Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In 1999 het my hele wereld omgekeer en inmekaar gestort.Ek was 24 toe ek vir die eerste keer getroud is.Die huwelik het 6 maande gehou en toe volg die egskeiding.Ek was jonk en kom uit n gebroke familie waar daar nie liefde was nie.My moeder het selfmoord gepleeg en as die oudtste seun het dit my hard getref.Na my egskeiding het ek my werk verloor en my familie wou my nie ondersteun nie.Ek het nie geweet wat om te doen nie.Ek was eweskielik haweloos.Ek het R1500-00 op my gehad en besluit om Durban toe te gaan.Ek het in die goedkoopste hotel gebly wat toe R40-00 n nag was.Toe die geld op was wou ek selfmoord pleeg en in die see verdrink.God het daardie aand iemand op my pad gestuur wat my vertel het van n plek wat mense help om weer op die been te kom.Dit was "The Ark Christian ministries",hulle het in die jaar 2000 toe agter 750 haweloses in Durban omgesien.Vir iemand wat nie gewoond was aan swaarkry nie was dit hel.Ek het totaal en al alleen gevoel en was verskrik en moedeloos;maar God was elke dag by my en ek het Jesus Christus begin leer ken uit daardie swaarkry dae.My hart het in stukke gebreek om die pyn en lyding van ander mense raak te sien en te besef dat dit nie net ek is wat ly nie.Ek het die Here in my lewe gekry daar en dit is al wat tel.Ek was gedwing om op my kniee te gaan en net daar het die Here my versterk.

Tans is ek al weer deur nog n egskeiding en daarna deur 37 ander hawelose tuistes,waar ek gewoon het vir kort tye.

Al wat ek vir die man/publiek daarbuite wil laat weet is:As jy nog nooit haweloos was nie;bid net dat dit jou nie oor kom nie.Dit is hel om te sien hoe hawelose mense behandel/mishandel word veral in plekke soos shelters of missions wat aanbied om die hawelose te akkomodeer.Jy moet as hierdie organisasies se slawe vir hulle werk,en dan ondervoed hulle nog die mense.

As u nog nooit haweloos was nie;bid dan tot God en se dankie vir wat jy besit en wat jy het en dankie vir jou huis.Glo my maar,ek kan 2 weke sit en n boek skryf oor die tipe lewe,wanneer jy alles verloor en die lewe daarna.Dit is nie n Fee-verhaal nie...Mag ons elke dag dankbaar wees vir wat ons het.Amen...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Haweloos
Ek kry trane in my oe met hierdie artikel. Ek dink nie enige iemand sal dit regtig verstaan as hy nie self daar was nie.

Wend jou ervarings aan om goed te doen. Ja, deel die sleg met ons, maar gaan verder en deel die goeie ook.

Moet nooit moed verloor nie!
6 jaar 4 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


Hawe
Was nog nie daar nie en glo dit sal nooit gebeur nie. Alles wat in mens se lewe gebeur is die gevolg van een of ander besluit. Jy moet jou boek skryf,almal sal iets daaruit kan leer.
6 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Ano
Haweloos
Soms verf die lewe jou heel onverwags in 'n hoek vas. Ek hoop dat die muurtjie agter jou laag genoeg sal wees om daaroor te klim en uit die penarie te kom. Sterkte met jou reis.
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


Haweloos
Ek hoor
Ek het Empatie
Ek voel saam
Maar:
WERK is nie skande nie!
En hier lê die probleem; Die lot van daai mense het nie 'n liefde vir werk nie.
In Australië pas die man 'n parker area op. Tel gemors op, vee met besem, verf die strepe en hy het 'n huis met vrou en kinders!

Ek is my lewe lank met "opheffing" besig.
Stank vir dank! Geen hawelose wil 'n hawe hê nie. Hy is heppie soos hy is en wil loop waar daar 'n pad is.

Ek geniet die hawelose lotte egter, want ek kry my stories uit hulle kleurvolle lewens uit.

Maar . . . daar is twee kante aan elke storie en glo maar vir my, selfs die Here sukkel sy gat af om van hulle op die spoor te hou !

My wense is dat jy hier op Woes gelukkig sal wees.
Vertel jou stories - ek weet jy het baie en ek hou van jou skryf manier.
Los die negatiewe
Jy het meer sports in die lewe as trane - ek weet dit.
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar