Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek skryf vandag vir julle alweer ‘n briefie, iets anders wat na aan my hart lê. Vandag se briefie gaan oor frustrasie. (Soos nou, ek het al 'n hele bladsy getik, toe “trip” die krag!) Ja wat. Frustrasie is die voorloper van depressiwiteit. Deur frustrasie het baie mense in hulle geestelike lewe koers verloor en van die Here afvallig geraak. Frustrasie het 'n baie nadelige effek op 'n christen se lewe. Daar's darem ook 'n positiewe aspek. In tye van frustrasie kan karaktervorming plaas vind!

Wat is frustrasie?

Die woord frustreer/frustrasie beteken:- “dwarsboom, kortwiek, teleurstelling, nederlaag & mismoedig maak.” Hierdie bring by ons gevoelens van ongelukkigheid. Baie keer verander ons koers om ons maar net weer vas te loop teen dieselfde muur van dwarsboming. Die duiwel sal vir jou sê: “Die Here het jou verlaat.” In die meeste gevalle is dit egter is dit egter nie so nie. 'n Mens kan in frustrasie beland deur jou eie toedoen, maar baie keer word jy selfs gefrustreer in die wil van God.

• Josef in die gevangenis
Genesis 39 – 50. As kind het Josef twee drome gehad, sy broers se gerwe wat voor hom buig en later van die son en die maan en die elf sterre het voor hom gebuig. Die drome het sy broers baie jaloers gemaak. Hulle gooi hom in 'n put en verkoop hom as 'n slaaf! En vertel vir Jakob hulle pa die wilde diere het Josef opgevreet. As slaaf werk hy by Potifar en omdat hy niks met Potifar se vrou te doen wou hê nie, beland Josef in die tronk! Later lê Josef die bakker en die skinker se drome uit. Hy vra die skinker as dit weer met hom goed gaan of hy van Josef sal onthou In Genesis 40:15 sê Josef:- “Ek is uit die land van die Hebreërs gesteel .....” Hierdie woorde gee ons 'n insig in die hart van Josef, gebroke en stukkend! Dit is 'n ontsettende troos om te weet: Al is ek gefrustreerd, God het my nie vergeet of verlaat nie! Die digter Totius sê so mooi: “Die worstelaar wat in die stryd oorwin, moet eers wanhoop ervaar voordat hy kan wen! Ons leer van Josef die frustrasie in die tronk was 'n proeftydperk waarsonder hy nie kon koning word nie. Moet nooit na jou eie onmag kyk nie. Onthou by God is alles moontlik. God se meule maal stadig maar fyn. Deur die hele drama van Josef, hoe diep die dieptes van ellende ook was, het God met hom saamgegaan en alles het 'n Godsdoel gedien.

• Moses se lewe.
Met min mense het God so 'n groot doel gehad soos met Moses. Moses se ouers het hom vir drie maande weggesteek, waarna hy in die Nyl in 'n gevlegde mandjie gesit is en deur Farao se dogter ontdek is. Soos wat hy groter geword het , het hy geweier om die seun van Farao se dogter te word, en verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God. As jongman verlaat hy die koningkryk van Farao en vlug na 'n vreemde land en pas sy skoonpa, Jethro se skape op in die woestyn vir veertig jaar. Die man wat in Farao se paleis groot geword het! As ek die saak opsom dink ek Moses vlug ter wille van sy geloofsoortuiging. Van 'n konings paleis na 'n skaap wagter was waarlik vir hom 'n vernedering. Hy het seker baie dae in diepe ongelukkigheid geleef. Min het hy geweet hy sou nog God se volk uit Egipte lei en op die berg Sinai die tien gebooie ontvang in die teenwoordigheid van God. Die tye van groot frustrasie was tye van karakter vorming. Elke ware Godsman/vrou kom langs die pad van frustrasie.

Die hoofoorsake van frustrasie.

Dit kom deur mense, omstandighede, siektetoestande, finansiële probleme en verydelde ambisies veroorsaak word. Die hoofoorsaak van frustrasie in die lewe van die Christen bestaan daaruit dat ons ons oë op die verbysterende omstandighede plaas i.p.v. op die Here vestig.

Negatiewe Uitwerking

✗a. Maak en Breek
Die oomblik wanneer die mens sy oë van die Here afneem, wil hy self die situasie oorneem. Hy wil alles in sy pad breek en die probleem met geweld aan vat. Selfpogings loop byna altyd op mislukkings uit en baie keer ver erger ons die situasie.
✗b. Fatalisme
Die mens verklaar hy het geen oplossing vir die probleem nie. Hier maak ons, ons lewe oop vir diaboliese magte om in te kom.
✗c. Selfbejammering
Selfbejammering kan ons persoonlikheid ondermyn, want selfbejammering is niks anders as 'n demoon nie! Baie mense wil nie bevry word van selfbejammering nie, want hulle soek die simpatie.
✗d. Kosbare tyd gaan verlore
Hierdie nuttelose bepeinsing kan lei tot jare lange tyd vermorsings.
✗e. Selfverwerping
Moenie jou onttrek uit die samelewing nie, bv. by die huis sit of in die kamer wegkruip of na eensame plekke gaan en sit en peins oor jou lot / ellende nie.

Positiewe Uitwerking

✔a. Geloof en Karaktervorming
Bly vasstaan in jou geloof en vertrou op God. Dit kan karaktervormend wees as ons in tye van frustrasie nie ons oë van die Here afneem nie. Dink so daaraan geloof wat nie beproef word nie, het geen waarde nie.
✔b. Maak die Woord van God jou anker
Die Woord van God is vir ons 'n rots en 'n skuilplak.
✔c. Openbaring
2 Kor. 12:10 staan “,want as ek swak is, dan is ek sterk.” In sulke moeilike omstandighede kry ons wysheid van bo. Ons geestelike deugde word soms deur vuur getoets. Hierdie deugde is lydsaamheid, lankmoedigheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Daar is gesê: “Wysheid is om te weet wanneer om stil te bly.” Stil bly is mos ook 'n antwoord. Wanneer 'n kind van die Here homself nie verdedig nie, dan verdedig God hom, wonderlik nê?
✔d. Die Here se heil
Ps 91:14 sê die Woord: “Omdat God ons liefhet, daarom sal God ons red. En onthou, God slaap nie!

Bevryding van Frustrasie
Frustrasie is 'n binding op die gees van die mens. Dit voel asof jy jouself nie in rat kan kry om iets te doen nie en dit mors tyd! Hou jou oë op God, so verbreek jy die mag van satan en dis die eerste stap na bevryding! Onderskei of jou probleem van God is, en of dit 'n aanslag van satan is. In baie gevalle het die probleem ontstaan deurdat ons uit die wil van die Here gegaan het. As jy jou volkome aan God oorgee, en jou absoluut bereid verklaar om Sy wil te doen. Kry jou hart rein voor God. Met die salwing van die Heilige Gees sal jy in staat wees om jou probleem te ontleed. God sal vir jou 'n deur oopmaak, God sal die mens, wat Hom lief het en vertrou nie islei nie! Moet dus nie huiwer nie, want satan sal gedurig probeer om jou onseker te laat voel. Trek die oorwinnings kleed aan. Leef in die lig van God se beloftes aan jou. Dank Hom daarvoor en verbly jou in daardie beloftes, al is omstandighede nog nie so gunstig en rooskleurig nie. Dink aan die 10 melaatse manne net 1 het omgedraai en vir Jesus gaan dankie sê, nog voordat hulle as gesond verklaar is. As jy aan God se kant bly, sal jy vind dat die wat jou ondergang soek, rooi van skaamte word. Dis nie vir jou om jou te verdedig en te regverdig nie, God sal dit doen deur die krag van Sy Gees.

Ek is baie lief vir elkeen van julle. Ek wil graag hierdie geestelike dinge met julle deel en ek hoop julle verstaan wat ek probeer skryf. Onthou Petrus kon net op die water loop solank sy oë op Jesus gerig was, die oomblik toe hy weg kyk was hy bang en het hy gesink. (Matt. 14 29-31.) Lees die brief gereeld, want onthou satan loop rand soos 'n brullende leeu en soek iemand om te verskeur. Waak, waak, waak!

Jesus se liefde & vrede vir elkeen van julle.

Met al my liefde

(Psalm 138:7-8)

A3



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Volg net die Skoenlappers

    deur Anria

    Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar