê ek nee, dat Hy nie getrou is nie. Dat God se Woord nie waar is nie en Sy beloftes nie bestaan nie. Dan is Jesus ook nie my redder nie. Dit maak my lewe ‘n hopelose klug!

Ek kan nie anders as om voor my Skepper te kniel nie en te sê ek gee oor! Help my om ook my “kite” in die lig te hou. Dat ek ook soos ‘n arend kan sweef... Mamma sê altyd laat los laat God. Ek plaas alles opnuut in U hande en gekies om U karakter te vertrou, ongeag wat gebeur. Ongeag die uitkoms is ons Vader in alles situasies onfeilbaar getrou, liefdevol en goed. Ons moet leer om in elke fase van ons lewe weer van vooraf op God te vertrou. God gebruik ons omstandighede om ons meer te leer oor wie Hy is. Ons verhouding verdiep en word sterker, selfs in die slegte tye. Ons kan op Hom vertrou, maak nie saak wat nie!

Sharlom

A3
24 Aug 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Ja my maatjie, was dit nie vir God nie, het die winde van die lewe lankal my vlieer aan flarde geruk!

Baie dankie vir jou insiggewende gedagtes wat jy met ons gedeel het.

Vonnie
8 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


Tel me about it
Ek self voel soos 'n dobbertjie op 'n stormsee maar ek is onwrikbaar oortuig dat ons nie net per ongeluk onstaan het uit primale sop nie en al verskil ek dalk van jou wat my siening van die Godheid betref weet ek ek is nooit net alleen in 'n Godverlate plek nie.
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar