Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar word maklik gesê dat jy jou hande volhet met jou kinders, totdat jy kennis maak met Willie en Suzanne van den Berg wat sopas ‘n eersteling-drieling ryker geword het. Dan besef jy wat dit beteken om letterlik jou hande vol te hê.

Jy sal ver soek om twee trotser mense as Willie en Suzanne te kry. Nie net is hulle trots op die drieling nie, maar ook op mekaar. Willie en Suzanne is albei 30 en onderskeidelik ‘n apteker en ouditeur van beroep.

Milan, Wian en Micke is op 26 Junie 2014 in Kimberley gebore. Alhoewel daar geen komplikasies was nie, moes hulle die volgende paar weke in die intensiewe sorgeenheid deurbring om die ideale gewig te bereik. Ma Suzanne was egter minder gelukkig. As gevolg van ‘n komplikasie moes sy die eerste vyf dae ook in die intensiewe sorgeenheid deurgebring. “Dit was vir my baie moeilik omdat hulle in twee verskillende hospitale was,” vertel Willie ernstig. “Dit was ongelukkig nie die enigste uitdaging nie.”

Met die intrapslag op sy eerste besoek aan die kleintjies is daar gevra hy moet borsmelk bring, aangesien premature babas aanbeveel word om borsmelk en nie formulemelk te drink nie. Hulle is intussen ‘n tipe voeding toegedien, maar die druk op Willie om borsmelk te bring het by die uur meer geword. “Ek het besef ek moet ‘n plan maak en wou eerder ‘n kans vat op iemand anders se borsmelk as wat al drie dalk iets oorkom. Ek het my dilemma op Facebook genoem,” lag hy verleë. “Die reaksie was oorweldigend.”

Suzanne vertel dat Willie die krisis op sy eie hanteer het en dat hy haar eers later daarvan vertel het. “Mans is nie veronderstel om ‘n plan te kan maak met hierdie tipe ding nie en hy het dit sowaar reggekry,” lag sy. “Ek is ongelooflik trots op hom.”

Drie weke later is Micke ontslaan. “Ons was baie bly daaroor, maar het vinnig besef dat dit die volgende uitdaging sou wees. Dit was makliker toe al drie op dieselfde plek was. Ons moes beurte maak om hospitaal toe te gaan of my ma het kom help tydens besoekure.” ‘n Week later is Wian ontslaan en nog ‘n week later Milan. “Nou is dit baie maklik.”

Willie en Suzanne maak ‘n goeie span. “Ons het nie vasgestelde pligte wat elkeen doen nie, ons doen alles saam.”

Suzanne is baie dankbaar vir die ondersteuning van haar werkgewer wat haar toegelaat het om die laaste twee maande van haar swangerskap van die huis af te werk toe die dokter haar aanbeveel het om by die huis te bly. Willie vertel opgewonde van die ondersteuning van die dames by sy werk wat almal meer ondervinding met kinders het as hy en baie tegemoetkomend is.

“Dit was ‘n groot skok toe ons hoor Suzanne verwag ‘n drieling, maar as drie ‘n mens soveel plesier verskaf hoop ek die volgende swangerskap is ook drie,” lag Willie tong-in-die-kies. “Vir eers pak ons die lewe dag-vir-dag en mylpaal-vir-mylpaal aan.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Drieling
Dis 'n pragtige voorbeeld vir ander mense wat kla, net oor een kind, wat hulle besig hou.

Sterkte
5 jaar 9 maande 4 dae 21 ure oud


Ano
Drie
Oe - DRIE!?! Dis nie net 'n handvol nie, maar sommer arms vol. Voorwaar geseende mense :-D en dankie tog vir 'n pappie wat 'n plan kan maak.
5 jaar 9 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


drieling
sterkte vir hulle Carin. Met sulke ouers kan dit net goed gaan
5 jaar 9 maande 1 week 1 dag 5 ure oud


Sjoe!
Twee dapper en gelukkige mense. Dankie vir die deel hiervan.
5 jaar 9 maande 1 week 1 dag 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar