Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jollie Jik Fees - Bloemfontein
Fees Tema: “Vintage tot Nou”
Datum: 21 Maart 2013
Plek: Jim Fouché Hoërskool
Tyd: 09:00 tot laat
Kaartjies: Computicket of enige Checkers winkel asook by Feeskomitee.
Hoofkunstenaars: Sanggroep ADAM

FEES BEGUNSTIGDES:
-      Athalia Uitreik - Bejaarde en Gestremde Versorging
-      Ayden Potgieter - 5 Jarige benodig dringend fondse vir Mediese Versorging
-      El Phizo – Versorg weggooi baba’s.

Kom geniet ’n dag vol gepak met pret en plesier vir die hele gesin by die “Arts & Craft” fees. Kleuter vermaak tot bejaarde se smaak.

Die publiek word genooi om ‘n stukkie outydse nostalgie gemeng met heendaagse vermaak te kom beleef. Kom beleef boeresport gereel deur ATKV-Bloemfontein, skryf ‘n span in en word eienaars van die ATKV Wisseltrofee, Volkspele, outydse motors en trekkers asook Potjiekos Kompetiesie tot die hedendaagse moderne Mej. Jolliejik Tiener, Mnr. & Mej. Jolliejikkie, modevertonings, sterkman kompetisie en liggaamsbou kompetisie.

Musiek vermaak deur Kunstenaars: ADAM : Riëtte van der Watt : Zac Steyn : Francois Jacobs en ander. Kulkunstenaar: Giepie Fees : Dazzling Dance Studio se dansers.

Vir die wyn liefhebber is daar wynuitstallings, wynproe en wynveiling, vir die kunsliefhebber kunswerke deur verskillende kunstenaars, “Art & Craft” stalletjies.

Boekeliefhebbers, boeke uitstallings en bekendstellings. Kom kuier saam met Lynette Beer en Jana du Plessis by hul nuuste boeke en CD vrystellings.
Vir die jongeheer is daar meer oor iPad, iPod, Wii en wat meer. Tuinbou, Potjie brou vir manlief en vrou vorm ook deel van die fees.

ORGANISEERDERS:
Jolandi Myburgh Sel 082 773 9858
-      Hoof Fees Organiseerder
-      Wynuitstalling en Veiling & Fees Uitstallers
-      Vermaak
[Bespreek betyds u stalletjie met die groot belangstelling in fees word uitstalruimte min]

Riette van der Watt Sel 082 556 9106
-      Sang& Vermaak Kunstenaars

Lianda Hurter Sel 084 410 2396
-      Mej. JollieJik Tiener (ouderdom 14 tot 18)
-      Mnr. JollieJikkie en Mej. JollieJikkie (3-5 jaar)
-      Modevertonings

Die inskrywingsvorm is binnekort op die JollieJik Webtuiste beskikbaar asook by organiseerders. Inskrywingsgeld: R50-00.

Elsa Vermeulen Sel 083 391 8328
-      Fees Fotograaf – Kom lê jou fees ervaring vas op ‘n foto.

Ans Coetzee Sel 082 467 6471
-      “Art” Kunstenaars & Boeke Uitstalling & Bekendstellings
-      Mede-Orgniseerder Vermaak – Boeresport
-      [Kuns Uitstallings word in Skool Saal gehou waar kunsliefhebbers hul kan uitleef – bekende kunstenaars se kunswerke word uitgestal saam met die boeke uitstalling.]

Computicket: Kaartjie Pryse:
-      Kinders (0 – 5) - Gratis
-      Kinders (6 tot 12) – R30
-      Volwassenes- R70
-      Groepe 10-19- R60 per kaartjie
-      Groepe 20+ - R50 per kaartjie
-      Gesinspakket x R 160-00 (2 Vol + 2 Kinders)

SPESIALE UITNODIGING AAN WOES SKRYWERS EN DIGTERS:

Hiermee word uitstallers van kunswerke genooi om deel te word van die fees.

Skrywers en Digters word deel van die boeke uitstalling en Boeke Bekendstelling.

Daar is baie groot belangstelling vir die fees en ons verwag meer as 4000 mense deur die hekke.

Kom word deel



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar