Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Armoede Vanselfsprekend

Hartseer, verdriet en totale hopeloosheid. Dis die verhaal wat jy sien in soveel van die inwonders in Pretoria Wes se oë. Sommige van die inwoners het geen heenkome nie, en bly by die sogenaamde Groendam reg langs die Industriële gebied. Pretoria Wes was voorheen een van die grootste Industriële gebiede, maar toe vele maatskappye hul deure sluit, het baie hul inkomste verloor. Druin pype of selfs publieke badkamers is vir die meeste slaapplek en ‘n dak oor hul kop. Terwyl daar tot drie verskillende families in een klein huisie bly.

‘n Sestien-jarige meisie wat ‘n bed moet deel met haar ouer broer en in dieselfde vertrek as haar ouers in hul woonwa. Geen privaatheid wat ‘n meisie op haar ouderdom so baie nodig het nie. Alles wat vir die alledaagse mens so vanselfsprekend is is vir haar ‘n voorreg. Of die klein seuntjie met die grootste blou ogies wat vir die maatskaplike werker vertel dat sy definisie van ‘n “ryk” mens iemand is wat elke aand eet.

Die feit bly staan dat armoede Suid-Afrika in die gesig staar. Die enigste probleem is dat so baie mense daar onder lei en so baie mense daagliks daarvan hoor, dat mense dit as van self sprekend aanvaar en absoluut niks daaraan doen nie.

Straat bedelaars irreteer die jou, want gee jy geld dan word dit op drank gebruik. Ander op straat maak weer so baie geld, dat hul nie wil ophou bedel nie. Meeste van die mense se hopeloosheid word verdrink deer goedkoop drank, want waarvoor moet hulle lewe. Waarna moet hul uitsien, terwyl hul wonder waar die volgende dag se kos vandaan gaan kom.

As jy vanaand in jou warm bed lê en jou gunstelling Televisie program kyk, dink net vir een oomblik dat daar soveel daarbuite is wat smag na ‘n stukkie brood of selfs net klere.Die lewe van ‘n kerkmuis of selfs nog erger. Daar word nie van jou verwag om elke straat bedelaar geld te gee nie, want dit is totaal en al sinneloos. Maar meeste van ons het ‘n warm baadjie of kombers of selfs net ‘n paar blikkies kos wat daardie mense se lewe vir eendag kan verander.

Die keuse is joune, gaan diè maar net nog ‘n artikel oor armoede wees, of gaan jy kyk of jy ‘n verskil aan iemand se lewe kan maak al is dit net vir een dag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Armoede onder blankes
Dit is 'n feit dat daar net soveel armoede onder blankes as in ander bevolkingsgroepe in SA bestaan, dit was reeds so in die sg. Apartheidsjare. Wat my bekommer is egter dat soveel organisasies wat bestaan om hulp aan behoeftiges te bied, klaarblyklik slegs aan swartes hulp bied. Ek mag verkeerd wees, maar in my verwysingsraamwerk is dit ongelukkig so. Duisende blankes gee elke maand geld aan voedingskemas ens. om kinders in plakkerskampe kos te gee. Ek het omtrent al almal gevra wat ek ken, en niemand weet waar 'n mens betrokke kan raak om jou eie mense te help nie! Dis dalk 'n great idee om sulke webtuistes of kontaknommers te publiseer op 'n forum soos hierdie.
12 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


Skryfstyl
Hi Yolandi, ek het jou artikel geniet, net geweonder hoekom wil jy dit nie 'n politieke kleur gee nie.

Blanke ou mense wat oor die volgende 10 jaar gaan aftree staar 'n krisis in die gesig en selfs lsommige proffesionele persone wat voorheen werk gehad het, het nie 'n inkomste om mee af te tree nie.

Dalk lyk die idee van 'n volkstaat oor tien jaar glad nie meer so slegte idee nie. Rk het voorheen gedink mense wat net daaroor praat is mal, maar voel nou mens moet dit weer oorweeg.

Coenraad
13 jaar 7 maande 2 weke 1 uur oud


Hi Yolandi,
Lees asb my atikel oor MENSE, ok?

Jou skryfstuk is "great" en "meaningful", maar sommige van ons het miskien ietwat "sinies gegaan" as gevolg van niks anders nie - as bloot gewone dag-tot-dag bestaan.

Baie sterkte vir jou,
C.W.
13 jaar 8 maande 1 week 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar