Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wie sal ooit ons kinderstories vergeet van feetjies in kabouter land, wrede drake en pragtige prinsesse….en nou vir die belangrike…die aaklige STIEFMA!

En wat kom dadelik in jou gedagtes op? Die wreedheid en haat en afguns wat die wrede stiefma gehad het. ‘n stigma kleef aan die woord stiefma, dis wat my suster dink. Sy skryf tans ‘n boek daaroor…’n boek oor haar lewe as stiefma. Ek kan nie wag om die proefskrif vêrder te lees nie.

Nou hoekom skryf ek oor iets wat eintlik niks met my te doen het nie? Eintlik is dit wat ek altyd doen, ‘n tiener is ek nie, maar tog wil ek opstaan vir hulle, ‘n stiefma (selfs net ‘n ma) is ek ook nie. Ek skryf hieroor want dit het ‘n veralgemening veroorsaak. En nou gaan mammas van kinders met stiefma’s my weer doodgooi met verwyte ens. maar dalk is dit tyd om terug te staan en weer perspektief op die onderwerp te kry.

Wanneer is ‘n stiefma ‘n stiefma?

Nou wil ek hê die vraag moet bietjie in jou kop rondomtalie. Ons leef nie in ‘n sprokie wêreld nie. Die stories van ouds het gesorg vir wanpersepsie, en min mense is daarvan bewus totdat hulle in ‘n soortgelyke situasie beland. Dan begin mens agterkom dat dit werklik moeilik is om ander mense se kinders groot te maak. Dis ‘n kwessie van my kinders, jou kinders, ons kinders. Drie stelle reëls wat nou toegepas word. ‘n ontwrigting in ‘n huishouding waar daar gewoonlik ‘n mate van normaliteit was. Wat doen mens as jy tugtig in liefde, vermaan omdat jy omgee en al wat jy kry is: jy’s nie my ma nie!

In die storie sou dit onvanpas wees om te sê dit was die wrede ma wat …..ens. want ‘n ma word gesien as iemand sag…iemand tegemoetkomend, ‘n toevlugsoord. Nou wat maak ‘n stiefma anders? Hoekom word sy gebrandmerk?

My oupa het altyd gesê mense is goggas, en ek kon nooit verstaan hoekom hy so negatief kon wees nie. Nou verstaan ek hoekom. Grootmense is monsters en kinders is selfsugtig en ondankbaar. (weer veralgemeen ek) Laat my asb. toe om dit te sê en myself te verduidelik.

Daar is werklik stiefouers wat goed is vir hulle aangenome kinders, maar daar is ook die wat sleg is en wat regtig uit hulle pad uit gaan om daardie aangenome kinders te ontwrig. So ook is daar ouers (veral in egskeidings gevalle) wat wreed is en nie ‘n goeie invloed op die kinders is nie, en daar is TONNE liefdevolle ouers wat hulle kinders ondersteun en liefhet. En hierdie situasie het nie ‘n gelukkige einde nie, hulle kan nie weggetoor word nie. Daar is ook nie antwoorde nie. Dit is maar ‘n ding wat mens alleen moet deurwerk.

Wat vir my die kersie op die koek is, is dat die kinders sielkundiges toe hardloop met hulle stiefma-stigma-storie en weet jy wat sê die sielkundiges? Dat die ouers verkeerd is. In die geval waar ek van praat is dit absolute snert. Hoekom kry kinders versagtende omstandighede? ‘n Leuen is ‘n leuen, mens noem dit nie ‘n oordeelsfout nie! Bedrog is bedrog, nie ‘n bietjie pret nie! Hierdie onderwerpe is nie fases waardeur kinders gaan wat gelos moet word om self uit te woed nie! NEE! Dit is iets wat aandag op gelê moet word! As jy kan lieg kan jy moor! En dit is waar! Hoe kan jy sit en toekyk hoe jy sprankel kind ontaard in ‘n krimineel? Hoe kan sielkundiges sulke gedrag goedpraat? Kinders teken prentjies om te sê hoe hulle voel, maar kom ons wees realisties, toe my pa my pakslae gegee het, glo my was hy nie baie gewild in my oë nie. As my ma my iets geweier het, was sy nie my superheld nie. So wat nou as albei ouers raas, wanneer dit nodig is, en die een is nogal ‘n stief ouer? Gaan sy na een van hulle toe hardloop? Gaan sy mooi prentjies teken van hulle? Nee, want sy is nog kwaad omdat hulle haar op die regte pad wil help, sy is kwaad want sy voel sy het niks verkeerd gedoen nie, sy is kwaad want die sielkundige sê dis ‘n groeifase!

Ja mense, die oumense sê trou is nie perde koop nie. Wat is kind grootmaak dan? Wat is stiefma wees dan? Soos my sussie sê, sy’s nie ‘n stiefma nie, SY is ‘n liefde-opvoeder…..wat se tipe ouer is jy en watter stigma kleef aan jou? Dis ‘n retoriese vraag…vir ons jonges…wat se ouer gaan jy word… ek ril by die gedagte



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar