Artikels

Titel: Belangrike Bespreking(GEBEDSKRING)

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Graag wil ek al die Woes skrywers vra om deel te neem aan bogenoemde bespreking
en asseblief ’n mening te lug.

Ek het verlede jaar al reeds vroeg nadat ek by Woes aangesluit het, besef daar is mense wat deurentyd ’n krisis beleef en dit het vir my duidelik geword dat ons hieraan moet aandag gee. Ek het self so ’n krisis deurleef en my gedig met die naam
‘My Beproewing’, die lig laat sien op 2006-09-06. Na baie oorweging het ek met Willem kontak gemaak en dit met hom bespreek.

’n Gebedskring is baie ernstige saak en dit moet met die regte gesindheid benader word. Ons mag nie kleinlik raak en sommer net enige nietigheid gebruik daarvoor nie. Dit is immers ’n gesprek met ‘GOD’ en ons moet dit met die nodige respek en die regte gesindheid benader. Ons vra ook dat God ons die nodige leiding en krag sal gee, en hierdie poging sal seën, anders sal dit nie moontlik wees om ’n sukses daarvan te maak nie. Indien hierdie geleentheid misbruik word, SAL Willem dit onmiddellik verwyder.

Die gedagte is dat ons byvoorbeeld op ’n Dinsdag en Donderdag dan mense se name met hul toestemming kan plaas. Mense wat siek is of enige ernstige krisis beleef, ons kan dan vir hulle bid. Ek is nog nie seker of daar oop gebede geplaas gaan word nie. Miskien kan elkeen in sy eie binnekamer bid. Ons sal dit nog moet uitklaar. Op Maandae word die vorige week se name dan verwyder en ons kan weer nuwe name plaas. Moontlik kan ons ook dan iemand spesifiek vra om op Maandag ’n oop gebed te plaas om die week mee te open. Dit is in ’n neutedop gestel. Hier onder is ’n paar vrae wat jy kan antwoord indien verkies.

Ons moet nou oor die volgende besluit.

1. Is jy ten gunste van so ’n GEBEDSKRING?
2. Glo jy dit sal vir die regte doeleindes aangewend word?
3. Sal jy gebruik maak van hierdie geleentheid?
4. Het jy enige ander voorstel in hierdie verband?

Voel asseblief vry om hierop kommentaar te lewer en insette te lewer. Dit raak almal wat betrokke is by Woes. Baie dankie.
Christal
2007/03/09




Kommentaar

Antwoord aan Lou Costello
Baie dankie Lou Costello vir jou siening ek waardeer dit opreg. Miskien kan ek net aan jou verduidelik waaroor dit gehandel het want dit het lank voor jy hier ingeteken het gebeur. Hier was mense wat baie seer was en wat op die blad van tyt tot tyd sommer by enige, selfs gedig se kommentaar gedeelte gebed geplaas het. Ek het ook soos jy gevoel dat dit nie hier hoort nie maar het die behoefte gesien dat mense 'n plek soek waar daar gebede geplaas kon word. Wat jy hier sien was toe die bespreing rondom 'n gebedsgroep wat gestig sou word. Ons wou seker maak dat dit die regte plek gedoen word en so het die bespreking toe op my blad plaasgevind aangesien dit my voorstel was. Daar is toe ook besluit op so 'n blad wat toe gebore is uit hierdie bespreking. As jy aan die regterkant van die woesblad kyk sal jy die skakel sien wat jou dan ook na daardie blad sal neem. Die opskrif is GNN-Gebedsgroep so kan ek net met trots aan jou sê dat daardie blad ook 'n goeie funksie het. Gaan lees gerus daarop as jy so voel. So het ons dit toe reg gekry om mense wat anders voel as jy ook die kans te gee om hul gebede te doen op 'n geskikte blad wat spesiaal daarvoor bedoel is. Ek is bly jy het hierdie kommentaar gelaat nou kan mense wat soos jy voel ook sien waaroor dit gehandel het. Indien jy nog vrae het in hierdie verband kan jy die webmeester direk kontak by sy eposadres. Mooi aand verder.
4 jaar 2 maande 1 week 5 dae 25 minute oud


gebedskring
Met al my respek- dit is nie iets wat hier hoort nie-daar is duisende ander plekke waar dit meer van pas is.Neem persoonlike kruistogte elders...ko lat ons dig!
4 jaar 2 maande 1 week 5 dae 1 uur oud


Ek kyk terug vandag ....
Liefste mater ek kyk vandag terug na hierdie bydrae en loof en prys die Here vir skrywers soos jy wat met sulke pragtige projekte na vore kom! Hier het jy vir ons almal 'n plekkie gaan help skep waar ons kan gaan neerpen, die versoeke en smekinge / waar ons ander se pyn en laste kan gaan help dra in gebedskring. Waar twee of drie saam vergaar -

My opregte dank dan aan die einde van die jaar waar ek self kan getuig van die krag in die gebedskring wat namens so baie mense die Troon nader!

Seeninge vir julle wonderlike mensies. Komplimente aan die span agter die skerms. Dit is PUIK gedoen en julle kan met reg trots wees daarop!

Mooi loop en laat die geseende lyne rol.
Dankbare Meraaitjie.
4 jaar 5 maande 1 week 17 ure 20 minute oud


Gebedskring
Ek het in die nuusbrief gesê dat ek in middel April 'n aankondiging daaroor sal maak. Hou asseblief tot dan uit aangesien dit iets groter is as oorspronklik beplan.

Enige vrae of voorstelle rondom dit moet na my gestuur word by web@woes.co.za

Ek sien daar word aandag aan die woord "netelig" gegee. Vermy sulke debate op hierdie stadium asseblief.
5 jaar 2 maande 4 dae 8 ure 1 minuut oud


Gebedskring
Eerstens baie dankie aan almal wat insette gegee het oor hierdie netelige saak. Ek waardeer elkeen se inset en dit is van groot waarde vir die blad. Willem het alles in oorweging geneem en die Gebedskring is in wording. Daar is besluit dat hierdie afdeling vir iemand buite Woes gegee gaan word om te behartig. Ek verseker julle dat dit ook vir Willem 'n saak is wat nie ligtelik opgeneem was nie. Hou asseblief net die nuusbrief dop. Dit sal daarin uiteengesit en verduidelik word. Nogmaals dankie vir almal se deelname en laaste maar nie die minste nie Baie dankie aan Willem, wat altyd bereid is om te help waar hy moontlik kan. Ek glo en vertrou dat die ‘Heer se seën’ ook op hierdie Gebedskring sal wees.

Groetnis
Christal
2007/03/13
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 4 ure 33 minute oud


Oor die gebedskring
Christal,
Ek glo die meeste mense sal positief hieroor wees en dit in die regte gesindheid bejeën en gebruik.

Daarom wil ek jou aanmoedig: Gaan voort daarmee!

Ons weet immers gebed verander die wêreld en mense om ons!

Liefde in Jesus
Christo Nel
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 9 ure 57 minute oud


Jax
ek is in
Christal, ek is in, maar iets in jou artikel het my bietjie onstel, naamlik dat ons nie die gebedskring moet gebruik vir iets "neteligs" nie, en dit pla my bietjie, want volgens my, is geen gebed vir God "netelig" nie. Geen gebed is Te groot of TE klein nie! Wat dalk vir jou soos iets simpels lyk is dalk vir daardie persoon 'n krisis! Of hoe?
5 jaar 2 maande 1 week 6 dae 14 ure 49 minute oud


Gebedskring
Ek bid graag saam. Praat uit ondervinding, gebede word verhoor.
Linnie
5 jaar 2 maande 2 weke 15 ure 3 minute oud


Gebedskring
Vra mooi, seblief gee net jou mening,nie kommentaar oor die ander persone se mening nie. Kom ons respekteer mekaar se mening in die verband. Ons standpunte mag ook verskil.Baie dankie vir die groot belangstelling.
5 jaar 2 maande 2 weke 22 ure 15 minute oud


Gebed
Johanna, ons het almal sonde, niemand is volmaak nie, anders sou ons nie aan Jesus se voete gesit het nie, maar Sy gelyke gewees het. Ons bid dan reeds onder die Mejoanboom, sover ek weet het niemand nog na een in hierdie verband vinger gewys nie. Ons kyk maar wat die ander mense se reaksie is, miskien het iemand 'n ander oplossing.Dit is goed jy het hierdie inset gegee ek waardeer dit opreg dit is ook jou standpunt. Mense sal nie verplig wees om te deel daarin nie, dit is elkeen se keuse.Groetnis
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 8 ure 49 minute oud


vingerpes
sorry man, "chritel" moes eintlik "christal" lees!
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 21 ure 26 minute oud


gebed
chritel - goeie idee. miskien 'n klein site (soos grapgat hiernaas) waarop ons kan kliek, dan access en aan mense geleentheid gee om gebedsversoeke te plaas en bydraers se reaksie daarop. hoop jy verstaan wat ek bedoel - as daar 'n plek kan wees vir grapgat, kan daar plek wees vir ons Pappa: after all, soveel bydraes roep Hom tot getuie...hoekom dan nie dinamiese getuienis vir Hom op Sy eie plekkie hierbinne reserveer nie?
Puik idee. Mooi dag
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 21 ure 29 minute oud



Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar