Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ja ek's bedonderd in my kop, die rusbank het jou bed geword.
Ja ek's bedonderd in my kop, jy't vergeet hoe werk die kettel.
Ja ek's bedonderd in my kop, jy't geen belangstelling daar buitekant.
Ja ek's bedonderd in my kop, jy't vergeet hoe werk 'n pot.
Ja ek's bedonderd in my kop, ek het 'n slaaf geword.

Ja ek's bedonderd in my kop, die tv se remote is taboo vir my.
Ja ek's bedonderd in my kop, as die koppies op die mat rond staan.
Ja ek's bedonderd in my kop, sport interesseer my min.
Ja ek's bedonderd in my kop, die motorfiets is nie my baas.
Ja ek's bedonderd in my kop, omdat ek nie met die motorfiets vêr ente wil ry.

Ja ek's bedonderd in my kop, as ek die bakkie laat regmaak.
Ja ek's bedonderd in my kop, ek is besig om geen persoonlikheid meer te hê.
Ja ek's bedonderd in my kop, ek kan geen van my eie besluite meer neem.
Ja ek's bedonderd in my kop, ek kan mos nie net na ander omsien.
Ja ek's bedonderd in my kop, wat soek ek hier?

Ja ek's bedonderd in my kop, maak jy ooit vir my tee?
Ja ek's bedonderd in my kop, niemand vra wat ek wil doen nie.
Ja ek's bedonderd in my kop, wie sal vra geniet jy dit of wil jy langer bly?
Ja ek's bedonderd in my kop, ek het 'n robot geword!
Ja ek's bedonderd in my kop, ek laat die geboelie toe!

Ja ek's bedonderd in my kop, doen iets vir jouself en ook vir my.
Ja ek's bedonderd in my kop, omdat ek van ander goed hou as jy.
Ja ek's bedonderd in my kop, omdat ek wil hê jy moet help in die huis.
Ja ek's bedonderd in my kop, omdat ek wil hê jy moet belangstel in die tuin.
Ja ek's bedonderd in my kop, want hoe kan ek sê jy is lui.

Ja ek's bedonderd in my kop, ek moet inbeheer wees van alles, behalwe myself!
Ja ek's bedenderd in my kop, ek dog dis gee en ontvang.
Ja ek's bedonderd in my kop, hoe kon ek nie weet dis gee, gee en nogmaals gee nie!
Ja ek's bedonderd in my kop, om ooit iets terug teverwag het.
Ja ek's bedonderd in my kop, ek wonder....

Bedonderd in my kop?
19 September 2008



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bedonerd
Eks is honderd persent bedonderd saam met jou in die wete dis nie ons wat bedonderd is nie
10 jaar 6 maande 4 dae 22 ure oud


bedonderd
is hierdie spesie almal so bedonderd hehehe?
lmga
11 jaar 4 dae 13 ure oud


Bedonderd
Puik wat n ware beeld van baie manne! Dank die Vader ek is bevry van myne, voor ek weer dink aan een vat kom lees ek weer hier! Maak n plan, ek het gestaak, ons mag mos, demokrasie en al daai, dan raak hy bedonnerd in sy kop..m
11 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


In my kop?
Kyk, ek is MAL oor woes se mense. Dis 'n 'back-up system' wat skrik vir niks nie! Di shier waar woeste winde waai...

Ernstig, die meeste van ons was ook al daar. By die bedonnerd-innie-kop-deel. Die vraag is net: wat is daar nog wat dit die moeite werd maak om te bly? Dink mooi, nogal baie.

Die 'cool' deel, ons hoef nie saam met hulle te leef nie (met alle respek aan baie ordentlike mans - wens daar was meer van julle op aarde) ons weet ons KAN sonder mans klaarkom, dis net, dis ons keuse...

Ons moet net sorg dat hulle DIT WEET !
11 jaar 4 maande 1 week 2 dae 19 ure oud


Mel
Behind every beautiful girl there is a dumbass guy who did her wrong, and made her strong!
Mel
11 jaar 4 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Nee goeie genade hoe ken jy my eks man? He he he.

Jou geluk is jou hart. Nie in jou bedonderde kop nie. Sterkte aan jou want ek was daar en girl die gras is baie groener aan die ander kant.

Juenka
11 jaar 4 maande 1 week 3 dae 10 ure oud


Bedonder in my kop
Gonna-lelle-jibsem stuur hom in sy maai!!!!!
11 jaar 4 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Donner hom op sy kop.
11 jaar 4 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


Jip jy is....en jy het die blitse laat klap!
...en hoor jy die magtige dreuning...?

Jy mag maar kwaad wees. Doen iets daaromtrent.
11 jaar 4 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


Alter Ego
Jis maar jy klink soos 'n eggo in my kop, partymaal ...
Seker soos meeste vrouens ...
Jy het dit perfek gestel.
Ek dink ons moet almal saam 'n holiday huis koop en daar gaan wegkruip as ons voel ons doen nou te veel ... Enigste probleem is die huis gaan so groot soos afrika moet wees ...niemand gaan vir lank wegbly nie.
(My man help graag ... as ek bedonderd in my kop raak soos jy dit stel....)
11 jaar 4 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


Antwoord
As jy dit onbepaald wil verduur, is jy bedonnerd in jou kop.

Skop hom onder sy gat.
11 jaar 4 maande 1 week 6 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar