Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vra die sterrekundige of YHVH lukraak is. Hy sal jou vertel dat elke ster met presisie beweeg in sy hemelse pad.

Vra die wetenskaplike of YHVH lukraak is. Hy sal jou vertel dat sy formules en vergelykings vasgestel is, en dat, om die wette van die wetenskap te ignoreer sou 'n dwaas se sotheid wees. As die wette in die materiële realme so vas en presies is, is dit redelik dat YHVH kon bekostig om lukraak te wees in die geestelike realme waar die ewige lot van siele op die spel is? Net soos YHVH vergelykings en reëls het in die materie realme, so het YHVH vergelykings en reëls in die geestelike realme - Billy Graham



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sigma 1 vir jou...
"Jy slurp al die tw@k op wat sogenaamde wetenskaplikes skryf oor die ontstaan van die lewe op aarde en nie twee wetenskaplikes het ooit saamgestem oor die tyd wanneer alles gebeur het nie, en ons wat glo, het spesifieke bewyse en inligting."

Ek slurp lekker. Want weet jy wat? Ek het gesien hoe die atoom gesplit word. Ek het gesien hoe lyk Jupiter en sy mane deur 'n teleskoop. Ek het gesien hoe die skilde op 'n mot se vlerk gepak is deur 'n elektronemikroskoop. Ek het gesien hoe geologies datering werk. Ek het (deur die tv en internet en boeke en middele van kennisverspreiding) gesien hoe die verste planete lyk. Ek het gesien hoe mense loop op die maan.

Watter twak van die wetenskap verstaan jy nie? Weet jy wat die sekerheidsklas van iets moet wees voor dit sigma 6 op die skaal van bevestigde teorie of feit moet wees?

Kyk en geniet... - http://www.dummies.com/how-to/content/the-six-sigma-scale.html

Gebaseer op die informasie wat ons nou het, is daar 'n groot groep mense wat saamstem dat hulle 'n goeie idee het oor hoe lewe op aarde ontstaan het (Abiogenesis)

Moet nie abiogenesis met evolusie verwar nie, dit is twee verskillende dinge.

Maar eerlikwaar. Watter is die mees opregte antwoord?

"Ons weet nie 100% nie, maar ons probeer ons bes om te verstaan en ons kennis daarvan uit te brei tot ons 'n antwoord kry"

OF

"'n Toorman het alles gemaak"

En nog meer, om dit nou relatief te stel met jou ander "feit" wat hy noem. - "Onthou die ape wat met seuns van bonatuurlike wesens vermeng het was eers onlangs."

Watter antwoord hiet geld?

"Ons verstaan hoe die prosesse van evolusie werk"

OF

"'n Toorman se kneg het seks met 'n aap gemaak en dit is nou hoekom ons hier is"

Lesers, besluit maar self.


8 jaar 4 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


wetenskaplik
Aap sonner hart


Die Grootste Wetenskaplike Beedigde Verklaring ooit gemaak is die Verklaring oor die Skepping op Klip geskryf met die vinger van YHVH oor Sy Skepping, en as jy dink jy weet beter wat gebeur het waar Hy betrokke was, dan hoort jy in die LOONIE-BIN.

Jy slurp al die tw@k op wat sogenaamde wetenskaplikes skryf oor die ontstaan van die lewe op aarde en nie twee wetenskaplikes het ooit saamgestem oor die tyd wanneer alles gebeur het nie, en ons wat glo, het spesifieke bewyse en inligting.


Onthou die ape wat met seuns van bonatuurlike wesens vermeng het was eers onlangs.


En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging. Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug. Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword. Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.

8 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


Die wetenskaplike metode
Die wetenskaplike metode is 'n sistematiese manier om kennis te versamel. Dit is gegrond op waarnemings, metings, voorspellings, eksperimente, bevestiging en weerlegging.

Die wetenskaplike metode se belangrikste rol is om seker te maak dat die versamelde kennis vry is van subjektiewe invloede en om foute daarin op te spoor.

Jy pas dit nie toe op jou artikels of rubrieke nie.

(en tog tog tog... moet nou asseblief nie hier kom noem dat jy 'n wetenskaplike is in verband met jou god nie. Dit sal darem nou wragtag die dam onder die eend uitruk)
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


wetenskap
ek is self 'n wetenskaplike
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 17 ure oud


Is ons lekkerbek?
Ooooo nee. Jy kan nie nou hier kom wetenskap wetenskap speel nie.

Jy wil nie luister as daar vir jou gesê word dat daar wetenskaplike feitie is vir sekere goed nie.

So nou spring jy op die wa as jy will substansie gee aan jou uitlatings deur die wetenskap te will gebruik?

Dis lekker om te piek en choose nê?
8 jaar 5 maande oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar