Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ars longa, vita brevis is 'n Latynse vertaling van 'n aforisme (kort, bondige gesegde) of spreekwoord uit die oorspronklike Grieks en beteken: kuns is lank, die lewe is kort.

Met die eerste oogopslag wil mens die romantiese betekenis daaraan koppel dat kuns bly bestaan lank nadat die kunstenaar die tydelike met die ewige verwissel het of dat kuns uiteindelik groter as die kunstenaar self is. Hierdie woorde roep sentimentele beelde van wroegende kunstenaars op wat begeesterd agter hul esels staan en skilder, digters en skrywers wat pen in hand moedeloos langs ‘n flikkerende kers oor hul skryfwerk tob en musikante wat verlore op straathoeke staan en speel.

Hierdie siening is egter nie heeltemal akkuraat in die konteks van bogenoemde gesegde nie. Hippokrates, die befaamde antieke Griekse medikus, het hierdie woorde die lig laat sien en spesifiek verwys na “tegniek” of “vaardigheid,” eerder as om slegs te dui op die “skone kunste.” Sy bedoeling was eerder: "Daar is so baie om te leer en so min tyd om dit te leer."

In die woorde van Henry Wadsworth Longfellow lê daar baie waarheid; ek haal gedeeltes aan uit sy gedig, “A Psalm of Life” (1839):

Art is long, and Time is fleeting,
And our hearts, though stout and brave,
Still, like muffled drums, are beating
Funeral marches to the grave.

In the world's broad field of battle,
In the bivouac of Life,
Be not like dumb, driven cattle !
Be a hero in the strife !


Wees dapper en soek na meer, streef na meer en bewapen jouself. Bemagtig jouself met die krag van kennis en kundigheid. Bemeester jou taak en vervul jou potensiaal, ontwikkel jou talent en wees bereid om te leer, soos wat ander van jou gaan leer.

Lives of great men all remind us
We can make our lives sublime,
And, departing, leave behind us
Footprints on the sands of time


Dit hang slegs van onsself af of ons spore in hierdie lewe gaan trap, spore wat diep genoeg is om die toets van tyd te weerstaan.

Kuns is lank en die lewe is kort.









 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kortverhale
"...Be a hero in the strife !" sou ek se is die kernboodskap van hierdie insiggewende en welkome oproep. En dan ook beslis 'n sine qua non vir elk kunstenaartipe wat wil uitstyg en 'n sinvolle, betekenisvolle bydrae wil lewer as langdurige nalatenskap. (Dink maar aan ons groot digters van weleer!)
Hartlik dankie vir hierdie pitkos!
7 jaar 4 maande 3 weke 12 ure oud


Lewe en kuns
Ja, Carol...die belangrikste is om jou potensiaal te vervul. Om talente te gebruik. Daar is seker niks mooier as Romantiese idees nie...en vreemd, dit het die toets van tyd deurstaan (sal altyd) ten spyte van sinisme en die snipperende effek van Post-modernisme. Sonder besieling sal niemand tof skryf nie..? Ek's persoonlik ook 'n fan van klassieke idees. Nie om dowe neute 'klassiek' nie - dit survive. Baie dankie vir 'n insiggewende artikel.
7 jaar 5 maande 17 ure oud


Ars Longa
Dankie Carol vir hierdie insiggewende artikel -- was ook lekker om weer 'n paar strofes van 'n klassieke [uit die oude doos?] gedig te lees.
7 jaar 5 maande 1 dag 12 ure oud


Kuns
Die lank en die kort daarvan, so goed deur jou uitgele! Nou is ek geinspireerd en gemotiveerd om te leer, te probeer en te oefen oefen oefen!
7 jaar 5 maande 2 dae 11 ure oud


Ita
ars longa
Baie dankie Carol vir die stukkie vernuf wat jy deel,en so wonderlik die besef dat ek nog elke dag leer en soms dink ek my voetspore is maar lig getrap en vervlietend en dan kom die wonderlike geleentheid hier op Woes waar jy hoor dit lê heelwat dieper en loop soms 'n draai deur iemand se siel!Dan weet jy alles is nie verniet nie en al voel alles soms "brevis" Is dit heelwat "longa" as wat mens besef!Oui c'est la vie!
7 jaar 5 maande 2 dae 16 ure oud


So waar...
dit is absoluut waar! So laat ons aan die werk spring, tyd is min, en ons het nog baie om te se, en te leer! Dankie vir hierdie wonderlike woorde vanoggend!
7 jaar 5 maande 2 dae 17 ure oud


Inspirerend
Nou voel ek so gemotiveerd, ek begin sommer vanoggend met my roman. Netnou vreet die wrms my gedagtes op. :-)
7 jaar 5 maande 2 dae 17 ure oud


Hoor hoor
Mooi gestel - daardie spore wat ons trap. Was dit op die maan was daar nie 'n probleem nie, maar op onse aarde moet jy stewig trap om 'n blywende indruk te maak.
Aan die ander kant, baie van ons skryf net om met ander te deel en omdat ons bietjie met woorde kan toor, nie noodwendig om 'n 'immortal' te word nie.
En die hoor hoor gaan vir die kort en bondigheid van 'n skryfstuk. NIEMAND het 'n 1000 woorde nodig om te verstaan nie.
Ek kyk altyd eerste hoe lank ek sal moet lees. Meer as 500 woorde en ek maak sommer toe. (my groot probleem..... aandagafleibaarheid en verveling, nie 'n tekort aan intelligensie nie)
7 jaar 5 maande 2 dae 18 ure oud


Werner
Daar praat jy nou 'n hele stuk waarheid... dankie daarvoor.
7 jaar 5 maande 3 dae 1 uur oud


Werner
Jy praat waar woorde. Mens moet eerder in jou lewe jou kuns probeer "MAAK", dink jy nie?
7 jaar 5 maande 3 dae 1 uur oud


Met nabetragting ...
Mens moet nooit jou leser se intelligensie onderskat nie ...
7 jaar 5 maande 3 dae 1 uur oud


Vonnie (lag)
Ja, ek moet erken, kort en bondig werk vir my. Versiersuiker en oorbodige woorde vertroebel dikwels die hele boodskap en lei die leser heel op 'n verkeerde pad. Baie dankie vir jou mooi kommentaar. :)
7 jaar 5 maande 3 dae 2 ure oud


Carol
Baie dankie vir hierdie insiggewende en ook kort en bondige stukkie uitlegging van jou, voorwaar tog ook toepaslik op die kunste wat so baie baie openbaar. . .
7 jaar 5 maande 3 dae 2 ure oud



KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar