Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek en vrou wil graag 'n verskil maak en ons begin tweedehandse beertjies en speelgoed bymekaar maak om kersfees by die hospitaal te gaan uitdeel.Sondag besluit ons om by Mosselbaai se staatshospitaal 'n draai te maak om solank te kyk hoe dit lyk want ons hoor nie baie kommentaar nie.Entoesiasties stap ons die hospitaal binne en die blanke suster se gesig helder op toe sy hoor van ons belanstelling. Die volgenge 15 min was egter die vinnigste wat ons in die diepste depressie verval het want behalwe dat dit dit 'n bewolktte dag was,behalwe dat daar tralies en 'n wag by die ingang was,behalwe dat daar 'n oorweldigende ervaring van 'n onomkeerbare toestand van verval is.Dit spreek uit die moraal van die suster en haar paar helpers wat 'n onmoontlike taak probeer verrig.Jy hoef nie 'n slim ou te wees om te sien dat daar 'n amper onmoontlike taak is om dinge weer te herstel nie,alles,van 'n te kort aan personeel,'n te kort aan ontsmettingsmiddels,moeders wat op 'n houtbankie langs hulle babas slaap want daar is nie eers 'n matras nie !Die ergste is die besef dat nie 'n R100,000 of 'n halwe miljoen 'humpty dumpty' het van die muur afgeval en niks en niemand
kan hom heel maak nie.Asof dit nie genoeg is nie, en sonder om rassisties te wees,le daar 3 wit ou tannies(rerig oud)elkeen in 'n kinder kamer,iemand wat my ma kon wees en toe my vrou vra:is hulle goed vir jou ?helder die gesiggie op met:O baie goed.
Here,ek sal nie weer 'moan' oor my R2000 se mediese fonds nie.
Gaan brng 'n besoek aan u plaaslike staatshospitaal en laat ons u kommentaar hoor.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek het my vrou vir mediese toetse na die Tygerberg staatshospitaal geneem. Watter verskriklike ondervinding.
Die mense, ek weet nie of dit pasiënte is of leeglêers nie, maar elke beskikbare sit of staanplek is reeds opgeneem. Orals staan skoonmakers; veilig gestut deur 'n besemstok na die massas om hulle en kyk. Orals is plakkate wat almal aansê om hulle hande te was na die toilet, maar die probleem daar is geen toilet nie. Die toilette wat ek gesien het is met 'n groot, blink hangslot toegesluit. O,ja daar was nog een... sonder 'n deur, maar beset met 'n pasiënt wat maar sy kop in sy japon toegedraai het!!!!!!
Dis die hospitaal met die meeste skoonmakers waarvan ek weet, maar ook die vuilste. As ek en my vrou vandaar by die huis aankom, is ontsmetting van die liggaam die eerste ding te doen!
Afrika is nie vir sussies nie!!!!!!
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


besoek aan ' staatshospitaal
Selfs met 'n goeie medies kry jy deesdae power behandeling en dis ook nie meer so skoon nie.
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud


Goed geskryf en goed bedoel!
Ek was in Joburg Gen vir 3 maande na 'n ongeluk en het amper 3 keer gesterf agv die omstandighede, as dit nie vir die goeie dokters en die matrone was nie, was ek nie vandag hier nie.....maar die susters en verpleegsters doen nes onderwysers werk wat stank vir dank is, want in ander lande kry hulle baie meer vir wat hul doen teen 100xbeter omstandighede......

JY EN JOU VROU EN ALMAL WAT OMGEE VERDIEN 10 TEDDIEBEER SOENE!

grOEtnIs
hErcULEs sOEthArt
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud


Welcome to Africa...
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 18 ure oud


Jy hoef my niks te vertel oor 'n staats hospitaal nie! My Ma het gedurig geld gevra wat sy aan die verpleegsters betaal om vir haar 'n bietjie water te bring/ bedpan/ haar bedsere te versorg! daai oumense is gelukkig om 'goed versorg' te wees.! Dis ellendig! Jy wil huil!
Ja, daar is die wat 'n verskil probeer maak maar die vervalle geboue maak dit neerdrukkend om net iemand te besoek.
BAIE dankie vir julle omgee!
9 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar