Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het pas geskryf oor Woollies, lees hierdie een.

Dit is in plek.
Ook net soms. Anders, soos met die skoolboeke, lê dit iewers onder ’n bos weggegooi.
Ummunisering. In-enting. Voorkomend. = Lewensbelangrik.
Maar die middels het berging vereistes. Net dáár ontspring die probleem: Die term is, ‘onopleibaar.’ Die kameel kan na die waterput geneem word, maar maak drink (?)

Wat dan nou?
Daar is ongelukkiges wat nie in die vermoeë is om hulle kindertjies na gespesialiseerde Geneeskundiges te kan neem vir ummuniseering nie. Hulle is maar aangeswese op Staats Klinieke.
Dan ook:
Immunisering is ouderdoms voorskriftelik. Die baba moet op sóveel maande dít kry en op sóveel maande dat.

As sodanig is dit nie ’n probleem nie. Die probleem kom hoe die mense van die kliniek werk met hierdie bakteriese entings en ummuniserings middels.
Die ou volkie het twee baie goeie eienskappe:
Niemand kan verklaar nie, maar sonder horlosie weet hy presies , op die sekonde; dit is nou etenstyd.
Niemand kan verklaar nie, maar sonder horlosie weet hy presies, op die sekonde ( heelparty keer selfs vóٕór die tyd) dit is tjaila tyd.

Of die hoogs sensitiewe middels nog op die rak lê waar die laaste een daarmee gewerk het, saak nie maak nie. Iemand sal dit wel môre of oormôre, (miskien) weer in die yskas sit .

Nou word die babatjie by die Staats Kliniek ‘ge-umminiseer’ – met. . Gestorwe, dooie, nuttelose middels.

Dit is ongelukkig universeel dat beide ouers moet werk om die pot aan die kook te hou. Dit is dan ook die rede waarom kinderversorging ’n volhoubare praktyk geword het. Ouers betaal vir die oppas en versorging van hulle kinders.
Of die versorgers en die toestande waar die kinders versorg word ideaal is, word bevraagteken. Daar is in baie gevalle nie juis veel van ’n keuse nie.
Baie van die versorging instansies is heel oorbevolk met verskillende kulture se kinders saam gegroepeer. Ander ouers is gelukkig en vind iemand wat net vier of vyf oppas – net vir daardie ekstra inkomste.
Die oppasser het nie ’n saak met die kinders se in-entings en gesondheidshantering sake nie.

Kindertjies word ( Teen hoge spoed- laat vir werk) afgelaai:
“Nig Hessie, kyk tog na Boetie, hy lyk bietjie olik.”
Drie dae later word vasgestel dat Boetie masels of waterpokkies of wat ook al onderlede het. Intussen was babatjie (vier maande|) en ander babatjie ( vyf maande) vir drie dae in Boetijie se teenwoordigheid.
Nag breek aan.

Ouma word laat haal. Babatjie moet wegbly van die sorgplek af. Die in kubasie tydperk kan langer as sewe dae wees. Intussen is daar hulp medisyne ingeval babtjie aangesteek het – maar dit neem nie die risiko weg nie.
Ek noem twee ‘aanvaarbare’ kinder siektes. Ek ril net by denke aan ander meer afskuwelike peste.
Die gevolge bly dramaties. Babatjie moet vir ten minste drie weke wegbly van die sorgplek. Wie sorg?

Ons is gelukkig om in die posisie te wees om te help.
Ek het nie die oplossing nie, want die probleem is met ons en dit is onrusbarend.
En daar is geen lig op die horison nie, want:
Die term is: fatalisme
“As ek moet dood, dan moet ek dood.”
Hoe beskaaf mens dit?
Om met “die lampie” te loop is elke jaar ’n gebeurtenis. Wat die “Eed” beteken, word nie verstaan nie, wat wel verstaan word, is die ‘Ma se ete en paartie’ !

Aarde sluk my in – Hemele bedek my!

Willie F van Tonder
2012/09/10





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

briefie
Sien die lewenservaring in hierdie werk! Dit kan geld nie koop!
6 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud


Gevaarlik
Waar wat jy hier uitbeeld. En as jy nog gedoen het wat ek gedoen het, moet 'n mens net bondstaan of hulle ent jou dogtertjie (wat ek aangedring het hulle op die boud moet in-ent om 'n sigbare merk te verhoed)twee keer in,want die ent op die boud word nie aanvaar nie!
7 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


Gevaarlik
Vic , jy is reg, wat maak dit saak?
Tot
Tot dit na jou kant toe kom en jou familie raak.
Dan is daar 'n ontploffing.
7 jaar 2 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


GEVAARLIK
Jy spel dit uit, maar wat kan ek nou sê? Tye het só verander! Mens kan nou nog my pokke-inenting op my arm sien -- na al die jare -- 3 kolletjies, en ek onthou nog daardie brandjeukgevoel met die blasies wat so op die vel staan, was hier in die 1930's...

Ag, nouja, waar val ek nou weer uit?
7 jaar 2 maande 4 weke 2 ure oud


=
Pandemonium! Daar moet 'n oplossing wees, dan nie?!!
7 jaar 2 maande 4 weke 8 ure oud


Genade!
Nie 'n gesonde onderwerp nie, is dit? Eintlik kom alles maar weer neer op opleiding en finansies. Ai tog!
7 jaar 2 maande 4 weke 10 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar