Artikels

Titel: As 2010 eers verby is....

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ongeag die opgewondenheid oor 2010 se voorspelde welvaart, volg Suid Afrika na 20 jaar, (en 15 jaar na die nuwe “Nuwe” Suid-Afrika) die wêreld na in die haglike resessie ooit.

Die gevolg is: Banke tree drakonies op ten opsigte van krediet, wat die een likiditeit-kontantvloei krisis na die ander skep. Die skade hierdeur aangerig onder kleiner entrepreneurs is onherroeplik.
Geen sektor in R S A is veilig nie. Kyk byvoorbeeld wat het gebeur by SA Lugdiens, SAUK, Transnet , Eskom en Krygkor
Almal se Bestuurshoofde is in die pad gesteek. Die een reuse instelling is vrotter as die ander.

Staatskuld staan reeds op 41% van die BBP en sal hoogs waarskynlik in 2011-2012 na 50% toe skuif, waarsku mnr. Jack Loubser die parlement se komitee van finansies.
Ons saamgestelde belasting is reeds 32% van BBP – vergeleke met ander middel-inkomste lande se 18%.
Hoe vêr kan dit nog realisties styg?
Is die SAID se inkomste vir die jaar nie ook ± R80 Miljard (of te wel
R80 000 000 000.00) minder as begroot nie, of het ek (hopelik) skeef gehoor?

Beleggers. Ontsparing deur gewone mense is onvermydelik.
Beleggers kyk (vlug) met vrees weg oor koste van onder andere elektrisiteit, tekort aan vaardighede, ens. Dit is onlangs by die D T I se kongres onder groot kritiek bekend gemaak.
Natuurlik is onder- korporaal Julius Malema se nasionaliserings praatjies ook ‘n “bydrae tot die konkoksie wat beleggers laat “gril” Hoekom dra die pers so graag sy negatiewe boodskappe oor?

Rassisme. Alles wat nie die ANC en sy trawante pas nie, is RASSISTIES.
Regter John Motata sê, (nogal in die Pers!) : “Dit wás die wit man se land, nie meer nie.”
Dit het natuurlik niks met rassisme te make nie, maar omdat hy onder verdagte omstandighede ‘n wit man se muur poer des merdes gery het met sy Jaguar en die persoon daaroor ontevrede is, is die Regter se slagoffer ’n rassis.

Om die huis. Die Plaaslike Owerhede van ‘n dorp of stad is die enjin vir ekonomiese groei en veral werkskepping in elke dorp en streek.
Werkskepping bewerkstellig laer misdaad en vrede vir almal.
Munisipaliteite is ook die enigste en belangrikste staats-owerheid wat 6%+ groei kan skep vir sy omgewing deur sinvolle bestuur en ekonomiese groei te stimuleer.
Om dorps ontwikkelinge, die skepper van welvaart en werksgeleentheid te skel as water byvoorbeeld opraak, is om die gans wat die goue eiers lê se keel af te sny. ‘n Dorps ontwikkelingsproses het ‘n looptyd van 5 tot 10 jaar.
Wat het nou geword van 5, 10 en 20 jaar vooruitbeplanning?

‘n Berig, na ondersoek deur ‘n vooraanstaande finansiële tydskrif lees soos volg;

“SUID AFRIKA 2015”

1. Olie pryse styg tot $200 ’n vat, wat chaos in die ekonomie en besigheidsektor veroorsaak.
2. Rente koers beweeg na die vlak van 16%, dit veroorsaak terugnames van eiendom en voertuie. Tien duisende kan hulle huisie verloor.
3. Pryse van produkte, voedsel , klere en voertuie bereik die hoogste vlak sedert die 1970’s
4. Aandele en kontant verloor alle waarde. Dit vernietig voorspoed en aftree drome.
Dit beteken dat miljoene mense in Suid-Afrika hulle bates binne die volgende twee jaar sal sien halveer of nog slegter, selfs sal sien verdwyn

Verskriklike gedagte maar nie onmoontlik nie.

Nou vra ek weer die vraag wat niemand wil beantwoord nie:
“ En dan is 2010 suksesvol verby. Nou is 2015 op pad. Wat gebeur dan?”










Kommentaar

Dit gaan oor Kleur!!!
Die vraag wat jy aan die einde van jou artikel vra dra groot krag op grond van die skrikwekkende statistieke wat dit voorafgegaan het.

Hierdie tipe statistieke sal eendag as aanklag dien voor die bliksems wat my land, my vlag, my lied en my reg om deur my eie regeer te word met ‘n kruisie vir die nasionale party onder my uit verraai het terwyl ek bereid was om te veg en te stry vir die wat na my gaan kom.

En...natuurlik gaan dit oor kleur dit is nie nodig om hierdie stelling te illustreer nie is die wat oral hopeloos faal deurskynend? Dit is juis omdat ons nie die tekortkominge met die kleur wil koppel nie, dat ons is waar ons is en ewig sal wees indien ons nie kleur gefokus raak nie.
2 jaar 6 maande 1 dag 17 ure 1 minuut oud


Ek stem saam met Ta se kind, dit was die witman se land (as Motata dit kan uitdeel moet hy dit ook kan vat). Huidiglik is dit net 'n gemors onder 'n klomp paloekas se wanbestuur, en dit gaan gladnie oor kleur nie maar oor hart en verstand oftewel die tekort aan alby onder die geledere van die wandelende dooies wat in die verlede leef en die toekoms bevark.
2 jaar 6 maande 5 dae 3 ure 9 minute oud



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar