Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek skryf vandag vir julle sommer een briefie, iets wat na aan my hart lê. Goed wat mense nie verstaan (snap) nie. Jou liggaam, gees en siel. “'n Mens is 'n gees wat in 'n liggaam bly met 'n siel.” Jou liggaan is die deel wat jou sintuie in is:- hoor, voel, proe, sien en ruik. Jou liggaam is ook die deel wat pyn ervaar (voel), oud word en dood gaan. Dan jou siel is (jou kop en hart) jou wil, denke en emosies (vrolik-lag, hartseer-huil, bedruk, bekommerd ens.) En laastens jou gees.

Die mense van vandag staan so onverskillig en ligsinnig teenoor hulle Skepper. In julle verhouding met die Here sal julle een groot waarheid ontdek en dit is dat God net met opregte mense bemoeienis maak. Wanneer ons hart op reg is, hoor God ons. Wanneer ons lof (sing) en aanbidding (bid) opreg en eerlik is en meen wat ons sê, word dit deur die Here aanvaar en ontvang. Dit is die kenmerk van die Godsdiens regdeur die geskiedenis. God soek altyd eerlikheid en opregtheid by sy kinders. Baie christene val nie terug in sonde nie, maar die duiwel slaag tog daarin om hulle deur ligsinnigheid en onverskilligheid van 'n dieper verhouding met God te weerhou, want enige verwydering tussen jou en die Here is vir satan 'n triomf! Ek bedoel nie dat 'n mens nie 'n sin vir humor moet hê nie. Slegs dat die Heilige Gees nie woon in 'n ligsinnige atmosfeer nie.

Wat is ligsinnigheid? Die woordeboek beskryf ligsinnigheid as oppervlakkig, sonder erns, onbedagsaam, sonder om aan die gevolge te dink. 'n Christen is 'n nugter persoon, 'n persoon wat ontwaak het uit die gekkewaan van aardse denke, uit die droomparadys van die lewe. 'n Christen mag nie oppervlakkig en onbedagsaam wees, en kan nie handel sonder om die gevolge in ag te neem nie, en dit is wat ligsinnigheid is. Dikwels word dit nie geïdentifiseer as sonde nie. Dis een van die sondes wat die meeste verdra word in christelike kringe.

Die effek van ligsinnigheid op die gees van die mens is dit neutraliseer die kragtige effek van die evangelie (die bybel).
Daar is 'n innigheid en teerheid verbonde aan ware Christen wees. Dis 'n deel van die voorsmaak van die hemel wat ons reeds op aarde beleef. Maak jou bybel oop en lees Heb 6:4 Nou, nie nou nou nie! Ek kyk vir jou! Ligsinnigheid wil jou van hierdie teerheid en innigheid beroof.

Onverskilligheid en ligsinnigheid wil jou beroof van die vrese vir die Here. Dit is nie 'n bang wees vir God nie, maar 'n heilige ontsag. Ps 2:11 “Juig met bewing.”

jy verloor kennis Spreuke 1:7 “Die vrees van die Here is die beginsel van kennis.” Hierdie kennis is nie 'n deug van die menslike intellek nie, maar kom uit die gees van die mens. Dit verlig die oë van jou verstand.

Jy verloor wysheid Spreuke 9:10-12 “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here ens. Wysheid beteken om die regte besluit te kan maak, om die regte optrede in watter omstandighede ook al te handhaaf. Ek het altyd vir julle gesê, die lewe is keuse (soos 'n T aansluiting) of reg of verkeerd, links of regs. Hierdie is 'n gawe van God en dit kom tot jou deur jou gees. Onverskilligheid en ligsinnigheid lei tot besluite, waaroor 'n mens later bitter teleurgestel mag voel. Daai ek kan nie “worry” nie of ek geen nie om nie. “So what” Ek sal maak soos ek smaak! Spreuke 15:12 '”n Ligsinnige mens hou nie daarvan dat hy tereggewys word nie; hy word nie 'n wyse mens nie.”

Ligsinnigheid en onverskilligheid beroof jou van jou vrymoedigheid voor die Here. Jy voel veroordeel, jy voel verwyder van die Here, jy voel skuldig na 'n aand van ligsinnige praatjies en gelag. Jy voel vêr van die Here af as jy op jou knieë gaan. As jy bid, voel jou woorde hol en leeg. Daardie warme kontak met die Here is verlore. Daar is 'n tekort aan sekere onmisbare elemente.
As die vrees vir die Here weggaan (om God te erken vir wie Hy is, Hom te eer), dan verlaat eerbied jou, en bespotting kom in die plek daarvan. Die mens wat na die beeld van god gemaak is word bespot. Van jou voorkoms, jou swakheid, een of ander gedragslyn word 'n bespotting gemaak. Jy sal vind waar ligsinnigheid is, daar altyd bespotting is. Gaan lees Spreuke 22:10 & Hand. 10:35 nou, ek kyk vir jou. Hierdie is dikwels die oorsaak van verbrokkeling in gemeentes en ook van huwelike. Die gees wat alles bewerkstellig en veroorsaak het is die gees van ligsinnigheid en onverskilligheid!
Hierdie gees beroof jou van reinheid! 'n Mens besoedel jou gees deur jou lippe! Matt. 15:11 “Nie wat by jou ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.” Deur jou hart (jou siel) verontreinig en besoedel en jy sal gou agterkom dat daar verkeerde dinge in jou hart ingesluip het.

Die gevolge van ligsinnigheid is louheid in jou geestelike lewe. Hierdie is 'n baie gevaarlike toestand. Satan se hoofdoel is om louheid in jou geestelike lewe te bring sodat jy onder die oordeel van die Here kan kom, en jou gemeenskap met Hom versteur word. In Op 3:15-16 sê die Here aan die gemeente Laodicéa: “ Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal ek jou uit my mond spuug.” Laat mens dink nê?

Die effek van onverskilligheid op die gees van die mens. Wanneer iemand onverskillig is, dan beteken dit dat hy weet wat reg is, maar ten spyte daarvan die teenoorgestelde doen en die reg of verkeerd van 'n saak nie veel in ag neem nie. Vir hom is dit om te ewe, niks anders as verharding van die hart (jou gees).

Onverskilligheid verander in verharding van die hart (jou gees) en dit veroorsaak selflewe. Hulle is gedurig besig om hulself te verdedig en te regverdig en ander te veroordeel. (Russie soekers en maakers.) ”Meneer, jy is soos onweer, wat vandag uitreën net om môre weer saam te pak.” Mooi gestel nê?

Onverskilligheid bring geestelike blindheid. Wat beteken dat ons nie meer ons wil (ons siel) in werking bring om die regte keuses te maak nie. Omdat onverskilligheid jou verblind, kan jy vir jare met verkeerde waardes saam lewe.

Hierdie veroorsaak geestelike onvrugbaarheid en is een van die grootste skades wat ons aan onsself kan doen. 'n Mens word gered omdat jy glo in die Vader (God), die Seun (Jesus Christus) en die Heilige Gees (ons drie enige God) omdat jy glo doen jy goeie werke. Hierdie goeie werke gaan saam met jou siel die ewigheid in. Sommige gaan jou vooruit, ander volg jou na, maar volgens hierdie werke sal jy beloon word.

Die tugtiging van die Here. Die Here sal aan jou hart klop, die Heilige Gees sal aan jou hart klop, die Heilige Gees sal met jou praat, God sal deur omstandighede en deur Sy Woord (die bybel) en deur ander persone met jou praat. Tugtiging is dikwels nodig om ons te bevry van onverskilligheid. Verdrukking is dikwels nodig om die Christen weer in die regte verhouding met die Here te bring. Dit is noodsaaklik vir die groei van 'n christen dat hy die Woord (bybel) sal glo en die Woord sal spreek. 'n Mens se geestelike toestand word gou afgetakel deur wat jy praat. Moenie negatiewe dinge praat / skinder nie en moenie vloeke oor ander mense uitspreek nie! Pasop vir jou tong! Matt 15:11 Slegte goed gaan nie in by jou mond nie, dit kom daar uit! Spreuke 6:2 waarsku Salomo as hy sê: “Verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond.”

Dis noodsaaklik dat ons in ons gepraat die vrese van die Here voor oë hou en so 'n wag voor ons mond sit. Daarom sê Salomo in spreuke 9:10 “Die beginsel van wysheid is die vrees vir die Here, en die kennis van die Heilige is verstand. Ligsinnigheid en onverskilligheid bring 'n wanklank in die koningryk van die hemel op aarde. Daardeur skakel satan die kragwerking van die Heilige Gees uit, want God kan nie deur sulke mense werk nie! “Omdat jy lou is en nie warm of koud nie, sal Ek jou uit my mond spuug!”

Ek hoop julle verstaan wat ek probeer sê en sal 'n erns daarvan maak om die ligsinnig of onverskillig te wees nie. Ek wil nie hê die Here moet ons weeg en te lig vind nie.

Ek wil graag hierdie geestelike dinge met julle deel en ek hoop julle verstaan wat ek probeer skryf.

Jesus se vrede vir elkeen van julle.

Met al my liefde

Mamma



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Baie dankie dat jy die moeite gedoen het om vir ons hierdie insiggewende artikel te skryf. Ek het dit nodig gehad!
9 jaar 9 maande 1 week 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar