Weergawe: 1
Aantal woorde: 269
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Nov 2011
My skoonseun se ongesteldheid.
Nog besig met sy studies en juis die laaste eksamen vakke, besluit hy om vir ete in te hop by Fruit & Veggies in Centurion.
Die Advokadopere lyk aantreklik, hy koop een en neem dit saam na die eksamen lokaal.
Tydens ʼn breek, eet hy ’n stukkie, en ten spyte van die goeie voorkoms, proe dit nie reg nie en hy gooi die res in die vullisblik.
Binne een uur tree gevolge in.
Maagkrampe wat skrik vir niks nie.
Dit was die rede vir ons vertrek om haar te gaan haal vir die bevalling tuis.
Die nag met my ongeluk het hy nie krag gehad om op te staan nie en, te midde van al die deurmekaarspul met my, jaag hulle met hom ook ongevalle toe en hy word opgeneem in dieselfde hospitaal as ek.
Toetse, foto’s, verslae van sy slukderm, bring beroering in die Eenheid.
Bakterie wat nog nooit voorheen hier gevind is nie, wemel deur sy gestel.
Hy moes vier dae in die hospitaal deurbring en by die huis verder gaan aansterk.
Wat wil ek sê?
Hande,hande,hande...!
Hoe mooi en heerlik daardie vrug of groente ook al lyk – weet dat der duisende hande deur die dag al daaraan gevat het.
Afvee met ’n nat lap help nie!
Was, skrop, skil.
Ek beveel ’n Jik lappie aan voordat jy eers begin skil.
Ek beveel ’n Jik lappie in elke handsak, broeksak, roksak, sysak, enige sak, aan
Daar waar enige vreemde hand gevat het, is daar groot gevaar!
Dit is waaragtig Leeuwêreld daar buite.
Lees ander artikels deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Lorelei
Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.